Jozini Dam

Any freshwater fishing stories here/ Enige varswater hengel stories hier.
Cor

Jozini Dam

Post by Cor »

Hi manne
het enige iemand in die laaste paar weke dalk Jozini gehengel. Ek sal enige terugvoer baie waardeer
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13659
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jozini Dam

Post by Geno »

Cor,
Ek het verlede week by Jozini verbygery, die dam se vlak is steeds onder die pomphuis se muur.(Baie vlak).
Die lekker hengeltyd daarso is NOU!!! Teiken die westelike grasbanke met Effzett lepels, sardien, hoender harte/lewer, en lewendige aas. So sal jy sommer hope tiervis vang!
Die rivier loop steeds, so ek reken die vuil streep sal redelik diep in die dam in loop. Jy kan al langs die vuil streep ook hengel, veral in die baai waar die rivier in die dam in mond.
Ek sal slegs die gorge hengel as die wind sleg is in die hoof-dam.

Lekker vang, en kom vertel hoe dit gegaan het!

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Cor

Re: Jozini Dam

Post by Cor »

Dankie Geno

Ja ons n spannetjie wat al vir die laaste 5- 6 jaar of die dae voor of die dae na 21ste maart Jozini hengel
Bly altyd by Inyati Lodge by die trein brug  dan werk ons die rivier gedeelte verby KZN tot oorkant teen die berg en ja ons geniet dit elke jaar. Die lodge het vandag vir my laat weet hulle het die sikloon vry gespring en dat die rivier vuil is tot by KZN
Ons bote is goed toegerus maw ons kan ver gaan as ons moet en met n paar dae tot ons beskiking sal ons sekerlik die wes oewer ook weer aanval
Dankie vir jou terugvoer
Groete
engels
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Mon May 31, 2010 6:14 pm

Re: Jozini Dam

Post by engels »

Ek gaan Donderdag soontoe vir die eerste keer. Watter kleur moet die lepels wees. Sit jy die hoenerlewers ens. uit op drift?Kan jy van die kant ook tiervis vang?
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Jozini Dam

Post by Piet Breedt »

Engels, ek vang by v?rre die meeste tiervis by Jozini op Sardien aas en as jy kan kry, lewendige kurpertjies. Die sardien aas moet dun wees met n baie sterk, skerp hoek, en so 6" staaldraad (piano wire). Ek sit n klein gly sinkertjie aan op die sardien aas en vang hulle meeste op die bodem op tussen 6 - 8 meter water.

Tiger Wakka spinners in rooi en oranje werk goed as jy met kunsaas wil vang, sowel as Meps no 4 en 5 spinners. Maar bogenoemde aas werk definitief beter by Jozini.
Cor

Re: Jozini Dam

Post by Cor »

jammer dit so lank gevat om weer van my te laat hoor maar ons moet ook werk so nou en dan
ons het n baie lekker paar dae gehad en die vis het goed gebyt die beste vis was 3kg maar daar was altyd aksie - die sardien en lewer het maar weer die beste gewerk .
die dam se water vlak is skrik wekkend laag en ek weet nie wat gaan gebeur en hoe dit gaan lyk na die winter - die rivier gedeelte is so laag dat jy glad nie meer daar kan hengel nie en hulle praat van nog water uitlaat
Dit bly lekker en ons het klaar weer ge - book vir volgende jaar
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Jozini Dam

Post by Piet Breedt »

My broer was ook die langnaweek daar en hulle het ook mooi vis gekry, die grootste een 4.2kg, ook op sardien.
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Jozini Dam

Post by marno »

Kan julle bietjie se hoe "rig" mens die sardines?

Ek is 'n kuns aas hengelaar en het noggie sardines probeer by Jozini nie.

Baie dankie

Marno
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13659
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jozini Dam

Post by Geno »

Marno,
'n 4/0 bass-hoek aan 'n 15 - 20cm piano wire sonder swivel tussen lyn en trace.
Ek gebruik dan die belly-shine van 'n sardien, en bind hom met latex aan die hoek.
Wat ook lekker werk is as jy 'n repie hoenderlewer saam bind om bloederigheid af te gee.

Groete,
Eugene

ns. Vat my saam, ek sal jou Gillie wees! ;D
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Jozini Dam

Post by marno »

Thanks Geens, en se my drift jy dan net die sardine of gebruik jy gly sinker of iets om hom op die bodem te hou?

Ek is regtig dom met die klas van ding.  Ken net kunsaas.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13659
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jozini Dam

Post by Geno »

Ek drift hom dan net. Hy sink baie stadig, en dit lyk my help om die byte te kry.
Oom Piet Breedt het eendag genoem dat hy 'n glysinker gebruik. Ek glo dit sal baie help as die vis diep l
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Jozini Dam

Post by marno »

Right baie dankie man!!

Ek waardeer.  Sal bietjie die meer morsige manier try die jaar. LOL
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Jozini Dam

Post by Piet Breedt »

Ek gebruik "Baitrunner" koffie meul katrolle sodat hy niks voel as hy hom slaan. Ek sit een stok op drift en een met n klein glysinker om op die bodem te hengel. Die een onder kry die meeste strikes. Hengel in 6 - 8m water op die manier.
Fanie

Re: Jozini Dam

Post by Fanie »

Daai sardiene is baie lekkerder op roosterbrood...

Ek vang net kunsaas, en daar is maar 'n paar dingetjies wat die verskil maak.

Aksie kleur en reuk.  Reuk speel nie veel rol by kunsaas nie, ek los dit vir die pap swaaiers.

Aksie maak tiervis baie opgewonde, 'n vinnig bewende vissie wat verskrik probeer wegkom sal waarskynlik uit reflex gegryp word sonder dat die tiervis werklik eers honger is.

Kleur is baie belangrik.  Tiervis se amptelike kleur is helder oranje soos die Chevy V8 se oranje.  As jy dit nog in glans kry soveel te beter.  Silwer is ook goed as dit blink, maar die heel beste wat ek nog probeer het is as jy van die halografiese papier kan kry wat plak en dit op omtrent enige kunsaas plak.  Die son maak sommer sulke strale en die kleure verander - ek weet nie of enige iets beter werk nie.  Het dieselfde resultate met lepels in die see gekry daarmee.
Last edited by Fanie on Tue Jun 26, 2012 11:10 pm, edited 1 time in total.
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Jozini Dam

Post by Rasmus »

Dagsê Kerels

Was iemand onlangs weer op Jozini?

Ons is n paar pelle wat volgende week bietjie gaan. Sover ek kon vasstel is lewendige aas maar die ding op Jozini.

Sal verseker n paar sardiene ook saam vat? As jy nuwe raad het gooi asb op dit, is ons eerste trip van die aard en natuurlik kan ons nie meer wag nie.

Volgende Donderdag is nog VêR!!!!
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: Jozini Dam

Post by Katefbessie »

Cor, hierdie raad wat ek nou gee moet jy nie dink is 'n grap nie! Die beste aas vir tiervis in Jozini is 'n lewendige Goudvis!!!
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: Jozini Dam

Post by Katefbessie »

Katefbessie wrote:Cor, hierdie raad wat ek nou gee moet jy nie dink is 'n grap nie! Die beste aas vir tiervis in Jozini is 'n lewendige Goudvis!!!
Rasmus die skrywe was vir jou bedoel! kry 'n lekke paar stewige goudvissies by jou naaste petshop en sit hulle lewendig aan terwyl jy drift. indien jy 'n paa stokke gelyk uitsit kan jy die goudvissies se diepte beheer deur gebruik te maak van die "arm man se downrigger " - Jy wat doodgewone teardrop sinkers van verskillende gewigte (nie te groot nie) , vat dan 'n rekkie en maak hom aan die sinker vas... sit die sinker en rekkie dan aan jou lyn vas sowat 5 na 10 meter bokant jou aas.
O ja... Ons soek fotos!
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: Jozini Dam

Post by Katefbessie »

Katefbessie wrote:
Katefbessie wrote:Cor, hierdie raad wat ek nou gee moet jy nie dink is 'n grap nie! Die beste aas vir tiervis in Jozini is 'n lewendige Goudvis!!!
Rasmus die skrywe was vir jou bedoel! kry 'n lekke paar stewige goudvissies by jou naaste petshop en sit hulle lewendig aan terwyl jy drift. indien jy 'n paa stokke gelyk uitsit kan jy die goudvissies se diepte beheer deur gebruik te maak van die "arm man se downrigger " - Jy wat doodgewone teardrop sinkers van verskillende gewigte (nie te groot nie) , vat dan 'n rekkie en maak hom aan die sinker vas... sit die sinker en rekkie dan aan jou lyn vas sowat 5 na 10 meter bokant jou aas.
O ja... Ons soek fotos!
So sal jy die hele water kolom dek met jou aas op verskillende dieptes, en pappa as daar 'n tier naby is sal hy daai goudvissie nie los nie.
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Jozini Dam

Post by Rasmus »

Ek smile nou lekker vir die goudvissies... Kan nogals iets wees om te aanskou as ek met so emmer goudvissies opdaag!!

Wonder wat sal die man sê saam wie ons gaan vang.

Maar een ding lyk my is virseker live bait werk beter op Jozini as rapalas ens..
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: Jozini Dam

Post by Katefbessie »

Rasmus eks dood ernstig oor die Goudvisse!
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Jozini Dam

Post by VdWalt »

Iemand het toe ons in Newcastle gebly het in een van daai plaas damme
'n monster bass op so goudvisse gevang. (Mens kan hom net een keer gebruik)
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Jozini Dam

Post by Frikkiedbr »

http://jozinitigerfishing.org/Jozini-Ti ... niques.htm

Livebait

No fish can be brought into Jozini dam from any other river, dam, aquarium or fish farm. Fish brought in can introduce diseases into Jozini and threaten fish populations. Irresponsible fishermen who have no clue about this, bring in goldfish, koi and other livebait to Jozini Dam to catch Tiger fish. This is illegal.
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 844
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Jozini Dam

Post by Dawie Malan »

Die beste goudvisse vir bass is fantails. Jy koop so 5 fantails vir die prys van een Rapala. en jou strikerate is 100%

Groete

Dawie
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Jozini Dam

Post by Smitstertjies »

Ons het een jaar met goudvisse by Josini gevang. Ons het n kondoom opgeblaas, aan die lyn vasgemaak en op die water laat dryf . Ons het so 2m lead met staaltrace gebruik met die goudvis aan. Sodra daai tier gryp dan trek hy die kondoom onder die water in. Die kondoom bars dan en dan weet ons die vis is aan. lekker sports gewees ;D
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Jozini Dam

Post by Frikkiedbr »

Wow dit klink lekker, ek sal ook eendag daai bek vol tande wil gaan van, nog een op die bucket list
Post Reply