.303 Herlaai frustrasies

Post Reply
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

.303 Herlaai frustrasies

Post by Piet Pille »

Naandse,

Ek besit 'n lee Enfield No4 MkI. Dit was my oupa se se  kompetisie skyfskietgeweer, wat ek geerf het toe ek 16 was, en wat my pa vir my laat "sporter" het- loop korter, teleskoop en  linkerhandkolf (jip, eks 'n hot-klou). Volgens die geweersmid is dit ook nie sy oorspronklike loop nie, en is die nog in goeie toestand.

So, daar is 'n redelike sentimentele waarde vir my aan die geweertjie, en omdat hy lekker kompak is, behoort hy goed in die bos te vaar. Probleem is egter- ek het nie vertroue in die oukie nie, want hy's meer wispelturig as 'n vroumens wat haar daaglikse dosis van Egoli gemis het.... :-\

Ek sukkel nou al van 2008 af om 'n konstante akurate lading vir die geweer te ontwikkel. Ek s? spesifiek "konstante", want by die geweer doen ek normaalweg ladingontwikkeling, om maksimum akkuraatheid te kry en  kry ek dan so nou en dan 'n deurbraak en die geweer skiet soos 'n koning. Maar sodra ek dan daardie lading gaan laai en op 'n later stadium weer gaan skiet, ('n batch van 50, met dieselfde lading en koponente) wil my geweer niks van daardie lading weet nie en skiet die vlak vol!! Ek het dit by 2 verskillende geleenthede gekryImpala koels) en dieselfde toets tot 4x oorgedoen, maar geen vreugde (sien aangehegte teikens)

a) Hierdie is met 175gr Rhino's oor 100m. Die eerste teiken (No1) was tydens die ladingontwikkeling, en die volgende 2 teikens (No 2 en 3) was met presies dieselfde ladings en komponente op twee afsonderlike latere geleenthede
Image
Image
Image

Ek het ook die volgende puik lading met Impala 130gr gekry wat 'n raps oor die 17mm met 4 skote op 100m gegroepeer het. Dit was egter die laaste keer ooit, en ek kon na dese nog nie weer beter as 36mm groepe met presies dieselfde lading en komponente skiet nie!!
Image

Ek het die geweer na dese by 2 verskillende geweersmidte gehad. Die aksie is geglasbed, alle skroewe (insluitend die scope mounts) is gecheck, die sneller is fyner gemaak en die slotkop (ek ken nie regte term nie, maar die deel vooraan die slot wat kan afskroef) is vervang (van 'n No 0 na no 1 dink ek), wat glo die kopspasie kleiner gemaak het. Die kroon is gecheck, asook die kolf vir krake. Ek het selfs die teleskoop vervang. Nogsteeds geen vreugde. Hy sal as 'n reel uit 'n 5 groep groepering op 100m, 2 (nie-opeenvolgende) skote binne in mekaar skiet, nog een redelik naby, die vierde en/ of 5  een moertoe. En ek laat die loop goed afkoel tussen skote.

Ek het tot dusver al met die volgende koeels ge-ekspirimenteer: Rhino 175gr, Rhino150gr, Impala 130gr, Army FMJ 174gr, Highland AX 180gr en PMP 174gr....... Omtrent elk met S335, S341 en S355  (slegs in die swaarder koels). Ek het ook al met die volgende primers getoets: CCi200, CCi250, RWS5341, RWS5333, PMP LR en BR2. Ek het sover net PMP doppe gebruik, beide spilnternuut, full lenght size en necksize (once fired in my geweer-) only...
Tans kry ek die beste resultate met 174gr FMJ wat ek uit ou army patrone getrek en weer gelaai het. (so 30mm op 100 met 4 skote). Maar dis nou nie jou ideale jagkoeel nie... :-\

As dit nie so sentimentele geweertjie was nie het ek die ding weggee. Maar op die oomblik staan hy net in die geweerkluis en stof vergader.. hy kos my ook al meer geld as superbru..

Is daar hoop?? :-[
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: .303 Herlaai frustrasies

Post by Frederik »

Dom vraag hier van my kant af ? Glasbed beteken dit dat die loop volledig al die pad gebed is op die kolf en het jy hout of sintetiese kolf.

Hoekom ek vra is die volgende myne is sinteties dit is volledig gebed en die kroon is herdoen en hy skiet nou elke keer in die kol met die 130gr impalas ek sukkel met lood patrone nog nie GS probeer ook nie. Ek het ook 'n Leopold vari x I 3-9 x50 met fyn kruishaar wat ook baie help. En my sneller breek ook altyd op dieselfde plek sonder enige creep. 

[img width=560 height=372]http://i1068.photobucket.com/albums/u44 ... CT0953.jpg[/img]
Die naweek het die bul mooi geval met die geweer en sy kombinasie 150 meter skoot van die stokke af.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: .303 Herlaai frustrasies

Post by James Wilson »

Pieter, ek sal begin deur geen verdere groeppe/toetse te skiet met die Rhino's nie.almal swaai die koeel se terminale eienskappe lof toe. maar almal is redelik raadop met die variasie in gewig en ogief lengte van die koeels. die maak lading ontwikkeling in n geweer wat problematies is net verder onbegonne. ek kon in my 308 nie onder 35mm groep kry met rhino's nie. dit nadat ek die koeels probeer klas het volgens gewig en ogief kanstantheid.

verder het ek nog nooit n 303 gekry wat ek die jump kon uitstel nie. nou dit is nie te se dat jy nou nie met jou tpl moet speel nie.

wat my pla is dat jy se die geweer skiet die eerste paar skote baie mooi en dan gaan die res weg. dit klink soos n drukpunt iewers. probeer die volgende met die lading wat die eerste 2 skote mooi plaas: skiet net 2 skote. bere die geweer en hou die teiken. gaan skiet more weer 2 skote. vergelyk nou die twee teikens met mekaar. as die laaste 2 skote ook sit weaar die eerste 2 sit, dan weet jy jou lading is reg, maar daar is fout met die geweer, en weereens sal ek raai dit is n drukpunt.

die voordeel van die metode is dan dat jy nie verder moet bekommer dat jou lading die probleem is nie
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: .303 Herlaai frustrasies

Post by Piet Pille »

@ James: Dankie vir die terugvoer James. Ek het die Rhino's al laasjaar opgegee want ek is alreeds deur 2 pakkies 175gr en 1 pakkie 150gr net vir ladingontwikkeling....

Tans het ek ek so 200 Highland AX 180gr koeels. Ek het hulle maar gekoop omdat ek graag iets in die 180gr klas wil skiet uit daai geweer en het die Highland vir 'n baie goeie prys gekry. Ek besef dat hulle nie premium koeels is nie, maar reken teen +-2300fps inpaksnelhede hulle goed genoeg sal werk. het een ladder test met hulle gedoen, en op die oenskynlike node gelaai, maar nie wafferse resultate sover nie- seker so 45mm 4skoot-groepe op 100m.

Ek wil net gou 'n regstelling maak- Dit is nie noodwendig die eerste 2 opeenvolgende skote wat groepeer nie, maar random. M.aw. skoot 2 en 5, of 1 en 4 ens. Twee sal mekaar dikwels sny, maar nie noodwendig 2 opeenvolgendes nie. Nog een sal naby wees (random) met ten minste een of altwee die ander redelik ver uit (flyers). Ek gaan elk geval jou 2 skoot metode volg as ek weer by die skietbaan is en sal laat weet. Sal 3keer 2 skote skiet op verkillende dae met selfde ladings en die teikens hier plaas.
Ek is ook seker dit is 'n drukpunt iewers, maar die loop is vry (freefloat) vanaf die kamer (ek kan maklik 'n papier/ dun lappie tussen die loop en hout deurtrek tot teenaan die kamer agter.
(....julle moet my asb. reghelp as ek my terme verkeerd het!  ;) :-\ ;) )

@Frederik: Geluk met daai mooi BWB!! Sorry, ek het nie mooi uitgebrei nie. My geweer het 'n kort (nie-oorspronklike) houtkolf wat nie tot voor loop nie. Die "glasbed" op my geweer is so bruin epoxy-tipe stof wat die geweersmid slegs onder die aksie/kamer ingesit het en waarop dit vastrek. Die loop is nou vry van die res van die kolf en raak nerens weer aan die hout voor die kamer nie (free-float). ek het al gelees op 'n amerikaanse site oor .303's dat party wel hou van "a few pounds of upward pressure near the front of the barrel".... ek het dit nognie probeer nie en weet nie heeltamal wat hulle hierby bedoel nie. ek neem aan mens moet 'n stukke harde karton onder die loop insit op die voorkant van die kolf en dan die loop daarop vastrek???  ???

Ek sit 'n foto van hom op. Dis die onderste geweer in die kas. Dis ongelukkig al foto wat ek nou het van hom.
[img width=560 height=420]http://i1075.photobucket.com/albums/w43 ... Gewere.jpg[/img]
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: .303 Herlaai frustrasies

Post by James Wilson »

daardie Highland's is baie akuraat. ek het n pakkie by Wouter pasella gekry en werklik goeie groeppe uit my 300 gekry. ek het ook 3 varke met daardie koeels geskiet. almal 1 shot kills.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: .303 Herlaai frustrasies

Post by James Wilson »

o ja, hou by joy lading wat gewerk het en doen n paar proewwwe op tpl.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: .303 Herlaai frustrasies

Post by Piet Pille »

Middag manne.

Ek het gister my .303 teruggekry vanaf die geweersmid. Hy het die kroon vir my oorgesny en s? dat die voorste skroef wat die kolf vashou net 'n rapsie lank was, sodat die kolf  nie mooi vasgetrek het al was die skroef styf vas nie. Hy het 'n klein springwasher ingesit.

Verder kry hy niks snaaks nie- alles is mooi vas en die loop is nog mooi. So...... ek sal die naweek 'n paar ladings gaan skiet en kyk wat maak hy. Ek het 150gr Rhino's, 180gr highland AX en 174gr weermagpunte. Sal die terugvoer hier gee.

Hoop hy is die keer reg!!

Groete
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: .303 Herlaai frustrasies

Post by Jagtersdok »

Hoe lank is daai loop?
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: .303 Herlaai frustrasies

Post by Giepie »

Ek het ook 'n No 4 Mk 1, soort van by my pa ge-erf.  Het 'n sintetiese kolf opgesit en die korrel by Thor laat afhaal en gekroon, ook 'n 3-9x40 Simmonds teleskoop opgesit.  Eers net PMP ammo gebruik.  Een reeks was fantasties, die volgende het die hele teiken vol geskiet.  Wat ek wel gekry het was dat op die dag, die eerste skoot so 3 duim links onder skote 2-5 was.  Laaste 4 was mooi by mekaar.  Ek het toe 'n stok en skuurpapier gebruik en seker gemaak dat die loop n?rens raak nie.  Die pmp's het nog seeds "sleg" geskiet, maar no 1 was "saam" met die ander.

3 jaar terug het ek Impala punte gekry en by 'n vriend gaan laai.  Ek kry nou amper 'n moa.

Lyk my hierdie klipgooiers is maar wispelturig as dit by die klippe kom.  Sal graag wil hoor hoe dit gegaan het.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: .303 Herlaai frustrasies

Post by Piet Pille »

More :D

@ Jagtersdok- Ek praat nou onder korreksie, maar ek dink 22". Die loop was jare terug (1991) korter gemaak toe die geweersmid hom "gesport" het. Dit bleik egter of dit nie sy oorspronklike loop is nie (4 groef ipv die gebruiklike 2groef soos wat die norm was op die No4 mkI wat uit die Savage fabriek uit die VSA gekom het nie.) Ek sal hom gaan meet en bietjie hoor wat s? die QL manne oor my ladings, sodat ek nie weer van heel voor af hoef te begin nie.

@Giepie- Daai impalas wys baie potensiaal tov akkuraatheid. Ek sal maar weer daardie selfde lading gaan toets noudat ek hom terug het (37gr S335) en sien of hy nie weer lus het om onder 20mm te gooi nie. Net gou iets interressants: Ek sien jy maak melding van jou eerste skoot wat gewoonlik van die merk af is... Ek vind in beide my .270 en .375, dat die eerste skoot nadat ek die geweer skoongemaak het, altyd so duim of 2 van die kol af is. Veral as daar nog bietjie olie in die loop is. Ek is oortuig dat daardie olie-residue 'n verskil maak aan die druk/vibrasie in die loop. Oor die chrony is daardie skote ook bietjie stadiger...? Dalk net 'n bygeloof, maar ek skiet maar altyd eers 'n "fouler" voordat ek begin met ladings ontwikkel of voor ek veld toe gaan nadat ek my loop skoongemaak het.

Geniet 'n lui lekker rugbyvolle dag!
Groete
Last edited by Piet Pille on Sat Jul 28, 2012 10:14 am, edited 1 time in total.
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .303 Herlaai frustrasies

Post by tripodmvr »

Ek sien die "smokin barrels" onder jou avatar. Dit is juis wat jy nie wil h? in 'n moderne geweer nie. Enige olie in die loop het 'n hidroliese reaksie tot gevolg wat die druk verhoog en 'n boggel in jou loop kan laat vorm. 'n Dro? skoon loop is waaruit jy moet begin skiet.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: .303 Herlaai frustrasies

Post by Piet Pille »

tripodmvr wrote: Ek sien die "smokin barrels" onder jou avatar. Dit is juis wat jy nie wil h? in 'n moderne geweer nie. Enige olie in die loop het 'n hidroliese reaksie tot gevolg wat die druk verhoog en 'n boggel in jou loop kan laat vorm. 'n Dro? skoon loop is waaruit jy moet begin skiet.
100% reg. Ek maak deesdae 'n punt daarvan om eers 'n paar droe lappies deur te stoot vootdat ek skiet as die geweer gestoor was met olie in die loop. Maar self dan "verbeel" ek my dat daardie eerste "skoon" skoot bietjie weg skiet..? Ek sal gou vanmiddag kyk of ek nog daai teiken het van die .375 wat ek laas naweek geskiet het.
Die eerste skoot (na skoongemaak en toe droe lappies deur loop) was so 3cm hoog en 3cm regs. Die volgende 2 skote was binne mekaar. Miskien toeval, maar ek kry dit met die .270 ook.

Die "smokin' barrels" is ons span-naam vir die jaarlikse hengelkomp. op die kavango rivier (crockango bonanza). Die naam kom al so 3 jaar saam met my en toe ek hier op die forum aansluit, het ek dit bygesit omdat dit darem by die tema van die forum inskakel. ;) ;)
Maar dit beteken nie ek sal noodwendig oorslaan na die swartkruit-brigade toe nie ;D ;D ;D
Maar dan moet ek darem by s?: daars min goed wat so lekker ruik soos daai S365- rokie uit 'n pasgevuuurde doppie vroeg oggend op 'n koue winters-more nie!!
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: .303 Herlaai frustrasies

Post by Piet Pille »

Jagtersdok wrote: Hoe lank is daai loop?
Ek het hom gemeet- 22.4 duim.
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .303 Herlaai frustrasies

Post by tripodmvr »

Die meeste van my gewere gooi die eerste skoot deur 'n skoon loop bietjie weg. Daarom die gebruik van die vuilmaakskoot (fouler)
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: .303 Herlaai frustrasies

Post by Hilux01 »

Ek het ook al oor die eerste skoot ind gewonder, ek reken die skoon loop (droog) + koue loop maak die verskil
Ek maak n gewoonte om ook n fouler deur te jaag en dan met n "vuil" en koue loop te zero aangesin dit tipies is wat jy in die veld gaan kry
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: .303 Herlaai frustrasies

Post by Piet Pille »

Ek het vanoggend kans gerkry om die .303 weer te gaan toests nadat ek hom teruggekry het. Ongelukkig nie resultate om oor te dans nie.. Die beste 2 groeperings was met impala 130gr en highland AX 180gr. Aangeheg die teikens:

1) Impala 130gr - Gem Spoed: 2608fps, Groep 28.9mm (beste 4 van 5-skoot groep)

[img width=560 height=372]http://i1075.photobucket.com/albums/w43 ... allJPG.jpg[/img]

2) Highland AX 180gr Gem spoed: 2588fps, Groep: 52mm (beste 4 van 5-skoot groep)
    Ek was werklik beindruk met die spoed wat ek met S355 kon kry sonder druktekens, maar die groepering is nie so hot nie

[img width=560 height=372]http://i1075.photobucket.com/albums/w43 ... lJPG-1.jpg[/img]

Groete
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .303 Herlaai frustrasies

Post by tripodmvr »

Kyk na Ludwig se post"Riglyne vir Quick Load" en gee die data vir jou geweer - miskien kan ons nou poog om die akkurate node te kry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: .303 Herlaai frustrasies

Post by Piet Pille »

tripodmvr wrote: Kyk na Ludwig se post"Riglyne vir Quick Load" en gee die data vir jou geweer - miskien kan ons nou poog om die akkurate node te kry.
Baie Dankie 3-poot!!! Ek gee dit spoedig deur.
Standby..
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: .303 Herlaai frustrasies

Post by Piet Pille »

tripodmvr wrote: Kyk na Ludwig se post"Riglyne vir Quick Load" en gee die data vir jou geweer - miskien kan ons nou poog om die akkurate node te kry.
Hier is die data nou:

http://jaracal.com/index.php/topic,13680.0.html

Baie dankie
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3125
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: .303 Herlaai frustrasies

Post by LUAN »

.303 herlaai frustrasies ja ek ken van dit.... >:(
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: .303 Herlaai frustrasies

Post by Piet Pille »

Piet-Skiet wrote: Met die 303 en sy dun loop raak sy loop baie vinnig warm. So gee genoeg tyd tussen skoote. Lyk soos warm laading daai met die 180gr highlands,jy gan dalk sukkel met dop lewe. 2 duim is eientlik jul voldoende. Wat belangrik is dat jou geweer zero waar hy skiet met koue loop. Skiet net voor jy gan jag 'n skoot of twee om jou loop vuil temaak. Ek het ook geving myne wil glad nie groep as ek die koper uitgehaal het nie vir die eerste sewe skoote. So met die gevolg dat ek mar eerder koper uithaal an eiende van jag seisoen as geweer gebere word.
Baie dankie vir die raad. James het ook in 'n vorige post gese ek moet net 2 skote per dag x 3 verskillende dae skiet, maar ek het dit nogsteeds nie beproef nie :-[ :-[
Ek sal die lading soos deur 3-poot aanbeveel met QL op die manier gaan toets.. Lyk my die lading is wel oor maks. druk, so ek sal beslis afkom (ek het dit n.a.v. 'n artikel spesifiek oor S355 in die .303 gelaai).

Ek het regtig gedink die geweer is diekeer uitgesort toe ek hom terugkry (vir die 3de keer) vanaf die geweersmid, maar helaas, die saga gaan voort....
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: .303 Herlaai frustrasies

Post by JACQUES BOTHA »

PIET
EK dink jagtersdok dink in dieselfde rigting as ek
Sny daai loop af op 18 tot 20 duim
Dit help al klaar.
Omdat daai lee enfield net her agterbinne die kolf vashou vir die aksie is hy geneig om minder akkuraat te wees (lw nie p14 nie)
as ek jy is sny ek hom op 18 duim af en sit lekker silincer op (pieter jacobs aliwal oor gewig lengte ens) En ek gebruik hom om mee te jag  en onthou jou beperkinge dan net. die swaartse koel wat jy kan gestabiliseer kry en konstant jag akkuraat  is..
En jy het n roer wat lank aan jou sy gaan wees in die bosveld of soortgelyk.
Groete
JB 
Shoot straight and tell the truth!
Post Reply