Middag Menere
Ek voel sommer klaar welkom!
Kallie - lekker om jou hier raak te loop

Ek neem aan jy het die foto's van die naweek se varkies gesien?
@ Geno en Jeagermeister - stadig met daai oom gedeelte...

@ Remington - janee, my 416 is my liefling - is juis besig met om vir haar 'n nuwe jassie te bewerkstellig. Die hout het so 3 weke terug gekom, en as alles volgens plan verloop sal die werk in alle erns vroeg volgende jaar begin.
En Boesman - jy vra nou groot vrae... Ek wil bittergraag vir my kinders 'n 7x57 koop. Ek dink dis 'n fantastiese kaliber, en beslis iets waarmee my dogters vir altyd sal kan jag / skiet. Probleem is net dat ek 2 dogters het... En 'n knapie wat nou wel net lekker loop, maar reeds nie sy hande van sy pa se roere kan afhou nie

Dan het ek ook so 'n stille behoefte om eendag 'n 300H&H te besit (naas die 416 Rigby seker vir my die mooiste patroon / rondte wat daar nog ooit gemaak is)
@30-06 - my groot jagpel - dankie man
