Page 1 of 1
Looi van Zebra vel
Posted: Sun Feb 01, 2026 11:41 pm
by BenJacobs
Dagsê almal.
Vertrou dit gaan goed.
Ek wil graag bietjie uitvind, waar laat julle Zebra velle looi. Ek gaan oor so 2 weke 'n Zebra skiet in die kaap en ek sal graag die vel wil laat looi. Weet julle dan ook wat die wag tydperk is en moontlike kostes. Ek het 'n prys gesien by Game skin safaris. Ek het geen idee wat dit kos nie, so weet nie of hulle prys van R3500 in die kol is nie.
Groete Ben
Re: Looi van Zebra vel
Posted: Mon Feb 02, 2026 12:12 am
by swakop_toe
Zebra is glo 'n etter vel.
Net soos Eland en Gemsbok.
Staaltjie is, jy moet hom nie letterlik nie verder as 50m sleep nie.
Dit daar gelaat, my Eland vel, 2jaar gelede, met die skullcap and horns montering was R2,500.00 en het so 3 maande gevat.
Hulle kan net sekere velle saam looi, so jy wag totdat hulle 'n drom vol kan maak.
Dit was by
https://gameskin.co.za/contact/
en ek is 100% tevrede met hul diens.
Re: Looi van Zebra vel
Posted: Mon Feb 02, 2026 8:15 am
by Friedland
Ek het laasjaar Junie n zebravel gelooi in Bloemfontein by African Artistry in Bloemfontein. R3500 en dit het 3 maande gevat. Ek is baie tevrede met hulle werk.
Re: Looi van Zebra vel
Posted: Mon Feb 02, 2026 9:22 am
by tripodmvr
Al die vet moet van die vel verwyder word. Dit is blykbaar 'n groot taak.
Re: Looi van Zebra vel
Posted: Mon Feb 02, 2026 9:25 am
by Capt. Yoda
tripodmvr wrote: Mon Feb 02, 2026 9:22 am
Al die vet moet van die vel verwyder word. Dit is blykbaar 'n groot taak.
Pressure washer somer
Re: Looi van Zebra vel
Posted: Mon Feb 02, 2026 11:10 am
by Mellies
Friedland wrote: Mon Feb 02, 2026 8:15 am
Ek het laasjaar Junie n zebravel gelooi in Bloemfontein by African Artistry in Bloemfontein. R3500 en dit het 3 maande gevat. Ek is baie tevrede met hulle werk.
+1
Met n vleisie...
Re: Looi van Zebra vel
Posted: Mon Feb 02, 2026 11:48 am
by tau
swakop_toe wrote: Mon Feb 02, 2026 12:12 am
Zebra is glo 'n etter vel.
Net soos Eland en Gemsbok.
Staaltjie is, jy moet hom nie letterlik nie verder as 50m sleep nie.
Dit daar gelaat, my Eland vel, 2jaar gelede, met die skullcap and horns montering was R2,500.00 en het so 3 maande gevat.
Hulle kan net sekere velle saam looi, so jy wag totdat hulle 'n drom vol kan maak.
Dit was by
https://gameskin.co.za/contact/
en ek is 100% tevrede met hul diens.
Africa game skin in Durbanville/ Phesantekraal het vir my 10 gedoen wat ek verkoop het en hulle het baie mooi gehou
Re: Looi van Zebra vel
Posted: Mon Feb 02, 2026 6:18 pm
by Pappabeer
‘n Zebra is van die velle wat die minste hare glip. Ek het al n karkas oornag in die bos gelos en die volgende dag geslag. Nie een haar het geslip nie.
Alle taksiedermie praktyke kan jou help. Oasis in Krugersdorp wat baie leer ook looi het nou nuwe toerusting en jy kry daai vel so dun en sag soos seemsleer (shammy) terug. Ek sal nie sommer weer ander manne n zebra laat brei nie.
Linus van Don Claire in Oranje se werk is baie mooi, sowel as Spirit of Africa in Howick.
Re: Looi van Zebra vel
Posted: Mon Feb 02, 2026 8:31 pm
by Giepie
Ek kan nie aflei of jy van die Kaap af kom of net daar gaan skiet nie. Ek sal ook Oasis in Krugersdorp aanbeveel.
Re: Looi van Zebra vel
Posted: Wed Feb 04, 2026 2:14 am
by BenJacobs
Dankie almal ek waardeer.
Ek het besluit op 'n plek, bietjie goedkoper. Die Zebra wat ek gaan skiet het nie die hoogste kwaliteit vel nie en ek wil graag 'n geweer sak laat maak. So ek sal 'n kans vat op die "goedkoper" plek.
Groete Ben
Re: Looi van Zebra vel
Posted: Mon Feb 09, 2026 9:25 am
by ruaanb
Friedland wrote:Ek het laasjaar Junie n zebravel gelooi in Bloemfontein by African Artistry in Bloemfontein. R3500 en dit het 3 maande gevat. Ek is baie tevrede met hulle werk.
Ek het n vel as geskenk kry wat deur hulle gedoen is. Baie netjies.