243 en eland!

Post Reply
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: 243 en eland!

Post by Skolla »

Francois Briedenhann wrote: Nou my vraag is die oom waar ek gaan skiet skiet net 223 en hy se hy het nog sy hele lewe sy elande met sy 223 laat val
Hoor graag van julle!
Francois

Weet jy dalk met watse patrone/koeels/punte die man met die .223 skiet?

Skolla
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: 243 en eland!

Post by Francois Briedenhann »

Skolla

Ek sal jou latweet ek is nie seker nie.

Scrappies.

Hahaha ek wou dit se maar het maar gewag dat iemand anders dir te dankie.

Ooms.

Manne en onthou ek walk en stalk so ek sal gaan tot by n afstand wat ek wil en dis baie bedreig so ek kan tot op 100m kan skiet as dit so ver is.

Groeter
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 243 en eland!

Post by Gerhard »

Francois,

Ek kan n eland met die 222 Rem ook skiet...

Maar n kop skoot op n eland wat jy walk en stalk is nie so maklik nie pella.

As dit reig is soos jy s? gaan jy jou storie moet ken om naby genoeg te kom.

Elande is nie bokke wat op een plek bly nie. Hulle is altyd aan die beweeg. Seker die spesie wat die meeste op n plaas rond beweeg.

Stel voor jy kry maar iets soos n Rhino 100gr om die jag mee te doen...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: 243 en eland!

Post by Cobus(Cobb) »

Franna, So ruk terug was hier 'n bespreking oor tipe/maak koe?l, wat nog kan doodmaak nadat hy deur 'n bos en/of tak geskiet is....hierdie post van jou volg dieselfde roete,
Daar was baie, baie,baie opinies en as ek reg onthou het 'n paar manne warm geraak...
Maak soos jy goed dink en waarmee jy gemaklik voel maar belowe ons jy gaan terug rapporteer(soos Bobby gevra het), sodat ons almal iets daaruit kan leer..
(wanneer gaan jy jag?, sodat ons weet wanneer om jy report te verwag?)

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: 243 en eland!

Post by Francois Briedenhann »

Manne ek het nog nie n vaste datum nie.Maar ek sal julle se waneer dit is en sal terugvoering gee.Groete FB
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: 243 en eland!

Post by Jakkalsgat »

Francois

Jy het nou almal se opinies en jy het jou besluit geneem nog voordat jy na enige iemand geluister het, ek glo jy sal dit regkry wees net versigtig en maak doodseker van jou skoot.

gebruik maar driepoot!

Sterkte en laat weet

Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: 243 en eland!

Post by Raven »

Francois,

EK skiet 'n 25-06 met 100gr Nosler BT, en ek skiet nie my eie gemsbokke met die geweer al kan ek. PA het jare lank die gemsbokke met sy .270 geskiet en sommige bokke het ver gedraf.

As ek gemsbokke afhaal en ek kan nie 'n mooi skoot(breinskoot) op 100m maks skiet met die 25-06, dan trek ek die 300WM nader.

Gebruik die regte "tools" vir die regte "job". Jy s? die Oom skiet al jare met sy 223 die elande, maar dis sy Elande en hy vat rustige skote. Jy is daar op beperkte tyd en moet betaal, of jy sukkel om die bokke te kry en vat dalk 'n waghalsige skoot wat jou duur te staan kom.

As jy jou geweer vertrou en seker is oor jou skoot, gebruik jou 243.
Ek sal jou ook afraai om iemand anders se GROOT geweer te gebruik, dan gebruik jy liewers jou eie 243 waarmee jy vertroud is.

Aan die einde van die dag is dit jou jag, maar eties is dit nie reg om met sulke klein kalibers 'n Eland te skiet.

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
jmb

Re: 243 en eland!

Post by jmb »

Hi Francois

Soos dit vir my lyk het jy in elk geval klaar besluit om jou 243 te gebruik op 'n Eland. Ek is nie seker hoekom jy dit wil bespreek nie. Die feit dat dit wel bespreek word maak my bekommerd. 'n 243 is nie 'n eland geweer nie punt. Tipe punt of skootplasing is onbelangrik. Dit is onverantwoordelik en oneties om dit te probeer. Daar is kalibers om dit mee te doen. Die feit dat 'n jagter net een geweer het of gebruik is nie 'n verskoning om dit op alle wild te gebruik nie. 'n Jag waar ek by betrokke was het in 'n gemors ontaard omdat 'n jagter 'n eland met 'n 243 in die agterstewe geskiet het tydens 'n mislukte kopskoot poging.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: 243 en eland!

Post by grumpy »

FB, die oom se hy doen dit al jare. Sien en bewys is twee verskillende goed! Hy kan seker nie meer so lekker sien nie nou se hy 223 ipv 404 ;D Ek self se moenie kanse vat nie. Skootplasing is belangrik maar die regte kaliber gee jou net self versekering en jy WEET!

Om daai bok te gaan soek gaan baie tyd vat en ons gaan jou mis hier op die forum my maat! Liewer tyd hier as om bok te soek en nie met vriende te gesels nie.

Lekker jag en ons wag vir die fotos en biltong!!!  8)
User avatar
worshond
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Thu Sep 10, 2009 3:56 pm

Re: 243 en eland!

Post by worshond »

Daar is manne wat will skiet en daar is manne wat kan skiet. Besluit maar in watse klas jy val.
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: 243 en eland!

Post by GERT vd M »

Dagse manne,
                      Ons kan nou maar se wat ons wil, Francois gaan na n eland skiet met sy .243 en niemand gaan hom keer nie. miskien is hy gelukkig. KARAMOYO BELL HET BAIE BAIE OLIFANTE MET SY 7X57 MORSDOOD GESKIET MAAR DIE 7X57 IS VER VAN DIE GESKIKSTE GEWEER VIR DIE DOEL. Het verlede jaar op n plaas in ALLDAYS distrik gejag waar kop of nek skote verbode is en die eienaar is self n baie goeie en suksesvolle jagter. n Paar jaar gelede het n persoon wat ek ken n eland gekwes met sy .270. patroon het in die dik nekspiere vasgeslaan en as ek reg onthou net so 50mm penetreer. uiteinde van die storie was dat hy verder om etiese redes n helikopter gehuur het om die gekweste dier so vinnig moontlik uit sy pyn en leiding te verlos. Dit bly maar n etiese besluit.............
                                  GROETNIS
                                    GERT
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7551
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 243 en eland!

Post by Wouter Roets »

Hallo Francois

Ek sien nerens vermelding van wat se koeel jy van plan is om te gebruik nie. Ek wil ook iets byvoeg oor n kopskoot. Dit moet n breinskoot wees of n rugmurgskoot. Met die rugmurgskoot moet die koeel oor genoegsame momentum beskik om die werwels te breek en die rugmurg af te skiet. Hierdie naweek is daar met n 22-250 n perfekte skoot geskiet op n eland bul wat pragtig geval het met die skoot. Na tien minute het die bul opgespring en is n tweede kopskoot geskiet. Die volgende dag laat is die bul toe met groter kalibers verlos van sy leiding. Hierdie is n algemene verskeinsel en geensins die uitsondering op die reel nie. Onthou ook asb dat duisende mense hierdie Forum lees so ons is nie net n paar manne wat hier om n vuur praat nie.

Ek weet jy hamer op skootplasing, maar skootplasing kan nie as enkelfaktor gesien word as dit kom in hierdie geval nie soos reeds hierbo gesien nie. Daar moet na die geheel gekyk word. Mono's of premuim konvensionele koeels verhoog kalibers se doodmaakvermoee maar daar bly die marginale faktor. Jy weet nou klaar jou kaliber is marginaal en n klomp dinge moet reg loop vir sukses met die aanwending met hom.

Nou bly die etiese aspek oor. Hierdie is n persoonlike saak maar moet verdedigbaar wees aan almal. Ek dink die eerste kreteria hier moet wees is dat n kaliber gebruik moet word wat in ALLE omstandighede die werk moet kan verrig. n Skoot wat op die punt van die neus geskiet word moet oor genoegsame penetrasie beskik om die nekwerwels te vergruis en die rugmurg te kan afskiet. N Skoot op die skouer moet deur hierdie groot bene kan penetreer tot by die vitale organe. As die kaliber/koeel kombinasie hierdie kan aftiek is hy geskik. Nou kan die 243 die boksie merk? Ek twyfel. Nou soos voorheen genoem deur mede Forum lesers wat is dan jou persoonlike motiewe vir die aanwending van die kaliber met die jag van n eland? Net jy kan dit beantwoord en regverdig.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: 243 en eland!

Post by Jakkalsgat »

Wouter

Baie dankie jy is 100% reg!

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
Homer
Full Member
Full Member
Posts: 143
Joined: Wed Apr 06, 2011 2:48 pm

Re: 243 en eland!

Post by Homer »

Ek wil net graag  my 2c ingooi. Hierdie is my opinie en julle kan maar verskil

243 is noe geskik vir lenad maak nie saak hoe jy daarna kyk nie

Of daar al elande met 223 of 243 ens  geskiet is maak dit  nie reg nie

Jy is die dier verskuldig om hom so vinnig moontlik te dood.  Sal jy dan sommoge skote opgee as jy weet 243 gaan nie die werk kan doen nie.  'n Groter kaliber sal meer energie oordrae en die eland baie makliker kan dood.

As jy nie ander geweer het nie leen dan een.Jy is dit verskuldig aan die dier eerder as om te gaan eksperimenteer om te kyk of hy gaan werk

Soos ek gese het my opinie enm julle kan maar verskil
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 243 en eland!

Post by Gerhard »

Wouter Roets wrote: Hallo Francois

Ek sien nerens vermelding van wat se koeel jy van plan is om te gebruik nie. Ek wil ook iets byvoeg oor n kopskoot. Dit moet n breinskoot wees of n rugmurgskoot. Met die rugmurgskoot moet die koeel oor genoegsame momentum beskik om die werwels te breek en die rugmurg af te skiet. Hierdie naweek is daar met n 22-250 n perfekte skoot geskiet op n eland bul wat pragtig geval het met die skoot. Na tien minute het die bul opgespring en is n tweede kopskoot geskiet. Die volgende dag laat is die bul toe met groter kalibers verlos van sy leiding. Hierdie is n algemene verskeinsel en geensins die uitsondering op die reel nie. Onthou ook asb dat duisende mense hierdie Forum lees so ons is nie net n paar manne wat hier om n vuur praat nie.

Ek weet jy hamer op skootplasing, maar skootplasing kan nie as enkelfaktor gesien word as dit kom in hierdie geval nie soos reeds hierbo gesien nie. Daar moet na die geheel gekyk word. Mono's of premuim konvensionele koeels verhoog kalibers se doodmaakvermoee maar daar bly die marginale faktor. Jy weet nou klaar jou kaliber is marginaal en n klomp dinge moet reg loop vir sukses met die aanwending met hom.

Nou bly die etiese aspek oor. Hierdie is n persoonlike saak maar moet verdedigbaar wees aan almal. Ek dink die eerste kreteria hier moet wees is dat n kaliber gebruik moet word wat in ALLE omstandighede die werk moet kan verrig. n Skoot wat op die punt van die neus geskiet word moet oor genoegsame penetrasie beskik om die nekwerwels te vergruis en die rugmurg te kan afskiet. N Skoot op die skouer moet deur hierdie groot bene kan penetreer tot by die vitale organe. As die kaliber/koeel kombinasie hierdie kan aftiek is hy geskik. Nou kan die 243 die boksie merk? Ek twyfel. Nou soos voorheen genoem deur mede Forum lesers wat is dan jou persoonlike motiewe vir die aanwending van die kaliber met die jag van n eland? Net jy kan dit beantwoord en regverdig.

Groetnis
Wouter
Hoor Hoor...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: 243 en eland!

Post by Lourens »

Wouter,

Uitstekende antwoord daar mater. Die debat oor klein kalibers op groot diere sal seker nooit einde kry nie en almal sal sy klip in die bos gooi. Die feit bly staan daar bestaan 'n marginale faktor soos jy genoem het. Met my 243 en premium koeels sal ek heeldag gemaklik rooibokke en blesbokke jag, as ek plat op my pens le en die bipod gebruik en 'n Barnes TSX in die kamer het sal ek dalk ook nog 'n skoot vat op 'n Rooihartbees wat mooi staan. Op 'n Elandbul selfs al staan hy mooi? Ek twyfel baie sterk. Ek het self al Eland gejag, en ek dink min mense verstaan die omvang van daai dier se grootte, massa, spiere, en beenstruktuur. Skiet hom met so groot kaliber as wat jy gemaklik kan skiet!! As jy 'n .416 besit en jy kan hom met gemak akkuraat skiet gebruik hom, tensy toestande bv lang afstand vra vir 'n vinnige plat kaliber bv 300 Win ens.

Net my 2c....

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: 243 en eland!

Post by Francois Briedenhann »

Manne ek het nou met die oom gepraat waar ek gaan skiet.Toe vra ek hom of daar n probleem is as ek skiet met die 243 toe se hy nee maar as ek nie gemaklik voel nie sal hy maar net vir my sy 338 saam gee en as ek ongemaklik voel vat ek die 338 en skiet.

Groete FB
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7551
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 243 en eland!

Post by Wouter Roets »

Francois

Wat het jy verwag van n persoon wat elande skiet met n 223, dat n 243 enigsins te min geweer gaan wees?

Fokus boeta Fokus! ;D ;D
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: 243 en eland!

Post by JOHANNIC »

Fb
Al skiet jy met die oom se 700 NE maak tog net seker jy weet presies waar die geweer skiet want,al skiet jy met wat ookal as jy nie tref waar jy mik nie beteken hierdie hele debat sweet blue %^&*

Is dit nie meer oneties om n jagter n geweer in die hand te stop wat hy glad nie ken nie en dan van hom verwag om n doodskoot te skiet(jy vat nooit n jagter uit sy gemaksone uit nie)PUNT dis n resep vir n laaaang dag.

FB skiet waarmee jy gemaklik is!!!
Biebers
Need for speed >:D
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: 243 en eland!

Post by Rasmus »

Ek moet stem ek persoonlik dink ook dat n 243 bietjie min gun is vir daai meneer. Elke ou moet maar vir homself besluit.......

Ek het amper n elandkoei verloor met my 375.

Ek het haar met n hornady 300 gr ronde neus punt op die blad geskiet en die grootbene getref. Die koe?l het sleg gedraai en al die vitals gemis..... Gelukkig kon ek haar vinnig met n opvolg skoot plat trek.

Van toe af net premium koe?ls. Mens se skoot gaan nie altyd waar jy dink nie!

Daai bokke is groot en swaar!
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7551
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 243 en eland!

Post by Wouter Roets »

Johannic

Wat van die manne wat net gemaklik is met n .22? Is dit dan ook die regte kaliber vir hierdie aplikasie? Maak nie saak hoe goed n mens die kaliber bestuur nie, die kaliber/koeel se vermoeens moet ook in ag geneem word. Nie een van hierdie dinge kan afsonderlik gesien word nie maar moet in die geheel na gekyk word.

Wat se ons nou hier aan almal wat hierdie Forum besoek. Skiet enige dier op hierdie aarde solank jy jou geweer ken? Dit is my taak as Moderator om om te sien dat logiese en wenslike raad en informasie uitgeruil word en hierdie is dit nie. Meeste mense het nou op mooi maniere probeer verduidelik dat n 243 op eland net te riskant is. Weet ook nie meer wat om verder in die verband te se nie? F@$ voort is seker die beste!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 243 en eland!

Post by Jagtersdok »

Sjoe ek kan maar net lag.

Ek het al Eland se kind op die blad gestamp met 270, was dit wys? Dit is die ander vraag.
Nee wat daar is maar een goue reel. Vat genoeg gun of ry tot teen hom en skiet hom in die oog soos ons oupas altyd ges? het.

As jy tyd en geld het gaan try hom, moet net nie vir ons kom, vertel daarvan nie.

Daar is baie meer in terminale balistiek verbonde as net kaliber, wat ek wel vir jou kan s? is 243 so lief soos ek vir hom is kan nie skoot vir skoot die werk op Eland verrig nie.

Maar ek weet wat gaan gebeur.
Jy gaan in elk geval die 243 vat en die bok dreun, so hier is tip of twee want ek hou nie van bokke wat lei nie

1) Gebruik Premium koeel, nie jou standaard 100gr Spitzer soft nie. Iets soos Barnes
2) Skiet quarter away sodat jy nie groot bene slaan nie en steeds die vitals kan penetreer
3) Los die Boots en kry lekker stap tekkies, want jy mag dalk ver loop
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: 243 en eland!

Post by JOHANNIC »

Wouter
Lees tog net weer!!!!!!!(kyk na my vorige postings)
Ek se nie skiet met n 243 nie ek se skiet asb waarmee jy vertroue het.
En as hy wil, dan gaan jy of ek of wie ook al hom nie keer nie,ek vir een sal verseker eerder n jagter met n 6mm wat n R5 munstuk op 200m kan raakskiet laat skiet as n jagter met n 338 wat flinch vir die dood,

Manne wat net gemaklik is met n .22 hoort nie in die jagveld nie weet nie hoekom jy so iets as voorbeeld wil gebruik nie.?

Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
Herman Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 645
Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm

Re: 243 en eland!

Post by Herman Venter »

Francios,
Ek dink jy het klaar besluit op wat jy gaan doen, ek weet jy kan skiet en sal die bok skiet waar jy mik met jou .243 , ek se net jy moet maar reel met daardie oom en my tog nou die inligting gee want hopelik het my skip al gekom teen daai tyd en dan val my eland voor joune met n "broadhead" ... lol 

Maar nee doen wat jy goed dink, almal kan jou raad gee maar niemand kan jou keuse vir jou maak nie!

Enjoy Boeta
Herman
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243

REFUSE TO FOLLOW
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: 243 en eland!

Post by G-force »

Die soort challenge lyk vir my meer doenbaar.

Image
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Post Reply