Nag oes - Springbokke
-
Korrel
- Jr. Member

- Posts: 95
- Joined: Sun Jan 17, 2010 4:35 pm
Nag oes - Springbokke
Naand manne
Net vir die interessantheid,hoeveel skote skiet n skut per nag.Ek weet daars baie faktore wat dit beinvloed maar se dat die kwota,terrein ens saamwerk.
Groete
C

- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Nag oes - Springbokke
Korrel
Tussen 10 en 220................
My 2c..
Mooi loop
Francois
Tussen 10 en 220................
My 2c..
Mooi loop
Francois
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Nag oes - Springbokke
Francois
220 skote = hoeveel bokke?
Louis
220 skote = hoeveel bokke?
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- frinam
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am
Re: Nag oes - Springbokke
More Louis/ Francois,
Tydens die laat 70's/ vroeg 80's het ek in die 3 jaar wat ek ge-oes het, meer as 10 000 Springbokke geskiet. Getal skote per bok was 2.7, ons moes noukeurige statistieke vir die destydse Dept van Natuurbewaring byhou. Hoop die inset is iets werd. Lekker week. Frinam

Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Nag oes - Springbokke
Louis
My beste is 117, en my gemiddeld op n GOEIE aand is so 1.6-1.8 skote per bok, inni nag, in die dag gaan my gemiddeld op na 2.8-3 skote per bok.
Die 10 skote wavan ek praat is as ons grootwild skiet, Gemsbokke, Kudus, Hartbeeste, Blou/Swart wildebeeste, dan skiet n man ma min, en wa ons hulle jag, as jy 15 per nag skiet, het jy goed gedoen.
My gemiddeld op hulle is dam ampe 1 skoot per bok, en het ek nog op boek wa ek in 1994 73 grootwild geskiet het, met 75 skote. Dit was die jaar se statestiek, en was ons oesspan nognie ingestel op grootwild, en was dit n lekker verandering van Springbokskiet.
Frikkie
Ek skiet van 1980 af, my pa het in 1978 beginne, en het ek natuurlik al wat n vakansie is saam geskiet, in n midere of meerdere mate elke jaar tot vandag toe, ek kan dit nie op papier wys nie, ma reken ek het so 45000 Springbokke geskiet tot op hede, grootwild gaan seker al so na 2500 se kant toe.

Dankie vir terugvoer Francois, met sulke getalle afgehaal en so 'n gemiddelde ammo verbruik moes jou naam eintlik Nimrod gewees het
. Dit lyk of ons manne met Maxims geskiet het!!!! Groete. (PS. Stoele is klaar, JH wag vir geleentheid Upington toe van Victoria Wes af. Sal laat weet.)
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
-
Korrel
- Jr. Member

- Posts: 95
- Joined: Sun Jan 17, 2010 4:35 pm
Re: Nag oes - Springbokke
Baie dankie vir julle replies.
Ek het geweet julle manne maak groot vuur,maar nie gedink so groot nie.Somchem sal sy kryt in voersakke moet verkoop.Bly ek hoefie daai klomp ammo te laai nie,sal natuurlik nie omgee om hulle uit te skiet nie.

- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Nag oes - Springbokke
Korrel.
Daar is seker die uitsondering, maar waar daar trek bokke en kamp bokke se gemiddelde's gevat word, wil ek sover gaan om te se op springbokke sal jy ma jou gat moet roer as jy getalle wil skiet en vir iemand wil vertel jy gebruik gemiddeld minder as 2,5 skote per bok. Ek het al op n aand op 4.5 skote per bok gestaan en op n skiet al op 40 springbokke met 42 skote gestaan...(dit was mak kamp bokke maar absoluut die uitsondering)
As jy wil sports sien doen daai volstruis ding met koel gewere en laat hulle bietjie aan die draf raak... dan kan hulle jou average mooi deurmekaar laat loop... Maar as jy oes word die koele per bok nie getel nie, (jy tel nie doppies nie) , jy skiet bokke... en jy tel hoeveel mklim in die koeltrok...
Die rdoppies is net vir statistiek en om jouself te troos..(of skaam te maak)
groetnis
mooi loop
jb

Shoot straight and tell the truth!
-
Korrel
- Jr. Member

- Posts: 95
- Joined: Sun Jan 17, 2010 4:35 pm
Re: Nag oes - Springbokke
Hallo JB
Nee is seker so,salie weet nie.Ek het te min ondervinding.As ek reg onthou (groot manne moet maar help) moes jy vroeer 20 bokke met 22 petrone skiet voor Natuurbew. jou toelating tot n span gegee het.Miskien praat ek nou nonsins maar voel al vir my daar was so iets.
Groete
C
Nee is seker so,salie weet nie.Ek het te min ondervinding.As ek reg onthou (groot manne moet maar help) moes jy vroeer 20 bokke met 22 petrone skiet voor Natuurbew. jou toelating tot n span gegee het.Miskien praat ek nou nonsins maar voel al vir my daar was so iets.
Groete
C
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Nag oes - Springbokke
Korrel
Jy is reg, weet nie van da by julle nie, ma hier by ons is my seun laat in laasjaar nog op daardie meriete getoets.
Mooi loop
Francois
Jy is reg, weet nie van da by julle nie, ma hier by ons is my seun laat in laasjaar nog op daardie meriete getoets.
Mooi loop
Francois
-
Korrel
- Jr. Member

- Posts: 95
- Joined: Sun Jan 17, 2010 4:35 pm
Re: Nag oes - Springbokke
Hallo FM
Wetie hoe hy hier is nie,praat ook maar nog van my Suidwes dae. Eenkeer n Suidwester,altyd n Suidwester! As ek mag vra,het jy toe getol,seker julle Marais kan mos?!
Groete
C
Wetie hoe hy hier is nie,praat ook maar nog van my Suidwes dae. Eenkeer n Suidwester,altyd n Suidwester! As ek mag vra,het jy toe getol,seker julle Marais kan mos?!
Groete
C
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Nag oes - Springbokke
Korrel
Ja, hy het getol, soos die namas se. Ek was nie by nie, ma het hom die cruiser gegee vir die naweek se jag. Maar net gehoor daar was nie probleme nie.
Stuur my n PM, wil dam graag weet met wie ek praat.
Mooi loop
Francois
Ja, hy het getol, soos die namas se. Ek was nie by nie, ma het hom die cruiser gegee vir die naweek se jag. Maar net gehoor daar was nie probleme nie.
Stuur my n PM, wil dam graag weet met wie ek praat.
Mooi loop
Francois
-
Korrel
- Jr. Member

- Posts: 95
- Joined: Sun Jan 17, 2010 4:35 pm
Re: Nag oes - Springbokke
Hallo FM
Het jou n PM gestuur
Groete
C
Het jou n PM gestuur
Groete
C