Ek besit 'n lee Enfield No4 MkI. Dit was my oupa se se kompetisie skyfskietgeweer, wat ek geerf het toe ek 16 was, en wat my pa vir my laat "sporter" het- loop korter, teleskoop en linkerhandkolf (jip, eks 'n hot-klou). Volgens die geweersmid is dit ook nie sy oorspronklike loop nie, en is die nog in goeie toestand.
So, daar is 'n redelike sentimentele waarde vir my aan die geweertjie, en omdat hy lekker kompak is, behoort hy goed in die bos te vaar. Probleem is egter- ek het nie vertroue in die oukie nie, want hy's meer wispelturig as 'n vroumens wat haar daaglikse dosis van Egoli gemis het....
Ek sukkel nou al van 2008 af om 'n konstante akurate lading vir die geweer te ontwikkel. Ek s? spesifiek "konstante", want by die geweer doen ek normaalweg ladingontwikkeling, om maksimum akkuraatheid te kry en kry ek dan so nou en dan 'n deurbraak en die geweer skiet soos 'n koning. Maar sodra ek dan daardie lading gaan laai en op 'n later stadium weer gaan skiet, ('n batch van 50, met dieselfde lading en koponente) wil my geweer niks van daardie lading weet nie en skiet die vlak vol!! Ek het dit by 2 verskillende geleenthede gekryImpala koels) en dieselfde toets tot 4x oorgedoen, maar geen vreugde (sien aangehegte teikens)
a) Hierdie is met 175gr Rhino's oor 100m. Die eerste teiken (No1) was tydens die ladingontwikkeling, en die volgende 2 teikens (No 2 en 3) was met presies dieselfde ladings en komponente op twee afsonderlike latere geleenthede



Ek het ook die volgende puik lading met Impala 130gr gekry wat 'n raps oor die 17mm met 4 skote op 100m gegroepeer het. Dit was egter die laaste keer ooit, en ek kon na dese nog nie weer beter as 36mm groepe met presies dieselfde lading en komponente skiet nie!!

Ek het die geweer na dese by 2 verskillende geweersmidte gehad. Die aksie is geglasbed, alle skroewe (insluitend die scope mounts) is gecheck, die sneller is fyner gemaak en die slotkop (ek ken nie regte term nie, maar die deel vooraan die slot wat kan afskroef) is vervang (van 'n No 0 na no 1 dink ek), wat glo die kopspasie kleiner gemaak het. Die kroon is gecheck, asook die kolf vir krake. Ek het selfs die teleskoop vervang. Nogsteeds geen vreugde. Hy sal as 'n reel uit 'n 5 groep groepering op 100m, 2 (nie-opeenvolgende) skote binne in mekaar skiet, nog een redelik naby, die vierde en/ of 5 een moertoe. En ek laat die loop goed afkoel tussen skote.
Ek het tot dusver al met die volgende koeels ge-ekspirimenteer: Rhino 175gr, Rhino150gr, Impala 130gr, Army FMJ 174gr, Highland AX 180gr en PMP 174gr....... Omtrent elk met S335, S341 en S355 (slegs in die swaarder koels). Ek het ook al met die volgende primers getoets: CCi200, CCi250, RWS5341, RWS5333, PMP LR en BR2. Ek het sover net PMP doppe gebruik, beide spilnternuut, full lenght size en necksize (once fired in my geweer-) only...
Tans kry ek die beste resultate met 174gr FMJ wat ek uit ou army patrone getrek en weer gelaai het. (so 30mm op 100 met 4 skote). Maar dis nou nie jou ideale jagkoeel nie...
As dit nie so sentimentele geweertjie was nie het ek die ding weggee. Maar op die oomblik staan hy net in die geweerkluis en stof vergader.. hy kos my ook al meer geld as superbru..
Is daar hoop??


