Verblyf/ Dagfooie

Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Verblyf/ Dagfooie

Post by Vlakvark »

Ek is 'n biltong jagter en het seker 10 jaar laas in Suid Afrika gejag dinge het baie verander, ja en pryse is baie op ek neem ook aan dat die gemidelde ou se salaris ook opgegaan het. Ek wil nie 'n oorlog begin nie maar lees kort kort van dag fooie van R1000.00+ wat het geword van die ou waenhuis se gebruik of tent.
Het die jagter se gemaklikheid so groot geword dat hy die goed wil he of word dit op hom af gedwing maw. ons het die fasiliteit so gebruik dit of kry ander jag plek. of verstaan ek dit verkeerd

Die plaas eienaar het tog groot uitleg om die geriewe daar te bou en moet sy geld terug kry maar is dit wat die jagter soek wil hy R1000.00 betaal om in die luukse te bly of sal hy eerder in tent of hut bly met long drop en water

Ek sien net al die extra biltong wat ek huis toe kan vat as ek R200.00 vir drie of vier nagte in my eie tent kan betaal

Maak die eienaar geld uit die duur oornag fasiliteite of nie soos ek se ek is al +-10 jaar uit die jag in SA vir my was dit altyd maar die waenhuis of tent partykeer moes ons nog eie water ook vat of was ek maar nog net altyd gelukig dat ander manne maar nog altyd duur betaal het vir verblyf

Neem nou jong ou wat begin jag. Op my eerste jag kon ek net een rooibok bekostig verblyf was verniet daar was net so klein 6x6m afdak om onder te slag en bokke te hang, mooi gelyk area om paar tente op te slaan, long drop en 210 L drom om water mee aan te ry ek het saam met 'n vriend en sy pa begin jag so ek was daar vir vier dae het my bok op eerste dag geskiet en verder maar net rond geloop. Hierdie jong ou wat nou begin jag kom ons se rooi bok is R1000.00 en hy kan net een bekostig boek saam met ander mense die jag en skiet op dag 1 sy bok maar daai bok kos hom nou R5000.00 :'( :'( ek proe net koper (SENTE) wel hy het seker darem lekkerder as ek geslaap en sy kos is vir hom aagedra sy bed vir hom op gemaak lekker ne
Ek weet nie Ek slaap eerder in my bakkie buite die man se plaas en kom net elke oggend in om vir die dag te jag en vanaand slaap ek weer buite of is ek net ingat -  suinig
Image
Image
Zack Benade

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by Zack Benade »

Hallo Vlakvark

Gisteraand by die Jagters Vereniging het dieselfde gesprek opgekom oor dag gelde en kamp fooie.
Hier het ons weer te doen met twee kampe.  Aan die een kant is die normale jagter wat 'n salaris trekker is en wat waarde vir sy geld soek en aan die ander kant is dit die plaas eienaar wat wild besit.
Die gesprek het vinnig warm geraak want daar is amper geen plekke in SA wat oor is waar jy tradisioneel kan jag nie.  Hiermee bedoel ek van die tent in die veld met 'n longdrop of graaf en emmer en 'n koue water stort.  'n Slaapsak langs 'n vuur wat brand.  Dis wat die meeste biltong jagters soek.

Die wildboer het aan die ander kant 'n geldelike belegging gemaak aan 5 ster geriewe en wil nou die return kry op die uitgawe.  Waarmee het ek persoonlik 'n probleem dat die jagplase jou nie 'n opsie gee hoe en waar jy wil bly nie.  Dis 'n geval van "Take it or leave it".  Ek sal graag in die veld langs die vuur wil slaap en meer diere wil jag.  Volgens my gaan dit hier net oor geld.  Ek het 'n byvoorbeeld 'n Jag begroting van R10 000 en ek wil besluit hoe ek daarmee wil jag.  Ek wil nie R10 000 uitgee in 3 dae en huitoe gaan met en klein bokke nie. 
Omtrent al die wildplase wat adverteer(op internet en tydskrifte) adverteer nie hulle wild nie maar daar is 99% net foto's van hoe die slaapplek en kamp area lyk.  Wat het van die wild geword???????  Word daar beplan om te jag of beplan om 24 uur per dag na DSTV in 'n jaccusi lang die aircon te sit en kyk????????? Ek wil JAG en nie vakansie hou nie.  As jy vakansie wil hou koop eerder 'n Jurgens Excluse en gaan kamp op die strand in Scottbrugh saam met jou vamilie en koop 'n groot bees by die slagpale.

Elke jaar lees jy van ontevrede jagters wat ingeloop en uitgevang is deur wildplase wat 5 ster verblyf het maar geen wild nie. (Selfs hier op Jaracal)

Ek voel die jagter moet die opsie gegee word.  Ek persoonlik ondersteun nie wildplase of boere wat alles in my keel afdruk en forseer nie.  Dis my geld en ek sal besluit hoe ek dit wil spandeer.  My pa en sy pa voor hom het tradisioneel gejag en ek sal ook so aanhou en oordrae aan my seuns.  Dis mos regtig jag.

As die wildboer dan se dat dit sy wild is en dit gaan saam met onbekostigbare onrealistiese verblyf dan kan hy maar sy wild vir die jakkelse en ongediertes voer.  Moet my net nie bel as die droogte of veldbrand jou plaas tref nie en die wild vrek van die droogte en geen kos nie.  Adverteer dan jou onbekostigbare, onrealistiese blyplek in die landbouweekblad.

Die muntstuk het altyd twee kante.  Die jagter en die wildboer moet saam tevrede wees na die jag.  Altwee moet voel ons het mekaar nodig en ons gaan saam bevoordeel word uit die jag.
Dis al manier hoe ons saam seker kan maak dat ons kinders ook eendag so bevoorreg sal kan wees om te jag.  Saam met sy pa lang 'n vuur onder die sterre.

Groete
Zack
 
User avatar
Renier
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Tue Aug 30, 2011 3:35 pm

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by Renier »

Dags?

Ek sien die manne lees, maar gesels nie saam nie. Huidiglik is ek op soek na 'n "basiese" jag geleentheid en verskeie van my navrae is al beantwoord en dit wissel as volg:

Verblyf (selfsorg): Tussen R185 tot R350
Verblyf ("catered"): Vanaf R550 tot R800
Vervoer (bakkie en branstof): Vanaf R500 tot R1000 (minimum 1, maksimum 4 jagters, spesifiek springbok jag en in die Kaap)
Dagfooie: Vanaf R150 tot R350 (per jagter, akkomodasie uitgeluit)
Slagfooie: Vanaf R30 tot R100 (per bok)
Springbok: Vanaf R350 tot R1000
Blesbok: Vanaf R750 tot R1500

Een voorbeeld:
5-dag jagtog vir 2 jagters in die Oos-Kaap

Afstand tussen huis en bestemming en terug huistoe is +/- 2000 km (dus R2000 minimum vir brandstof, dus R1000 per persoon)

Blesbok R750 (bargain) + selfsorg verblyf R185 (bargain)  = R935 x 5 = R4675 (aanvaarbaar)
Voeg nou by bakkie en brandstof teen R250 (per persoon per dag) en gids teen R40 (per persoon per dag) = R250 + R40 = 290 x 5 = R1450 :-\

Sien nou die som per persoon:

R1000 Brandstof
R4675 Blesbokke en verblyf x 5
R1450 bakkie en branstof en gids x 5 dae
------------
R7125  :o :o :o (R7125/5 = R1425 per dag en bewerking is uitgesluit)
------------

Ek wil nie in 'n 5-ster lodge bly nie, ek wil ook nie in 'n tent op die grond slaap nie, want ek wil na 'n lang dag  gerieflik en veilig slaap.

Al wat ek eintlik wil s? is, ek is berid om te betaal vir wat ek kry, maar ek het 'n beperkte begroting.

Jag word nou soos golf, 'n "elitest" sport (my voorgee is 'n 9) ;) :D ;D
9mmP RAP
.308 Musgrave
.338 WM Winchester
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by grumpy »

Ek stem saam. Ek wil net die basiese dinge he. As dit n chalet is ok. Ek wil nie n tv, jacuzzi, dstv, fans, mikrogolf ens he nie. Ek wil gaan jag met die basiese dinge en dit geniet. As ek al daai goed wou he dan kon ek net sowel by die huis gebly het en n bok my die mark gaan koop het of selfs die biltong dan hoef ek niks te doen nie.

Party plekke bied dit aan omrede party manne die vrou en kinders saam vat. Vir hulle kan dit werk want jy gaan in die veld in en gaan jag terwyl ma die kinders moet besig hou.

Dis baie moeilik vir albei kante.

Ek wil slaap plek he, in tent of chalet, hout vir vuur maak, plek om te stort en kos te maak. Die kamp vuur is my tv en die sterre hemel is my lig.

Die manne kan my maar slaan maar ek dink jag is kop skoonmaak, jouself weer vind en rustig wees. Die hoe stress maak ons dood. Ek wil ontspan.

Ek vat ma en kinders see toe vir vakansie en sien dat hulle alles het en kan doen. Wanneer ek gaan jag is dit "ME TIME"!!!
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by DawieKotze »

In Renier se voorbeeld hierbo....

Die gemiddelde uitslag gewig van 'n blesbok is omtrent 35kg?

As jy 5 geskiet het is dit 175 kg en dus R40.71 per kilo. Sit R10 per kilo by vir verwerking en jou vleis kos jou R50 per kilo vir die gesondste vleis wat jy kan koop!

Dan het ek onbekostigbare genot gehad van die jag en ontspanning in die natuur.

Dis maar soos my kop werk.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by Vlakvark »

Renier ja ek sien die manne lees maar praat nie saam nie hier word weer tone getrap ek sien dit nie soos 'n munt met twee kante nie maar eerder soos 'n wors met drie punte  ja drie punte, twee punte en 'n middel punt wat ons moet vind tussen die jagter en die boer maar die geld wat hulle vra is soos Grumpy se jy vat ma en die kinders op vakansie jy wil net gaan jag ek is seker te ingat maar ek kan nie daai soort geld betaal vir gemak nie dit is seker soos die ou wat Holiday inn toe gaan in 5 ster vir vakansie en die ou wat gaan kamp wel ek kamp eerder 

Wel ja ek kamp lekker warem water shower, porta pottie
Binneveer matras in my camper so ek slaap lekker toe ek my camper gekoop het het ek hom in offroad gevat omdat ek geweet het ek gaan hom in die veld sleep

Ek het nog nooit in so lodge oornag nie wat bied hulle jou vir R1000.00 + per nag
Wat se die plaas eienaar het jy dieselfde geld gemaak R1000.00 per nag 4 nagte en een bok R1000.00 = 5000.00 as wanneer die ou R250. 00 per nag self cater
4 nagte R1000.00 + 4 bokke  R4000.00 jy het nog steeds R5000.00 gekry
Of is daar te min wild en daarom word die extra geld uit verblyf gemaak

Hoe lyk die plase se wild wat nie die duur verblyf fasiliteite het nie is daar minder , kleiner wild nie sulke groot trofees nie  maw. cater die duur plekke meer vir troefee jag en nie vir biltong jag nie

Wat van slag fooi toe ek in SA gejag het het hulle die dier geslag op die plaas ek het die karkas slaghuis toe gevat en siedaar biltong en droe wors
Eerste jag hier in AUS moes ek self slag gelukig het ek altyd gekyk en probeer help in SA so ek het 'n idee gehad en dit maar so gedoen gelukkig het ek iemand saam gehad wat my so bietjie kon help. laaste dag toe se die manne ons moet gou die goed kwarte maak ek het geen idee gehad nie gelukkig het ek weereens hulp gehad toe kom ek by die huis en geen slaghuis wil my help nie. nou kan julle maar lag ek jaag Gun Shop toe koop DVD oor slag en verwerking van Deer en siedaar 8 ure later het ek 3 Fallow deer mooi geontbeen en verwerk ek het daai DVD meer gerewinde as voorentoe gespeel ;D
AS jy kan slag en verwerk kan jy dan daai koste vryspring plaas bakkie kan jy jou eie gebruik of nie

Ek wil in die veld wees en nou dat ek al amper kan wil ek my eie vleis verwerk
as daar 'n vinger raak gesny word terwyl daar vleis gewerk word is dit my vinger en nie 'n ander man se olie wat op my vleis drup nie. Dit het die hele jag vir my soveel meer waarde gegee nou dat ek my eie vleis doen. Dis lekker dis myne, Dis goedkoper

Ek sal later so stukkie tik oor hoeveel dit my kos om hier te jag twee spesies op twee verskillende plekke Red deer en Fallow Deer
Image
Image
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by Koos Barnard »

Ludwig
Oor die trofeejagtery stem ek 100% saam met jou. Mense wil spog oor hul trofe? en die hoogtes (laagtes) waartoe sommiges bereid is om te daal verstom my soms. Jagtersverenigings se trofeemetery elke jaar (trofeekompetisies - dis niks anders nie), steek my dwars in die krop.Dit gaan glad nie om die dier te eer nie, bloot om die jagter te eer. Ek het self op sulke jaareindvergaderings gesit en gesien hoe manne pryse ontvang as kampioenjagters en dan weet ek vir 'n feit die bogger het nie een enkele tree agter die dier aangestap nie. Manne wat w?reldrekordtrofe? skiet verkondig dit wyd en syd, so asof dit grens aan die verowering van 'n Nobelprys. Ek wonder hoeveel kere ek al mense hoor "verskoning" maak het as hulle van hul jagte vertel: "Dis nou nie 'n groot ram nie, net so 19 duim," of iets dergeliks. Van die jagtog self en die natuur word niks vertel nie - dis net kalibers, afstand (altyd maar die langes) en horinglengte.

Ek het net so 'n broertjie dood aan die bakkieskietbendes wat jil en gil as een man iets geskiet het. (Let wel bakkieskiet het seker sy plek, ek praat van die klompie wat ek sommer "bakkiebendes" noem - julle sal weet van watter soort ek praat). Klink die volgende vir julle bekend: Yessss!!! Da k@ kyyyy!!!! (Dit weer onlangs op You Tube gesien waar manne blesbokke geskiet het). Skuus, nou het ek die post seker gehijack maar hoe meer ek met jagters omgaan hoe meer verstaan ek hoekom die groenes ons so haat.

Terug na die topic. Ek was self in die bedryf, het vriende wat wildplaaseienaars is en ja, ek voel ook sommige pryse is buitensporig. Sommige manne charge vir omtrent enigiets - oplaaifooi, aflaaifooi, slagfooi, ophangfooi. R600 bakkiefooi per dag, maal vier - want julle is mos vier persone. Wildplaaseienaars moet 'n bestaan maak en sal jou gou vertel dat prokureurs, dokters, konsultante en ook die Griek op die hoek vra wat hulle wil, hoekom kan hy nie ook nie. Dis darem jammer dat plaaslike jagters wat vir vleis skiet met die trofeejagter moet meeding. Ons moet begrip h? vir almal se situasie maar niks verhoed die plaaslike jagter om sy geld te spandeer waar hy die beste waarde daarvoor kan kry nie. Net jammer manne wat billike pryse vra raak al hoe minder.
Groetnis 
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by DWB »

Dis hoekom ek maar help met die bosvark jag, dis verniet en ek hoef nie met vleis te sukkel na die tyd nie  ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
ablm468

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by ablm468 »

Manne

Ek het nou so 10 pryslyste deur gegaan en dit is astronomies om te sien hoe pryse gestyg het van laas jaar af na 2012, ek meen dagfooi het omtrent verdubbel, in die verlede het jy R250-R300 per jagter betaal per dag, nou betaal jy nog verblyf ook van R350 per dag.

Dan het ek 'n pryslys gekry van manne in die Noordkaap omgewing wat vir full catering jagter of te not R1200 per persoon per ddag vra, x 2 grootmense = R2400 plus R550 per kind x 2 kinders + R1000 vir 'n totaal van R3400 per dag. Ek het in die verlede so 6 nagte uitgeslaap dit betek net jou verblyf kos jou R20400 dan het jy nog nie eens 'n tarentaal geskiet nie.

Weet julle wat ek hang my jaggewere op en gaan skiet elke Vrydag by die skietbaan op 'n papierteiken en koop my steak by die slaghuis teen R55/kg dit is in elk geval lekkerder vleis as wildsvleis.

Ek weet nie wat aan die gang is nie maar ek dink dit is supply and demand, daar is nou baie nuwe jagter in die veld wat lisensies vir gewere gekry het en nou iets wil skiet. Die boere byt die situasie uit ( nie almal nie) en vra net wat hulle wil.

Kry maar die buitelanders om daai pryse te betaal.
User avatar
Renier
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Tue Aug 30, 2011 3:35 pm

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by Renier »

Ek wil myself net cover en noem dat die onderwerp handel oor SEKERE boere wat buitensporige pryse vra vir akkomodasie, wild ens.

Ek moet dan ook net byvoeg dat ek het 'n vriend wat my na sy plaas genooi het (voor ons vriende geword het) en my verniet 'n vark en rooibok laat skiet het. ;D :D
9mmP RAP
.308 Musgrave
.338 WM Winchester
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by Francois Briedenhann »

Manne ek ken nie die soorte jag nie.Ek is gewoond aan vat n tent jy gaan slaan hom op en da kuier almal lekker saam en boer ook as julle klomp is slaan paar tente op hier by ons maak die boere 1 klein kampie net vir die jagters se slaap plekke met die slag plekkie wat daar is en die werker wat alles doen dan betaal jy die boer net vir die jag maar dan bring jy al jou eie goed.Alles is in die kamp wat jy nodig het.Maar sodra jy beskadig of mors gaan jy mos betaal.

Groete FB
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by Dawid »

Francois dan wil ek beslis by jou kom jag want dit klink beslis meer na jag as teikenskiet van n bakkie af.

Meeste "Wildsboere" is beslis n "Rip-off" :o. As hy wil cater vir die ryk sakeman en Amerikaner wat graag in vreeslike gerief wil bly is dit goed maar hy moet ook bereid wees om te cater vir die meer natuurlike jagter(die ou wat graag in die boskamp sy tent wil opslaan of boswa wil trek en terwyl hy jag, ontspan en kampeer en met die basiese geriewe) Dis mense wat die hele gesin op n jaarlikse "jagtog" neem waar die gesin weer as n gesin saam dinge kan doen en ontspan ook, weg van die alledaagse stresvolle lewe.

Op sekere plase word "walk en stalk" nie meer gedoen nie want dit vat lank so n lopery en die gidse ( R 50/dag) word moeg en dis baie makliker vat almal en gaan skiet gou n paar bokke van die bakkie af en dan kan die gids nog vir alledaagse take op die plaas gebruik word en waar n entjie gery is die oggend is  sommer gou n R 1 500 gemaak met die uitverhuur van die voertuig.Het al by Ellisras geloop met n gids in die moreskof en n ander die middagskof en na drie dae van niks kry nie  en gatvol en moee gidse vertel die gidse my dat die vorige en die voor die vorige jagters met die boer ooreengekom het om in die nag te ry en skiet met lampe want hulle kry niks, nouja ek moes n hele week se verblyf vir 4 jagters en 2 nie-jagters(kinders) betaal....nogals n aardige bedraggie vir n "jag vakansie" en lee hande huistoe >:(  Die 2 rooibok-ooie wat ek tesiene gekry het het op tenminste 120km/h gewei.. ;D

Ons almal verstaan n plaas is n bobemlose put is en dat daar baie uitgawes is maar eerlikwaar die jagplaas eienaars moet gaan sit en besin oor wat die plaaslike jagters vir die jagbedryf inbring en die aandeel wat ons in die bewaring van ons natuur en dierelewe het. Hulle moenie vir my kom vertel ja maar wild en die onderhoud daarvan is so geweldig duur nie.....dan moet hy maar weer terug na sy bees en skaap  of gewas boerdery toe........dit gaan meer as die helfte van hulle meer op die plaas besig hou en uit die dorpe uit en dit spaar derduisende kilometers se rondrits in die Cruiser.

Ek dink indien die manne goeie jagplekke met heel billike pryse het of kry moet ons dit op die Forum adverteer en so ondersteun ons die manne wat omgee vir die "alledaagse oftewel biltongjagter/ vleisjagter...nes julle dit wil noem"
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by Francois Briedenhann »

Dawid.

Ek stem wie wil nou van n bakie af skiet jis mens loop mos in die veld nie net om jou bok te skiet nie jy sien mos n paar interesante goed as ek gaan jag wil ek nie in n huis bly waar aircon en al die "Grand" goed is nie ek gaan om te jag en in my tent slaap saam familie en lekker gesels en al daai goed.As jy mos nou strooi aanjaag verstaan mens hoekom die boere so is maar daar is mense wat nie gaan om dronk te word en alles te verniel nie as jy perongelik iets breuk ens dan betaal jy dit!Ons gaan jag elke jaar op n plaas waar daar n afdak is met n braai ens onder hom en met toilet geriewe dis al verder slaan jy jou tent in die "kamp" op en geniet die aand luister lekker na die natuur as wat jy nou gaan sit in n huis en niks doen.Daar is manne wat dit so verkies maar ek dink jag gaan meer oor veld lewe dis hoe ek groot gemaak is en wil graag eendag my kinders ook so laat lekker lewe.

Groete FB
Last edited by Francois Briedenhann on Fri Jan 27, 2012 12:22 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by Monrique (SJ) »

Dawid wrote:
Francois dan wil ek beslis by jou kom jag want dit klink beslis meer na jag as teikenskiet van n bakkie af.

Meeste "Wildsboere" is beslis n "Rip-off" :o. As hy wil cater vir die ryk sakeman en Amerikaner wat graag in vreeslike gerief wil bly is dit goed maar hy moet ook bereid wees om te cater vir die meer natuurlike jagter(die ou wat graag in die boskamp sy tent wil opslaan of boswa wil trek en terwyl hy jag, ontspan en kampeer en met die basiese geriewe) Dis mense wat die hele gesin op n jaarlikse "jagtog" neem waar die gesin weer as n gesin saam dinge kan doen en ontspan ook, weg van die alledaagse stresvolle lewe.


Ons almal verstaan n plaas is n bobemlose put is en dat daar baie uitgawes is maar eerlikwaar die jagplaas eienaars moet gaan sit en besin oor wat die plaaslike jagters vir die jagbedryf inbring en die aandeel wat ons in die bewaring van ons natuur en dierelewe het. Hulle moenie vir my kom vertel ja maar wild en die onderhoud daarvan is so geweldig duur nie.....dan moet hy maar weer terug na sy bees en skaap  of gewas boerdery toe........dit gaan meer as die helfte van hulle meer op die plaas besig hou en uit die dorpe uit en dit spaar derduisende kilometers se rondrits in die Cruiser.

Ek dink indien die manne goeie jagplekke met heel billike pryse het of kry moet ons dit op die Forum adverteer en so ondersteun ons die manne wat omgee vir die "alledaagse oftewel biltongjagter/ vleisjagter...nes julle dit wil noem"

Dawid

Ek stem heelhartig met jou saam. Ek dink dat sommige boere oornag wil ryk word, met kostes,nog voor jy begin jag het. Elke man kan vra vir sy wild wat hy wil, maar somiges raak belaglik. Weet nie wie op die ou einde aan die kortste end gaan trek, die boer of biltong jagter, wanneer die buitelanders nie meer so gereeld gaan kom jag.

Gesien in 2009/2010 hoe pryse geval het met die wereld krisis en die dat die "groot" manne weggebly het, toe was die plaaslike biltong jagter weer goed genoeg om die bedryf te dra en aan die gang te hou.

Wilds pryse is ook belaglik op van die plase en nie eers te praat van trofee nie. Ek eet die vleis nie die horings en vel nie.


Groetnis
Zack Benade

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by Zack Benade »

Hallo Dawid

Ek stem saam met jou en ek like jou vlag. ;D ;D

Ek wil graag iets met jou deel.  Ek vat altyd 'n kamera saam op die jag.  Eenkeer sit ek in 'n skuiling tydens 'n boogjag toe daar 3 jakkelse inkom.  Ek het die mooiste foto's geneem en hulle hul gang laat gaan. 
Tydens die aand se braai om die kampvuur wys ek toe die foto's vir almal.  Die boer was regtig ongeskik met my omdat ek nie die jakkelse geskiet het nie.  My antwoord aan hom was dat hy nie vooraf gese het dat ons ongediertes kan skiet nie.  Jy moes sien hoe vinnig sluk hy sy bier af toe ek vir hom se dat ek hom R600 per jakkels sou vra ak ek hulle wel geskiet het. 
Toe haal ek sy eie woorde van die vorige dag se gesprek aan  "Niks in die lewe is verniet nie"
Dit kom nadat die boer vir tot brandhout, Voertuig ens geld gevra het.  Soos jy se hy wil oornag skatryk word.

Groete
Zack
User avatar
Renier
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Tue Aug 30, 2011 3:35 pm

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by Renier »

Hi Zack

Ek wens ek was daar om dit te aanskou!  ;DDis nou wat ek noem 'n "comeback".  ;DWel gedaan

Groete
9mmP RAP
.308 Musgrave
.338 WM Winchester
User avatar
molopohunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 476
Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by molopohunter »

Manne, ek wil hier op n paar goed instem, en soos baie weet reel ek jagte en PH voltyds vir plaaslik en buitelanders.
Party mense byt ongelukkig die suid afrikaner uit in sy eie land waar hy die eer voor iemand anders moet he. Slegs my mening.
Plase moet sy buitelandse jagter in sy eenheid sy mark verwante pryse betaal, en so ook die plaaslike ou.
Renier se riglyne wat hy in gedagte het is in die kol, en is n goeie 1. Al jag ek voltyds, vat ek ook elke jaar my eie jag trip saam die pelle iewers heen, en het op my rug geval toe ek n paar manne se pryse sien. Dit voel of party die buitelander se prys net so aan die plaaslike man oordra. Oor die 2000 vir n rooibok? 350 vir n jakkals, 12000 vir n koedoe, ongeag die horing lengte? 600 per dag en dan 650 vir die gids, en hy MOET saam. Dan is dit sonder slag en verwerking al oor die 1000pd. Ander ding wat ek sien is laf, jag voertuie pryse. Dit gaan tussen 350 en 500 PER PERSOON!!!! Die bakkie is mos klaar uit, al is dit 4, hoekom per persoon? Halfeer die prys as hy net die bok moet gaan optel, maar hoekom daai prys net vir n recovery????
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by Dawid »

Janee manne

So kan ons algemene jagters maar lekker nie goeie dinge se van die wildsplaas eienaars nie en hulle gooi ons weer met ander redes en selfs beskuldigings maar op die einde van die dag spaar ons ouens tog maar totdat ons genoeg geldjies bymekaar geskraap het om die jagtog te kan bekostig. Kom die jagseisoen gaan skiet en betaal ons tog maar en is ons en die wildsboere weer pelle tot voor die volgende jagseisoen dan gooi ons mekaar weer met klippe. Gelukkig is daar nognet n paar maande se klipgooiery oor dan skiet ons weer die rook uit die bokke.
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
Renier
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Tue Aug 30, 2011 3:35 pm

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by Renier »

Ek het vandag met 'n ander maat van my (wildsplaas eienaar) gesels en 'n paar dinge genoem wat ons nou hier bespreek. Hy het genoem dat hy R6000 moet maak om gelyk te breek per jagtog. Ons het nie in diepte gegaan nie maar ek het begrip vir sy somme. Ek en my vrou werk albei. Ons huur 'n huis en het 2 voertuie waarvan een al afbetaal is. Ons het 2 dogters in die kleuterskool. Ons moet netto R24000 'n maand verdien om gelyk te breek. Om dit in perspektief te stel moet hy elke naweek vir 4 naweke R6000 verdien. Ek hoop dit maak sin :-\
9mmP RAP
.308 Musgrave
.338 WM Winchester
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by grumpy »

Wel, as sy wild pryse reg is dan sal die manne meer skiet en langer bly. Dan sal hy mos sy geld maak.

Ek het ook n eie besigheid. My profyt is laag maar my werk is baie. So die een kanseleer die ander een uit. As jou pryse te hoog is dan gee hulle die werk vir iemand goedkoper. So my pryse is redelik, kwaliteit werk is goed so ek bly besig en dis wat tel. As my pryse te hoog dan sit ek sonder werk en geen inkomste nie. Dis waar jy moet kop gebruik en die diens lewer en kwaliteit gee.
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by johan »

Dit kom nadat die boer vir tot brandhout, Voertuig ens geld gevra het.  Soos jy se hy wil oornag skatryk word.


Zack
Iemand moet daai brandhout maak,maw die trekker en wa met werkers moet veld toe,die trekker gebruik diesel,die werkers verdien salarisse,my ander werk staan,die hout moet nog gesaag word en aangery jaghuis toe afgedra en netjies gepak word. En die houtmakery laat die trekker heel dikwels met n pap voorwiel,gewoonlik so teen Maan/Dinsdag wanneer ek net mooi op dreef is met die stroop van die landjie of wat mielies.

Wanneer jy met jou dik jeep da stop dan staan die hout reg vir jou bonfire en net voor jy tiep dan gooi jy nog vir oulaas n spul hout op die vuur,waarvoor wonder ek al jare.

Wanneer die Koperasie se diesellorrie net EEN tenkie by my kom volmaak kos dit my R 22 000 ! Nie dat ek nou die ou tenkie op jou sal uitry nie !

Wanneer laas het jy n 4trek voertuig vir jou grondjie aangeskaf ?
Myne moet eersdaags vervang word,die kwotasies blyk so kort van R400k te wees,vir jou om op gat te skuur ? Nee Mnr !

Terloops,hier is die hout en voertuig gratis,die pryse billik en die seisoen volgeboek met mense wat jaar na jaar terugkeer.
Groete
Johan
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by Dawid »

Baie van die dinge waaroor manne kla en mor dra water en so ook dit wat die eienaars tese het.
Dis basies soos die PMP kwessie.....niemand sal uiteindelik tevrede wees nie.

Dit is maar basies n kwessie van ek wil bittergraag vanjaar gaan jag dus moet ek my dinge so beplan en spaar sodat ek dit wat ek graag wil skiet saam met my onkostes vir die jagtog kan bekostig. Manne moet maar soos daar gese word "shopping" doen en kyk waar die beste pryse is en kyk vir beskibare datums (sulke plekke is gewoonlik volgeboek...soos Johan tereg gese het en word stilgehou want die jagters is bang hulle kry nie volgende jaar plek nie)

Vroeer is daar ookal gese.....niks in die lewe is verniet nie, jagters het helse uitgawes en so ook die eienaars maar n feit bly staan.....Die man wat vasbeslote is sal n plan maak. Boer maak mos n plan.
Ek huil en kerm ook oor pryse maar dis niks lekkerder as om na die winter terug te sit en heerlik aan n stukkie biltong te knaag of om n wildspot te maak en terug te dink en die jagtog oor en oor te bespreek nie.
Lekker moan ons dan oor die boer se mal pryse maar volgende jaar skiet ons maar weer.

@ Johan...Jy sal nou maar n groter dieseltenkie en nog n 4x4 moet kry asook n groter wa vir die hout en jy sal dubbel bookings moet vat want van wat jy nou hier gese het gaan ons jou jou pla vir jagplek  ;D ;D ;D
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by Beretta »

Johan
Al wat ek kan se is elke sport het sy beserings o ja ons mense wat nie boer nie en wil jag en die boere wil ondersteun betaal nog meer vir hulle diesel.Ek is seker die Koperasie sn is goedkoper.Gat skuur in jou bakkie ek twyfel.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by Marc »

Dags?,

Daars 'n plek vir almal, eienaars moenie jagtes probeer melk nie en jagtes kan ook nie verwag dat eienaars verliese moet maak nie.

Ek jag veel eerder in 'n meer selfstandige kamp, sal nie glo maar daar is nog plekke waar die donkie warm water maak, lanterns en hout lig gee en gas vir die vrieskas. Hulle is bitter skaars en mens bewaar hulle maar soos jou bank kaart se pin nommer want dis kleiner stukkies grond en die drakrag is maar min, maar die ondervinding is oorspronklik en nie aangeplak. Ek dink as meer boere besef dat die groter deel van inkomste uit jag deur biltong jagters gebied kan word dinge dalk sal normaliseer. Amerika en Europa is besig om stadig maar seker terug te kom aarde toe en Olie lande gaan vooruit, dit gaan nie 100 jaar wees dan gaan die sakke vol geld oorsee opdroog, wonder wat gaan dan gebeur want die arabier is nie so erg oor jag nie?

Hou dit simpel vir ons "local" ouens en as jy drank en ander probleme van jou grond wil afhou maak plek vir die jagter wat na homself kan kyk en nie die skieter wat wil rongedra word nie. Ek is seker die hoeveelheid bokke wat ek by jou gaan skiet gaan baie meer werd wees as sy drank rekening se inkomste, as die dagfooi my nou net nie verhinder het om daar lanks te kom nie. Jy hoef regtig ook nie spesiaal vir my 'n luukse, PEPER DUUR, hut op te sit nie. Ek is 'n Afrika mens nes jy, dis hoekom jy op die plaas is en nie in die sement oerwoud nie? Tensy daardie stuk grond vir jou absoluut net besigheid beteken en jy regtig geen voeling het met moeder aarde nie.

Ek jag biltong bokke, maar daar is al 'n paar trofee teen my muur. Ek het geen probleem om ekstra te betaal vir daardie eenkeer in 'n leefyd bul nie, ek het op plase grootgeword as kind en verstaan dat geld nie aan bome groei, al probeer jy hoe hard. Die boer moet ook oorleef, maar hy hoef darem seker nie na my besoek af te tre? nie? Onthou tog net dat ek ook 'n vrou en kinders het wat moet oorleef, nes jy.

Ek trap niemand se tone nie, dis maar my mening. Ek spandeer der-duisende rande aan jag elke jaar, meer as aan my kar of huis, sonder om grootbek te wees. Mens lewe net eenkeer en ek bel? in wat my laat voel ek is lewendig, jag doen dit tot deur die murg en ek's verslaaf daaraan. As jy my geld wil h? wees billik, sonder om jou eie keel af te sny want ek sal graag weer wil terug kom na waar ek kon voel ek lewe en nie na waar daar nou sinkhuisies groei, want die boer moes handoek ingooi.

As daar van daardie BAIE rare eienaars op hierdie forum is wil ek BAIE BAIE dankie s? aan julle dat ons nog by julle mag kom jag, "genuine jag", nie popekas nie.

Groetnis,
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Zack Benade

Re: Verblyf/ Dagfooie

Post by Zack Benade »

Johan

Ek het jou nie aangeval nie soos jy in jou brief nie.  Ek het by die onderwerp probeer hou.  RE VERBLYF EN DAGVOOIE
Jammer as ek op jou tone trap maar die lyk uit jou antwoord of die skoen jou pas.
Ek ry 'n 'n Jeep nie, ek glo daar is beter voertuie.  Ek gaan ook nie met my nuwe R400+ voertuig veld toe nie want ek jag nie vanaf 'n bakkie nie.   

Ek bly ook op 'n plaas en weet wat aangaan.  Kom kuier dan wys ek jou hoe om hout binne 'n uur bymekaar te maak.  Dan kan jy vuurmaak en soveel hout gebruik as wat jy wil.  Die vleis, ys  en drank is op my.

( Stuur asb. vir my 'n pryslys van jou wild en dagtariewe)

Groete
Zack

Groete
Zack
Post Reply