Beretta Haelgeweer.

Post Reply
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Beretta Haelgeweer.

Post by Kallie404 »

Hello Manne
Ek het n paar maande terug n pragtige Beretta over/ under (S58s) gekoop uit n boedel.Die geweer het al gewerk maar is nog baie mooi en ek het die eienaar goed geken,so daar is ook sentiment betrokke.Dit is n Beretta wat Musgrave gebou het vir een of ander rede.Hulle het blykbaar die komponente ingevoer en plaaslik aanmekaar gesit,iets te doen met lank terug se boikotte teen SA.Nou die vraag,weet iemand dalk waar ek hierdie haelgeweer n ordentlike diens/restourasie kan laat ondergaan?

Ek het al gehoor van ,ek dink,dit is Valley Trading wat spesialiseer in haelgewere? Uit die aard vd saak moet dit verkieslik in Gauteng wees omdat ek aan die gat-kant van Limpopo bly!

Groete
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Beretta Haelgeweer.

Post by Beretta »

Kallie404
Wat wil jy laat doen dit is belangrik as ek jy is "soek "maar nog
Beretta
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Beretta Haelgeweer.

Post by blaser »

Valley trading nooit nooit nooit
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Beretta Haelgeweer.

Post by Kallie404 »

Dankie so ver,hierdie forum is wragtag goud werd!! Beretta ek wil hom net deeglik laat deur kyk,of alles nog 100% is,dalk jeuk my gat net.....?
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
ablm468

Re: Beretta Haelgeweer.

Post by ablm468 »

Gaan praat met die manne by Arms in Waterkloof, daai ane het al 'n paar van my gewere reggeruk, hulle doen alles vn gunblue, guncoat, kolwe restoureer ens ens, kan hulle sterk aanbeveel, ek het ook esoek na geweersmid en emand op di forum het my na hulle verwys.

Praat met Chad +27 12 347-1917/18

Hier is web adres:http://www.armsonline.co.za/
Last edited by ablm468 on Sat Dec 10, 2011 4:57 pm, edited 1 time in total.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Beretta Haelgeweer.

Post by Beretta »

Kallie404
Moontlik. ;D As jou aksie mooi skoon en vas is en die loop skoon dan kan daar nie veel meer gedoen word nie.
Beretta
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Beretta Haelgeweer.

Post by Beretta »

Kallie404
n Haelgeweer het nie baie maintenance nodig nie sorg net as jy skiet dat daar geen olie in die lope is nie anders gaan jy huil.Goue reel van die soort skiet is hou jou kop af en volg deur.Sien die tieken skiet die teiken.
Beretta
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Beretta Haelgeweer.

Post by Kallie404 »

Dankie vir die raad Beretta,en dankie Hansman ek sal Arms n luitjie gee.
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Beretta Haelgeweer.

Post by James Wilson »

ek het self n Musgrave Beretta healgeweer. die storie agter die Musgrave op die loop het meer te doen met belasting as so seer die wapen boikotte van destyds.  Musgrave het die lope en die geweerkompenente apart ingevoer. dan het Musgrave wat toe die amptelike agente van Beretta in RSA was, die geweer aanmekaar gesit. dit het dan n advelorum belasting vergunning aan Musgrave vanaf die regering gehad. 

die kwaliteit van die spesifieke wapens is legendaries. die verhouding tussen die 2 mpye het egter skeef geloop nadat Beretta vir Musgrave hof toe gevat of probeer het, agv die Z88 pistool.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Beretta Haelgeweer.

Post by blaser »

KALLIE
ARMS stuur al hulle haelgewere juan brogiolo haelgeweer smit in jhb vir regmaak en verdubbel net die prys as jy  gaan afhaal
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Beretta Haelgeweer.

Post by Frikkie Coetzee »

Jagbehep

Dankie vir die inligting. EK het self n A 301 wat die Musgrave naam op het.

EK dink dat Berreta dalk eerder vir Denel gedagvaar het oor die Z88. Musgrave sover ek weet het niks daarmee te doen gehad nie maar is deel van die Denel Groep en is dus by implikasie saamgesleep.

Frikkie
Cradock
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Beretta Haelgeweer.

Post by Francois Marais »

Frikkie
EK dink dat Berreta dalk eerder vir Denel gedagvaar het oor die Z88. Musgrave sover ek weet het niks daarmee te doen gehad nie maar is deel van die Denel Groep en is dus by implikasie saamgesleep
;) ;)

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Post Reply