Dan stel ek myselwers voor

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
User avatar
Rigby
Full Member
Full Member
Posts: 164
Joined: Tue Dec 13, 2011 5:58 pm

Dan stel ek myselwers voor

Post by Rigby »

Goeiemiddag Menere (en die Asters wat ook saam gesels)

Ek verneem dit is niks minder as goeie etiket om myself voor te stel aan die Forum nie. Sal dit egter kort hou.

Ek is uit die aard van die saak effe versot op jag... Doen dit darem nou al vir so jaar of twee  ;D My blootstelling aan herlaai is reeds op hoerskool wakker gemaak en ek herlaai gevolglik nou al vir so stuk of 25 jaar lank. Selfs my dogters trap in hulle pa se voetspore en het reeds meer tyd in die bos en met gewere deurgebring as 99% van hul manlike ewekniee op skool. Ek glo dat ek soos die meeste van ons aan al wat 'n jag aktiwiteit is deelneem - van skietbane en verenigings tot subskripsies aan al wat 'n jagtydskrif en vakansies in die wildtuin insluit.

My jagbuddy het my aan julle voorgestel en ek sien uit om te hoor wat daar te vertelle is en om te leer van al die manne wat weet en die harde lesse wat al geleer is.

Wel te kenne
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Dan stel ek myselwers voor

Post by blaser »

welkom hou van jou versameling veral die boonste een
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Dan stel ek myselwers voor

Post by BRNO (Pierre) »

Baie welkom hier, en gesels lekker saam!
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Musgrave
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Tue Mar 01, 2011 12:28 pm

Re: Dan stel ek myselwers voor

Post by Musgrave »

Welkom, my vriend, bly jy het nou aangesluit.  ;D

Nou gaan ons EERS gesels!
.22 - Brno Mod 2
.25-06 - Ruger M77 MKII VT
.30-06 - Musgrave Mod 80
.303 - Lee Enfield No.4 MK II
.375 H&H - CZ 550
12 Br - Investarm Model 200LM O/U
12 Br - Browning BPS pompaksie
9mmP - Glock 17
.38 Spl - Ruger Police Service Six
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Dan stel ek myselwers voor

Post by Kallie404 »

Welkom mnr. Els !!! Dit raak lekker hier!!
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Dan stel ek myselwers voor

Post by theedge »

Hi aangenaam om kenis te maak en baie welkom. 
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Dan stel ek myselwers voor

Post by spekieries »

Hallo Christo, bly jy gesels ook saam.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Dan stel ek myselwers voor

Post by Flip Nel »

welkom jy gaan dit hier geniet
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Dan stel ek myselwers voor

Post by BLOK »

Welkom en geniet hom
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Dan stel ek myselwers voor

Post by Geno »

Welkom Oom Christo,

Geniet dit hierso. Ek sien uit om van oom se ondervidinge te hoor.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Jeagermeister
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Wed Jul 14, 2010 5:14 pm

Re: Dan stel ek myselwers voor

Post by Jeagermeister »

Geno wrote: Welkom Oom Christo,

Geniet dit hierso. Ek sien uit om van oom se ondervidinge te hoor.

Groete,
Eugene
Welkom Rigby..

Mooi arsenaal daar op die lys.. klink my ons het sommer klomp om by oom ook te leer...

Geno, jy byt seker daai onderlip om nie vir 'n foto van die oom se dogters te vra nie?

Ooploop manne!!

Jeagermeister
.22 Slazenger
.22 BRNO Deluxe
243 HOWA Varmint (Die "Hulk" herdoop nou na  "Shrek")
6.5x57 Sauer 200 LH
30-06 Sauer 200 LH
300WM Ruger M77 LH
R1
LM4
SKS
en dan nog die vuisgewere....
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Dan stel ek myselwers voor

Post by Geno »

Jeagermeister wrote: Geno, jy byt seker daai onderlip om nie vir 'n foto van die oom se dogters te vra nie?
Ek wil bitter graag vra, maar ek sien die Oom het groot gunne!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: Dan stel ek myselwers voor

Post by Boesman »

Welkom Rigby

Hoop jy geniet dit saam met ons.

Watter geweer/kaliber is volgende op jou lys?
User avatar
Rigby
Full Member
Full Member
Posts: 164
Joined: Tue Dec 13, 2011 5:58 pm

Re: Dan stel ek myselwers voor

Post by Rigby »

Middag Menere

Ek voel sommer klaar welkom!
Kallie - lekker om jou hier raak te loop ;D Ek neem aan jy het die foto's van die naweek se varkies gesien?
@ Geno en Jeagermeister - stadig met daai oom gedeelte...  :D
@ Remington - janee, my 416 is my liefling - is juis besig met om vir haar 'n nuwe jassie te bewerkstellig. Die hout het so 3 weke terug gekom, en as alles volgens plan verloop sal die werk in alle erns vroeg volgende jaar begin.
En Boesman - jy vra nou groot vrae... Ek wil bittergraag vir my kinders 'n 7x57 koop. Ek dink dis 'n fantastiese kaliber, en beslis iets waarmee my dogters vir altyd sal kan jag / skiet. Probleem is net dat ek 2 dogters het... En 'n knapie wat nou wel net lekker loop, maar reeds nie sy hande van sy pa se roere kan afhou nie  ;D Dan het ek ook so 'n stille behoefte om eendag 'n 300H&H te besit (naas die 416 Rigby seker vir my die mooiste patroon / rondte wat daar nog ooit gemaak is)
@30-06 - my groot jagpel - dankie man  :)
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: Dan stel ek myselwers voor

Post by Nuweseun »

Welkom Rigby, dood seker jy gaan dit baie geniet hier!

Asb moenie so praat van daai 300 nie, nou het Blok 'n maatjie en gaan ons nooit die einde daarvan hoor nie... ;D ;D

Geniet dit en baie welkom.
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Dan stel ek myselwers voor

Post by JPS »

Baie Welkom Rigby. Glo oom sal lekker saam gesels.
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Dan stel ek myselwers voor

Post by Rasmus »

Baie welkom! Hoog tyd geniet die geweer en jag praatjies in onse mooi taal! ;D
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Dan stel ek myselwers voor

Post by Dawid »

Rigby........Jy se jy jag nou maar n jaar of twee... ??? Met al daai wapens.. :o :o Kiss my ass.. :laugh: :laugh: :laugh:

Baie welkom hier en ek glo baie van ons gaan sommer heelwat van jou kant af leer ook.

Geniet hom
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Dan stel ek myselwers voor

Post by Pvdw »

Baie welkom, ek sien jy het sommer ou vrinne hier en somme klaar nuwes by gekry.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Dan stel ek myselwers voor

Post by 243Songdaug »

Welkom Rigby.  Ek smaak jou styl - sien sommer jy gaan dit hier geniet.
Dont tell me, show me......
Post Reply