Regte jaghond?

JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Regte jaghond?

Post by JK »

As die gras lank is hop n jack Russel net en hy gaan nerens, maar nie n sleg keuse nie andersins. :laugh:

Fox-terrier was nog altyd my beste algemene en jag hond, goed op spoor vir n kwes bok, hy vind die kwesbok en hou dit besig tot jy by hom kom om te skiet,  ook nie sleg met luiperd jag, rooikatte ens. Het n bietjie langer bene vir die lang gras.

Slimste was die Irish terrier, met n bietjie staffie (vir die hare en stamina), wat ek gehad, het uit die stad gekom. Hy ry net die 500m saam daarna harloop hy voor die bakkie uit. Die bakkie is te stadig vir hom. Vat goed spoor en jag slim.  Luiperd se moses, het  nooit n kap gekry van n luiperd, waar die ander gereeld gekry het.  En sit sommer, as dit hoe lyk aan die luiperd se oor. 
Ongelukkig het n slang hom gepik. 
Het nou weer n foxie, die bakkie is sy bly plek, as hy beweeg is hy op.
Johan Kriel
Okahandja
Moeras

Re: Regte jaghond?

Post by Moeras »

Ek weet dis nie die regte plek nie - jammer...

Maar ek het 2 Rhodiesiese Rifrug Tefies beskikbaar om te verkoop. Hulle is nou so 10 weke oud.
Ek jag met hulle ouers op gereelde basis. Meestal om gekweste diere op te spoor.

Ek het ook Jack Russels/ Fox terriers en kan julle een ding vertel - 'n kombinasie van Rifrug en Jack russels of Fox terriers (nie 'n kriusing nie, maar 2 of meer sulke honde wat saamwerk) is die beste.
Die Rifrug staan vir niks terug nie, en is bitter vinnig op enige ding behalwe 'n slang, en soos vele manne hier tereg uitgewys het, is die 2 terriers ook baie geskik vir die tipe werk.
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Regte jaghond?

Post by visstok »

Ek wil net graag baie, baie dankie se aan Ian vir die inligting wat hy aan my gestuur het. Ek het besluit op n Labrador. Die forum is voorwaar n besonderse plek, min dat mens so baie mense op een plek saam kry wat so graag help en kennis deel. Baie dankie aan almal wat my gehelp het met raad!!! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
Rambo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 68
Joined: Wed Jul 20, 2011 12:38 pm

Re: Regte jaghond?

Post by Rambo »

Plesier man... Onthou net dit is jou hond!!! Niemand ander gaan die volgende 10 jaar soveel tyd saam met jou in die veld spandeer nie... Doen jou eie navorsing!

Groete

Ian
303 Lee Ennfield
270 BRNO De Lux
22 BRNO
12 BR BRNO
12 BR Miroku
Mathews Switchback
Visstokke
Hugo Vermaak
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Sun Jul 03, 2011 7:49 am

Re: Regte jaghond?

Post by Hugo Vermaak »

Ek is maar n rifrug man, baie goeie hond hoog op die voete en kan lekker hardloop.

Hugo Vermaak
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Regte jaghond?

Post by visstok »

Wie kan my bietjie meer vertel oor Australiese Beeshonde? Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
Rambo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 68
Joined: Wed Jul 20, 2011 12:38 pm

Re: Regte jaghond?

Post by Rambo »

Honde wat baie goed doen in disipliene met die regte opleiding...Hulle kort baie goeie disiplinie opleiding soos alle honde! (hulle gaan net oor 'n sagte trainer loop!) baie geskik vir "agility trials" ens... Baie energiek en kort baie oefening anders raak hulle baie verveeld en vewoestend! (Nie 'n probleem as jy op die plaas is nie!) Hulle was bedoel as 'n "herding dog"... Hulle is ie bekend vir hulle reuk sintuig nie... maar dan is die standaarde vir honde redelik hoog hierso en dit beteken nie dat dit swak is nie.
Last edited by Rambo on Wed Feb 08, 2012 1:03 pm, edited 1 time in total.
303 Lee Ennfield
270 BRNO De Lux
22 BRNO
12 BR BRNO
12 BR Miroku
Mathews Switchback
Visstokke
Post Reply