Page 1 of 2
Jozini Dam
Posted: Mon Mar 12, 2012 9:44 pm
by Cor
Hi manne
het enige iemand in die laaste paar weke dalk Jozini gehengel. Ek sal enige terugvoer baie waardeer
Re: Jozini Dam
Posted: Tue Mar 13, 2012 12:52 am
by Geno
Cor,
Ek het verlede week by Jozini verbygery, die dam se vlak is steeds onder die pomphuis se muur.(Baie vlak).
Die lekker hengeltyd daarso is NOU!!! Teiken die westelike grasbanke met Effzett lepels, sardien, hoender harte/lewer, en lewendige aas. So sal jy sommer hope tiervis vang!
Die rivier loop steeds, so ek reken die vuil streep sal redelik diep in die dam in loop. Jy kan al langs die vuil streep ook hengel, veral in die baai waar die rivier in die dam in mond.
Ek sal slegs die gorge hengel as die wind sleg is in die hoof-dam.
Lekker vang, en kom vertel hoe dit gegaan het!
Groete,
Eugene
Re: Jozini Dam
Posted: Tue Mar 13, 2012 9:20 pm
by Cor
Dankie Geno
Ja ons n spannetjie wat al vir die laaste 5- 6 jaar of die dae voor of die dae na 21ste maart Jozini hengel
Bly altyd by Inyati Lodge by die trein brug dan werk ons die rivier gedeelte verby KZN tot oorkant teen die berg en ja ons geniet dit elke jaar. Die lodge het vandag vir my laat weet hulle het die sikloon vry gespring en dat die rivier vuil is tot by KZN
Ons bote is goed toegerus maw ons kan ver gaan as ons moet en met n paar dae tot ons beskiking sal ons sekerlik die wes oewer ook weer aanval
Dankie vir jou terugvoer
Groete
Re: Jozini Dam
Posted: Sun Apr 01, 2012 8:32 pm
by engels
Ek gaan Donderdag soontoe vir die eerste keer. Watter kleur moet die lepels wees. Sit jy die hoenerlewers ens. uit op drift?Kan jy van die kant ook tiervis vang?
Re: Jozini Dam
Posted: Mon Apr 02, 2012 9:35 pm
by Piet Breedt
Engels, ek vang by v?rre die meeste tiervis by Jozini op Sardien aas en as jy kan kry, lewendige kurpertjies. Die sardien aas moet dun wees met n baie sterk, skerp hoek, en so 6" staaldraad (piano wire). Ek sit n klein gly sinkertjie aan op die sardien aas en vang hulle meeste op die bodem op tussen 6 - 8 meter water.
Tiger Wakka spinners in rooi en oranje werk goed as jy met kunsaas wil vang, sowel as Meps no 4 en 5 spinners. Maar bogenoemde aas werk definitief beter by Jozini.
Re: Jozini Dam
Posted: Wed May 02, 2012 3:52 pm
by Cor
jammer dit so lank gevat om weer van my te laat hoor maar ons moet ook werk so nou en dan
ons het n baie lekker paar dae gehad en die vis het goed gebyt die beste vis was 3kg maar daar was altyd aksie - die sardien en lewer het maar weer die beste gewerk .
die dam se water vlak is skrik wekkend laag en ek weet nie wat gaan gebeur en hoe dit gaan lyk na die winter - die rivier gedeelte is so laag dat jy glad nie meer daar kan hengel nie en hulle praat van nog water uitlaat
Dit bly lekker en ons het klaar weer ge - book vir volgende jaar
Re: Jozini Dam
Posted: Wed May 02, 2012 9:52 pm
by Piet Breedt
My broer was ook die langnaweek daar en hulle het ook mooi vis gekry, die grootste een 4.2kg, ook op sardien.
Re: Jozini Dam
Posted: Thu Jun 07, 2012 7:20 am
by marno
Kan julle bietjie se hoe "rig" mens die sardines?
Ek is 'n kuns aas hengelaar en het noggie sardines probeer by Jozini nie.
Baie dankie
Marno
Re: Jozini Dam
Posted: Thu Jun 07, 2012 7:28 am
by Geno
Marno,
'n 4/0 bass-hoek aan 'n 15 - 20cm piano wire sonder swivel tussen lyn en trace.
Ek gebruik dan die belly-shine van 'n sardien, en bind hom met latex aan die hoek.
Wat ook lekker werk is as jy 'n repie hoenderlewer saam bind om bloederigheid af te gee.
Groete,
Eugene
ns. Vat my saam, ek sal jou Gillie wees!

Re: Jozini Dam
Posted: Thu Jun 07, 2012 7:31 am
by marno
Thanks Geens, en se my drift jy dan net die sardine of gebruik jy gly sinker of iets om hom op die bodem te hou?
Ek is regtig dom met die klas van ding. Ken net kunsaas.
Re: Jozini Dam
Posted: Thu Jun 07, 2012 7:37 am
by Geno
Ek drift hom dan net. Hy sink baie stadig, en dit lyk my help om die byte te kry.
Oom Piet Breedt het eendag genoem dat hy 'n glysinker gebruik. Ek glo dit sal baie help as die vis diep l
Re: Jozini Dam
Posted: Thu Jun 07, 2012 7:38 am
by marno
Right baie dankie man!!
Ek waardeer. Sal bietjie die meer morsige manier try die jaar. LOL
Re: Jozini Dam
Posted: Thu Jun 07, 2012 5:09 pm
by Piet Breedt
Ek gebruik "Baitrunner" koffie meul katrolle sodat hy niks voel as hy hom slaan. Ek sit een stok op drift en een met n klein glysinker om op die bodem te hengel. Die een onder kry die meeste strikes. Hengel in 6 - 8m water op die manier.
Re: Jozini Dam
Posted: Tue Jun 26, 2012 11:10 pm
by Fanie
Daai sardiene is baie lekkerder op roosterbrood...
Ek vang net kunsaas, en daar is maar 'n paar dingetjies wat die verskil maak.
Aksie kleur en reuk. Reuk speel nie veel rol by kunsaas nie, ek los dit vir die pap swaaiers.
Aksie maak tiervis baie opgewonde, 'n vinnig bewende vissie wat verskrik probeer wegkom sal waarskynlik uit reflex gegryp word sonder dat die tiervis werklik eers honger is.
Kleur is baie belangrik. Tiervis se amptelike kleur is helder oranje soos die Chevy V8 se oranje. As jy dit nog in glans kry soveel te beter. Silwer is ook goed as dit blink, maar die heel beste wat ek nog probeer het is as jy van die halografiese papier kan kry wat plak en dit op omtrent enige kunsaas plak. Die son maak sommer sulke strale en die kleure verander - ek weet nie of enige iets beter werk nie. Het dieselfde resultate met lepels in die see gekry daarmee.
Re: Jozini Dam
Posted: Wed Nov 13, 2013 11:50 am
by Rasmus
Dagsê Kerels
Was iemand onlangs weer op Jozini?
Ons is n paar pelle wat volgende week bietjie gaan. Sover ek kon vasstel is lewendige aas maar die ding op Jozini.
Sal verseker n paar sardiene ook saam vat? As jy nuwe raad het gooi asb op dit, is ons eerste trip van die aard en natuurlik kan ons nie meer wag nie.
Volgende Donderdag is nog VêR!!!!
Re: Jozini Dam
Posted: Wed Nov 13, 2013 11:53 am
by Katefbessie
Cor, hierdie raad wat ek nou gee moet jy nie dink is 'n grap nie! Die beste aas vir tiervis in Jozini is 'n lewendige Goudvis!!!
Re: Jozini Dam
Posted: Wed Nov 13, 2013 11:58 am
by Katefbessie
Katefbessie wrote:Cor, hierdie raad wat ek nou gee moet jy nie dink is 'n grap nie! Die beste aas vir tiervis in Jozini is 'n lewendige Goudvis!!!
Rasmus die skrywe was vir jou bedoel! kry 'n lekke paar stewige goudvissies by jou naaste petshop en sit hulle lewendig aan terwyl jy drift. indien jy 'n paa stokke gelyk uitsit kan jy die goudvissies se diepte beheer deur gebruik te maak van die "arm man se downrigger " - Jy wat doodgewone teardrop sinkers van verskillende gewigte (nie te groot nie) , vat dan 'n rekkie en maak hom aan die sinker vas... sit die sinker en rekkie dan aan jou lyn vas sowat 5 na 10 meter bokant jou aas.
O ja... Ons soek fotos!
Re: Jozini Dam
Posted: Wed Nov 13, 2013 12:00 pm
by Katefbessie
Katefbessie wrote:Katefbessie wrote:Cor, hierdie raad wat ek nou gee moet jy nie dink is 'n grap nie! Die beste aas vir tiervis in Jozini is 'n lewendige Goudvis!!!
Rasmus die skrywe was vir jou bedoel! kry 'n lekke paar stewige goudvissies by jou naaste petshop en sit hulle lewendig aan terwyl jy drift. indien jy 'n paa stokke gelyk uitsit kan jy die goudvissies se diepte beheer deur gebruik te maak van die "arm man se downrigger " - Jy wat doodgewone teardrop sinkers van verskillende gewigte (nie te groot nie) , vat dan 'n rekkie en maak hom aan die sinker vas... sit die sinker en rekkie dan aan jou lyn vas sowat 5 na 10 meter bokant jou aas.
O ja... Ons soek fotos!
So sal jy die hele water kolom dek met jou aas op verskillende dieptes, en pappa as daar 'n tier naby is sal hy daai goudvissie nie los nie.
Re: Jozini Dam
Posted: Wed Nov 13, 2013 2:24 pm
by Rasmus
Ek smile nou lekker vir die goudvissies... Kan nogals iets wees om te aanskou as ek met so emmer goudvissies opdaag!!
Wonder wat sal die man sê saam wie ons gaan vang.
Maar een ding lyk my is virseker live bait werk beter op Jozini as rapalas ens..
Re: Jozini Dam
Posted: Wed Nov 13, 2013 2:31 pm
by Katefbessie
Rasmus eks dood ernstig oor die Goudvisse!
Re: Jozini Dam
Posted: Wed Nov 13, 2013 2:37 pm
by VdWalt
Iemand het toe ons in Newcastle gebly het in een van daai plaas damme
'n monster bass op so goudvisse gevang. (Mens kan hom net een keer gebruik)
Re: Jozini Dam
Posted: Wed Nov 13, 2013 2:58 pm
by Frikkiedbr
http://jozinitigerfishing.org/Jozini-Ti ... niques.htm
Livebait
No fish can be brought into Jozini dam from any other river, dam, aquarium or fish farm. Fish brought in can introduce diseases into Jozini and threaten fish populations. Irresponsible fishermen who have no clue about this, bring in goldfish, koi and other livebait to Jozini Dam to catch Tiger fish. This is illegal.
Re: Jozini Dam
Posted: Wed Nov 13, 2013 3:06 pm
by Dawie Malan
Die beste goudvisse vir bass is fantails. Jy koop so 5 fantails vir die prys van een Rapala. en jou strikerate is 100%
Groete
Dawie
Re: Jozini Dam
Posted: Wed Nov 13, 2013 3:19 pm
by Smitstertjies
Ons het een jaar met goudvisse by Josini gevang. Ons het n kondoom opgeblaas, aan die lyn vasgemaak en op die water laat dryf . Ons het so 2m lead met staaltrace gebruik met die goudvis aan. Sodra daai tier gryp dan trek hy die kondoom onder die water in. Die kondoom bars dan en dan weet ons die vis is aan. lekker sports gewees

Re: Jozini Dam
Posted: Wed Nov 13, 2013 3:22 pm
by Frikkiedbr
Wow dit klink lekker, ek sal ook eendag daai bek vol tande wil gaan van, nog een op die bucket list