Vroee biltong jag

Post Reply
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Vroee biltong jag

Post by Nickvn »

Laat ek ook probeeer om met julle ons jag te deel. Ek en my ou vriend Dave het besluit om sommer vroeg hierdie jaar vir ons biltong te reel. Hy het daar uit die groot rook vir ons kom kuier hier op die plaas. Dave het so n jaar gelede n bloedklont deur sy regter oog gehad en omtrent al sy sig verloor in hom. Groot probleem want dit was sy skiet oog. Nou hy is al 72 en nie meer so beweeglik soos om die comrates te doen nie.

Nou ja hy sou moes plan maak met die linker oog en die Woensdag het ons eers n paar patrone geskiet om te sien of die roere nog kan. Nou Dave moes toe die roer aan die verkeerde kant vasdruk om die goeie oog te gebruik. Met die eerste paar skote was dit duidelik dat hy nie die oog ding hom laat onder kry nie, en hy het mooi gegooi met die verkeerde oog.

Donderdag oggend net na koffie is ons op pad na die jagplaas hier naby. Dit was nie n uur later nie toe le hulle agter op die bakkie.

Image

Nou ja toe is dit velle af binnegoed uit voordat ons hulle koelkamer toe kan vat. Ou Dave het syne met sy 7x57 n mooi longskoot geskiet en ek het myne met die 30-06 deur die hart geskiet. Die onderste deel van die hart het n groot gat in gehad.

Image

Nou daardie aand het ons lekker lewer en pap ge-eet. (Net ons, die vrou en dogter het toe maar n hoederpastei uitgehaal). Nou ja die volgende oggend het ons die vleis bewerk en biltonge en droe wors gemaak.  Hier hang hulle en ons sien uit om dit te proe.

Image
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Vroee biltong jag

Post by Nickvn »

Jammer ek sien nou eers hierdie een het in die Trofee kamer uit gekom. Kan iemand hom skuif die regte area. Ons kan daren nie nou kers vashou met die ander manne se bokke nie.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Vroee biltong jag

Post by VdWalt »

Baie geluk, daar is maar min dinge so mooi soos daai
vleis wat so hang.  ;D
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Vroee biltong jag

Post by Marc »

Nick

Lekker man, julle is bevooreg om so vroeg al te hang  ;) Nog bietjie warm hier by my  :'(

Lekker eet, agteros kom ook innie kraal  ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Jaco Alberts
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm

Re: Vroee biltong jag

Post by Jaco Alberts »

Nickvn

Daar is niks wat my so inspireer soos iemand, soos jou vriend Dave, wat 'n terugslag beleef het ( met sy skietoog ) en steeds hom nie laat onderkry nie. Mooi geskiet daar !!

Ek hoop vriend Dave het nog vele wild wat sal val en dit met die "verkeerde oog" !! Hy wil jag !!

My pa wat 4,5 jaar gelede oorlede is, het in sy laaste jagjare ook erge oogprobleme ondervind, operasie na operasie, kon niks meer sien uit sy regter (skietoog), maar hy het homself aangeleer om links te skiet en het hy steeds suksesvol 'n paar mooi bokke laat val.

Groete

Jaco
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Vroee biltong jag

Post by Geno »

Mooi gegooi Nick! Lekker om te sien dat Oom Dave deur druk, al het hy probleem met sy oog. Regtig inspirerend!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Vroee biltong jag

Post by douw »

Dankie vir die storie Nick

Groetnis
Douw
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Vroee biltong jag

Post by Nickvn »

Ja nou dat ons weet daardie verkeerde oog werk, sal ons weer so maak n bietjie later wanneer die biltonge min raak.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Vroee biltong jag

Post by Gerhard »

Baie lekke Nick,

Die eerste biltong hang.  ;D  ;D

Hoop daar is nog n klompie wat gemaak moet word die seisoen.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Vroee biltong jag

Post by Nickvn »

Droe wors vandag afgehaal en hy loop mooi. Vroulief ook gelukkig met hoe hulle uit gekom het. Biltonkies moet nog bietjie hang.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
Ferdi
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 427
Joined: Mon Mar 05, 2012 1:48 pm

Re: Vroee biltong jag

Post by Ferdi »

Ai man nou raak ek darem baie lus vir 'n rit bos toe.

Hopelik vroeg in die seisoen.

Ferdi
375 H&H Mag CZ 550 Lux
300 Win Mag Howa
303 Lee Enfield Mk4Nr2
243 Win Weatherby Vanguard
12br Winchester Mod 1300
.45 Colt Hebride
.22 Norinco JWA15
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Vroee biltong jag

Post by visstok »

Baie geluk, eks bly die oog het nie vir oom Dave onder gekry nie, n les vir ons almal, dankie oom! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
Post Reply