Nou ja hy sou moes plan maak met die linker oog en die Woensdag het ons eers n paar patrone geskiet om te sien of die roere nog kan. Nou Dave moes toe die roer aan die verkeerde kant vasdruk om die goeie oog te gebruik. Met die eerste paar skote was dit duidelik dat hy nie die oog ding hom laat onder kry nie, en hy het mooi gegooi met die verkeerde oog.
Donderdag oggend net na koffie is ons op pad na die jagplaas hier naby. Dit was nie n uur later nie toe le hulle agter op die bakkie.

Nou ja toe is dit velle af binnegoed uit voordat ons hulle koelkamer toe kan vat. Ou Dave het syne met sy 7x57 n mooi longskoot geskiet en ek het myne met die 30-06 deur die hart geskiet. Die onderste deel van die hart het n groot gat in gehad.

Nou daardie aand het ons lekker lewer en pap ge-eet. (Net ons, die vrou en dogter het toe maar n hoederpastei uitgehaal). Nou ja die volgende oggend het ons die vleis bewerk en biltonge en droe wors gemaak. Hier hang hulle en ons sien uit om dit te proe.



