Het die jagter se gemaklikheid so groot geword dat hy die goed wil he of word dit op hom af gedwing maw. ons het die fasiliteit so gebruik dit of kry ander jag plek. of verstaan ek dit verkeerd
Die plaas eienaar het tog groot uitleg om die geriewe daar te bou en moet sy geld terug kry maar is dit wat die jagter soek wil hy R1000.00 betaal om in die luukse te bly of sal hy eerder in tent of hut bly met long drop en water
Ek sien net al die extra biltong wat ek huis toe kan vat as ek R200.00 vir drie of vier nagte in my eie tent kan betaal
Maak die eienaar geld uit die duur oornag fasiliteite of nie soos ek se ek is al +-10 jaar uit die jag in SA vir my was dit altyd maar die waenhuis of tent partykeer moes ons nog eie water ook vat of was ek maar nog net altyd gelukig dat ander manne maar nog altyd duur betaal het vir verblyf
Neem nou jong ou wat begin jag. Op my eerste jag kon ek net een rooibok bekostig verblyf was verniet daar was net so klein 6x6m afdak om onder te slag en bokke te hang, mooi gelyk area om paar tente op te slaan, long drop en 210 L drom om water mee aan te ry ek het saam met 'n vriend en sy pa begin jag so ek was daar vir vier dae het my bok op eerste dag geskiet en verder maar net rond geloop. Hierdie jong ou wat nou begin jag kom ons se rooi bok is R1000.00 en hy kan net een bekostig boek saam met ander mense die jag en skiet op dag 1 sy bok maar daai bok kos hom nou R5000.00
Ek weet nie Ek slaap eerder in my bakkie buite die man se plaas en kom net elke oggend in om vir die dag te jag en vanaand slaap ek weer buite of is ek net ingat - suinig


