Verval datum op Kruit

Post Reply
Zack Benade

Verval datum op Kruit

Post by Zack Benade »

Hallo Almal

Ek het al baie gewonder of kruit se eienskappe verander met tyd.
Elke blik kruit het 'n vervaldatum onder op die blik.

My vraag is:
Hoe lank kan 'n blik kruit hou as dit goed verseel is?  Baie ammunisie is baie jare oud en skiet nog 100%.  Is dit nog veilig om te laai?

Wat dink julle?

Ek weet dat kruit nie lank moet hou nie want ons koop dit om te skiet en nie te verouder soos rooi wyn nie. ;) ;)

Groete
Zack
Fanie

Re: Verval datum op Kruit

Post by Fanie »

Ek is seker as die blik baie goed verseel was en die kryt het nie vog getrek nie behoort dit reg te werk.

Sover ek weet is daar 'n brand tempo toets wat gedoen word om te bepaal of die ontbranding reg verwag kan word.  Die kryt moet maw teen 'n sekere tyd 'n sekere lengte kan brand om aanvaarbaar te wees.

Miskien sal die vervaardiger gaaf genoeg wees om meer inligting te verskaf, ek dink dit sal interressant wees om te weet.
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 927
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: Verval datum op Kruit

Post by Philip J »

Hallo almal.
Ek grawe nou dié uit die argiewe op in die hoop op n breedvoeriger antwoord. n Maat van my wil herlaai vir sy 223. Nou die laaste maal wat iemand vir die geweer herlaai het, was toe sy Pa nog geleef het. Hy het 2 blikke S321. Een uit lot 92 en die ander uit lot 130. Ek sien Somchem se kruit argief gee net aan tot by lot 222 van 2003. Nou wonder ek maar net, of dit veilig is om nog sulke ou kruit te laai. As ek na die lotnommers kyk, is daai blikke definitief ouer as 20 jaar.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groetnis
Philip
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Verval datum op Kruit

Post by Supacow »

Ek skiet met 1978 se ms200 en mp200 en die s/l faktore is spot on
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 456
Joined: Mon Jul 04, 2011 3:13 pm

Re: Verval datum op Kruit

Post by 3006 »

Ek het op n stadium gehoor dat as die kruit nie "suur" ruik nie dit nog gebruik kan word?
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1519
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Verval datum op Kruit

Post by swc-tr »

Almal wat kruit het waarvan die vervaldatum verstryk het, baie belangrik, stuur dit onverwyld vir my, ek kan dit gratis vir jou vernietig. 8)
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 927
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: Verval datum op Kruit

Post by Philip J »

swc-tr wrote:Almal wat kruit het waarvan die vervaldatum verstryk het, baie belangrik, stuur dit onverwyld vir my, ek kan dit gratis vir jou vernietig. 8)
Wahahahaha! ;D
Groetnis
Philip
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 927
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: Verval datum op Kruit

Post by Philip J »

Dankie manne. Smaak my hy gaan darem nie homself opblaas nie.
Groetnis
Philip
Tienie
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Fri Oct 31, 2014 10:52 am

Re: Verval datum op Kruit

Post by Tienie »

As n man blikke kruit het wat verval moet hy sy roere verkoop"want dan is daai roere entlik net stof opgaarders"
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Verval datum op Kruit

Post by tripodmvr »

Ek gebruik S321 Lot 75 in my 223 en dit werk 100%. Het blik uit 'n boedel gekry. Die manne het toentertyd nog overdentlike skietgoed gemaak.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Verval datum op Kruit

Post by Hein M. »

Tienie wrote:As n man blikke kruit het wat verval moet hy sy roere verkoop"want dan is daai roere entlik net stof opgaarders"
Vertel daar hoe gaan ek 5 blikke MS200 vinnig opgeskiet kry met die 9mm? :laugh:
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1519
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Verval datum op Kruit

Post by swc-tr »

Hein M. wrote:
Tienie wrote:As n man blikke kruit het wat verval moet hy sy roere verkoop"want dan is daai roere entlik net stof opgaarders"
Vertel daar hoe gaan ek 5 blikke MS200 vinnig opgeskiet kry met die 9mm? :laugh:
As jy eerder op die skietbaan is, as om hier te tik....... :laugh:
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Verval datum op Kruit

Post by Hein M. »

swc-tr wrote:
Hein M. wrote:
Tienie wrote:As n man blikke kruit het wat verval moet hy sy roere verkoop"want dan is daai roere entlik net stof opgaarders"
Vertel daar hoe gaan ek 5 blikke MS200 vinnig opgeskiet kry met die 9mm? :laugh:
As jy eerder op die skietbaan is, as om hier te tik....... :laugh:
Wens ek was eerder daar. Boonop 48km van 'n baan af ::)
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Verval datum op Kruit

Post by Alwin »

Hein M. wrote:
Tienie wrote:As n man blikke kruit het wat verval moet hy sy roere verkoop"want dan is daai roere entlik net stof opgaarders"
Vertel daar hoe gaan ek 5 blikke MS200 vinnig opgeskiet kry met die 9mm? :laugh:
Moenie! SWC-TR se raad hier bo is goed.

Ek self is ook gekwalifiseerd om ou kruit te vernietig. Ek is bereid om dit gratis vir enige Jaracal-lid te doen. Stuur net die blikke kruit aan. PM my vir reëlings. ;)

As die kruit naaks ruik of verkleur het, het dit begin degenereer. Dan is dit goeie kunsmis vir jou grasperk. Anders is dit bruikbaar. Die ouer lotte S321 is veilig om met vandag se data te gebruik. Wees altyd versigtig en volg veilige herlaai prosedure.
Last edited by Alwin on Mon Mar 13, 2017 9:22 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Johan7
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm

Re: Verval datum op Kruit

Post by Johan7 »

Alwin wrote: Ek self is ook gekwalifiseerd om ou kruit te vernietig. Ek is bereid om dit gratis vir enige Jaracal-lid te doen. Stuur net die blikke kruit aan. PM my vir reëlings. ;)

As die kruit naaks ruik of verkleur het, het dit begin degenereer. Dan is dit goeie kunsmis vir jou grasperk. Anders is dit bruikbaar.
In daai geval is ek ook ge-qualify! Grasperk toe met die goed! Uitstekend vir jou grasperk!
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
User avatar
Tikka_25-06
Full Member
Full Member
Posts: 210
Joined: Sat Apr 25, 2015 3:12 pm

Re: Verval datum op Kruit

Post by Tikka_25-06 »

Supacow wrote:Ek skiet met 1978 se ms200 en mp200 en die s/l faktore is spot on
Ek hoop dit is daai wat ek vir jou gegee het.Image
Dit sal my baie bly maak.

Sent from my EVA-L19 using Tapatalk
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Verval datum op Kruit

Post by Supacow »

Nee hulle is nog in PE by my vrind. My huidiges kom van n oom wie se kleinseun nie n skietpiet is. Sal jou op hoogte hou van joune se s/l faktore ;)
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Verval datum op Kruit

Post by Supacow »

Dis nog die vierkant Musgrave blik
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Post Reply