Page 1 of 1
Bergskaap wat is 'n Goeie Prys
Posted: Thu Jul 02, 2026 8:17 am
by 6mmMusgrave
More Almal
Ek het 'n plek gekry in die Karoo waar 'n man 'n paar bergskape wil laat skiet hy het gese ek kan hulle half bemark. Maar ek het geen idee wat sal 'n goeie prys wees om te vra nie. Het iemand dalk 'n idee. Dit is regtig netjiese ramme van die fotos wat ek gesien het. So ek sal enige raad waardeur.
Groete
Jacques
Re: Bergskaap wat is 'n Goeie Prys
Posted: Thu Jul 02, 2026 8:41 am
by Eduard Venter
Geen idee wat die prys moet wees nie, maar gooi maar hier n advertensie wanneer jy weet. Ons hou mos van tjoppies!
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Re: Bergskaap wat is 'n Goeie Prys
Posted: Thu Jul 02, 2026 5:26 pm
by tripodmvr
Pryse vir oorsese jagters is in die orde van 3000 na 3300 dollar - so by die R50 000.
Re: Bergskaap wat is 'n Goeie Prys
Posted: Fri Jul 03, 2026 6:55 am
by win270
Daai tjoppies is selfs duurder as my slagter s'n.
Re: Bergskaap wat is 'n Goeie Prys
Posted: Fri Jul 03, 2026 8:06 am
by ZKK
Blykbaar kou mens heelwat langer aan daai tjoppies, wat die waarde vir geld beter maak............
Re: Bergskaap wat is 'n Goeie Prys
Posted: Fri Jul 03, 2026 8:53 am
by Askari
Ek het al so paar bergskape (wilde 4 horing Damaras) in die Cradock distrik geskiet. Hulle het almal vreeslik baie vet en bitter min vleis gehad.
Re: Bergskaap wat is 'n Goeie Prys
Posted: Fri Jul 03, 2026 9:59 am
by toelie
Ramme gaan so tussen 15k na 20k se kant
Re: Bergskaap wat is 'n Goeie Prys
Posted: Fri Jul 03, 2026 10:16 am
by tripodmvr
Praat ons Barbary skaap (Aoudad) of Damara?
Re: Bergskaap wat is 'n Goeie Prys
Posted: Fri Jul 03, 2026 10:59 am
by Capt. Yoda
Hoekom jag julle Damara skape

Re: Bergskaap wat is 'n Goeie Prys
Posted: Fri Jul 03, 2026 12:28 pm
by Toxxyc
Hier by ons is die skape darem nog so bietjie goedkoper, so R110 per kg. En ek is seker die boer sal hom vir jou in die berg in jaag as jy hom daar wil skiet as jy mooi vra.
Re: Bergskaap wat is 'n Goeie Prys
Posted: Fri Jul 03, 2026 1:23 pm
by Eduard Venter
Ek vermoed hulle praat van Barbary sheep soos die ingelsman sal sê. Ek het beperkte ondervinding met hulle maar dis n baie lekker en uitdagende jag gewoonlik. Sal graag die vleis wil proe.
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Re: Bergskaap wat is 'n Goeie Prys
Posted: Fri Jul 03, 2026 2:19 pm
by win270
Kan nie dink sy vleis is wonderlik nie, veral nie die ramme s'n nie. Wie kan vertel?
Re: Bergskaap wat is 'n Goeie Prys
Posted: Fri Jul 03, 2026 2:21 pm
by Riaan Kriel
Eduard Venter wrote: Fri Jul 03, 2026 1:23 pm
Ek vermoed hulle praat van Barbary sheep soos die ingelsman sal sê. Ek het beperkte ondervinding met hulle maar dis n baie lekker en uitdagende jag gewoonlik. Sal graag die vleis wil proe.
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Vriende van my het so paar jaar terug gaan bergskape jag, dit was blykbaar 'n erg uitdagende en moeilike jagtog in die berge maar die manne het dit baie geniet. Baie mooi trofee's wat hulle nou teen die mure het van die bergskape.
Die een jagter het blykbaar vir die gids/slagter/werker gevra hoe proe die vleis.. die antwoord was iets soos "Nee f.. meneer, as jy baie spice gooi en hom baie lank kook kan jy hom dalk eet."
Re: Bergskaap wat is 'n Goeie Prys
Posted: Fri Jul 03, 2026 4:30 pm
by Methos
Re: Bergskaap wat is 'n Goeie Prys
Posted: Fri Jul 03, 2026 4:38 pm
by Askari
Capt. Yoda wrote: Fri Jul 03, 2026 10:59 am
Hoekom jag julle Damara skape
Die boer het 'n paar aangekoop wat met tyd wild geraak en berg in getrek het.... oor die hoë vet inhoud gebruik hy hulle vir vet wanneer wild gewerk word.
Re: Bergskaap wat is 'n Goeie Prys
Posted: Fri Jul 03, 2026 4:59 pm
by Capt. Yoda
Eduard Venter wrote: Fri Jul 03, 2026 1:23 pm
Ek vermoed hulle praat van Barbary sheep soos die ingelsman sal sê. Ek het beperkte ondervinding met hulle maar dis n baie lekker en uitdagende jag gewoonlik. Sal graag die vleis wil proe.
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Wat Geno my vertel het eet die jakalse nie eers daai fillets nie
Re: Bergskaap wat is 'n Goeie Prys
Posted: Fri Jul 03, 2026 7:05 pm
by Wielie Waps
My neef in Kby omgewing praat van +/_ R28k per skaap.
Pelle van my het al in Carnavon omgewing gaan jag.
Hulle sê hulle bring net die "cape" van die berg af.
Vleis is oneetbaar......
Re: Bergskaap wat is 'n Goeie Prys
Posted: Sat Jul 04, 2026 9:01 am
by Eduard Venter
Interessante inligting dankie manne. Dalk n goeie idee om met n outfitter te praat om die bergskape dan maar met oorsese jagters te skiet. Klink darem of hulle heelwat werd is in daai mark
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Re: Bergskaap wat is 'n Goeie Prys
Posted: Mon Jul 06, 2026 6:39 am
by Frikkie Coetzee
Askari wrote: Fri Jul 03, 2026 8:53 am
Ek het al so paar bergskape (wilde 4 horing Damaras) in die Cradock distrik geskiet. Hulle het almal vreeslik baie vet en bitter min vleis gehad.
Rudi. Daai was damaras. Die manne dink ek praat van barbary skaap.