Fox-terrier was nog altyd my beste algemene en jag hond, goed op spoor vir n kwes bok, hy vind die kwesbok en hou dit besig tot jy by hom kom om te skiet, ook nie sleg met luiperd jag, rooikatte ens. Het n bietjie langer bene vir die lang gras.
Slimste was die Irish terrier, met n bietjie staffie (vir die hare en stamina), wat ek gehad, het uit die stad gekom. Hy ry net die 500m saam daarna harloop hy voor die bakkie uit. Die bakkie is te stadig vir hom. Vat goed spoor en jag slim. Luiperd se moses, het nooit n kap gekry van n luiperd, waar die ander gereeld gekry het. En sit sommer, as dit hoe lyk aan die luiperd se oor.
Ongelukkig het n slang hom gepik.
Het nou weer n foxie, die bakkie is sy bly plek, as hy beweeg is hy op.
