WHYLO/Vortex na verkope diens.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5134
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
WHYLO/Vortex na verkope diens.
Manne ek wil net gou vertel van my ondervinding met 2 scopes en 2 vêrkykers wat ek na Whylo toe gestuur het vir diens en nagaan.
3 Van die itens is 2de hands gekoop sonder enige papierwerk en die 1 vêrkyker is op Take A Lot gekoop paar jaar terug ook sonder enige papier werk.
My hoof rede vir die terugstuur was my ou teleskoop wat se fokus ring rubber verloor het a.g.v. ouderdom en dit was my enigste regtige behoefte. Ek besluit toe om nog 'n scope en 2 vêrbykers saam te stuur vir diens en nagaan.
6 Werksdae nadat hulle dit ontvang het is die pakkie terug by my huis elkeen met 'n uiteensetting van wat gedoen is. Al 4 is skoon gemaak en na gegaan.
Beide vêrkykers se oogstukke en skarnier is skoon gemaak en gediens en 1 se fokus is vevang om 1 of ander rede.
Beide teleskope het die volgende gekry, shock test, tracking test, paralax reset to factory speck , optic clean en cross hair set to zero.
Die ou 1 wat alles begin het het adisioneel die fokus ring rubber wat ek gesoek het gekry, paralaks knop vervang en windage turret service and repair. Laaste 2 het ek geen idee hoekom dit gedoen is nie aan gesien alles reg gewerk het.
Die is die tipe diens en backup wat maak dat ek enige tyd weer en weer Vortex sal koop.

-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: WHYLO/Vortex na verkope diens.
Terwyl ek vir Magnum-tydskrif gewerk het, het ek ook vir Whylo gewerk vir twee jaar voordat ek Pretoria toe getrek het. Andrew Whysall is seker een van die nice-ste mense wat ek ken. Jy sal niks anders as puik diens by hulle kry nie. Ek het onlangs self ook weer sake met Andrew gedoen... en besef in Suid-Afrika gaan jy sukkel om beter diens van 'n teleskoop/verkykerverskaffer te kry.
Mooi loop
Mooi loop
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: WHYLO/Vortex na verkope diens.
Met of sonder die sticker?
Klink my sonder n sticker doen hul niks.
Goed om iets positief te hoor.
Klink my sonder n sticker doen hul niks.
Goed om iets positief te hoor.
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
- Geno
- Administrator

- Posts: 13646
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: WHYLO/Vortex na verkope diens.
Andrew Whysall is die grootste gentleman in die skietbedryf. Niemand kom naby nie!Koos Barnard wrote: Fri Jan 30, 2026 11:35 amAndrew Whysall is seker een van die nice-ste mense wat ek ken.
Goed, beter, 6millimeter!
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: WHYLO/Vortex na verkope diens.
Sal nog steeds great diens kry, maar hulle vra n billike fooi vir dit.Supacow wrote:Met of sonder die sticker?
Klink my sonder n sticker doen hul niks.
Goed om iets positief te hoor.
Sent from my SM-S921B using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- Langeraat
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm
Re: WHYLO/Vortex na verkope diens.
Ek stem 100% saam. Moeilik om nie iemand te ondersteun met hierdie tipe van diens nie en in skrille kontras met my beleweing van die lokale Zeiss agent. Wonder of hulle 'n Zeiss sal ruil vir 'n Vortex... 
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5134
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: WHYLO/Vortex na verkope diens.
Watse sticker is dit wat jy van praat?Supacow wrote: Fri Jan 30, 2026 11:38 am Met of sonder die sticker?
Klink my sonder n sticker doen hul niks.
Goed om iets positief te hoor.
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: WHYLO/Vortex na verkope diens.
Blykbaar kom daar n sticker saam die produk en as jy nie die sticker kan wys word die waarborg nie eerbiedig?
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: WHYLO/Vortex na verkope diens.
Ek het 'n tweedehandse Vortex Crossfire (1) saam met 'n geweer bekom. Dis nou die oorspronklike Filipyns-vervaardigde model wat op die SA mark beland het.
Die teleskoop het gewerk, maar die links-regs "turret" het los gekom en uit die buis uit geskroef. Dalk nie so erg nie, want ek kan hom Locktite smeer en terug draai, maar die lug wat intussen in gelek het gaan vog in hê.
My plaaslike handelaar stuur hom toe in vir Wysalls vir herstel. Hulle wou toe weet waar ek die teleskoop gekoop het. Ek laat weet, dit was bekom saam met 'n tweedehandse geweer. Die koste daarvoor was toe R850. Hmmm... Nie wat ek verwag het nie. Hulle het darem die defektiewe teleskoop vervang met die nuwer 30mm pyp Sjinees vervaardigde model. Seker nie te sleg vir die prys nie?

- Jurie Vermaak
- Full Member

- Posts: 209
- Joined: Sat Jun 29, 2013 9:51 pm
Re: WHYLO/Vortex na verkope diens.
Ongelukkig het ek nie dieselfde ervaring gehad nie
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: WHYLO/Vortex na verkope diens.
+1
Met n vleisie...
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: WHYLO/Vortex na verkope diens.
Dagsê
Die probleem met sommige omruilings ontstaan met mense wat teleskope bekom wat deur invoerder X of Y die land ingebring is, of selfs iewers anders bekom is en dus "grys produkte" is. Wanneer daardie produkte dan probeme gee, hardloop die mense na invoerder A toe en verwag dat hulle die probleem kosteloos moet oplos. In besigheid werk dit eenvoudig nie so nie. Gedurende die twee jaar wat ek vir Whylo gewerk het, het ek gesien watter ongelooflike liegstories mense kan opdis om nuwe scopes of verkykers te probeer bekom. Die invoerder moet nou probeer ondersoek instel wat die ware feite is en dis byna onmoontlik om te doen. Koop 'n produk by 'n gerespekteerde handelaar wat dit verkry deur die amptelike agent en volg die voorskrifte wat gestel word en jy sal nie probleme hê nie.
Soms lê die probleem by die handelaar wat die produk aan die publiek verkoop. As die handelaar nie eties optree nie of onwillig is om sekere dienste te lewer moet die invoerder weer probeer vasstel wie se waarheid is nou eintlik die waarheid, die kliënt s'n of die handelaar s'n. Dis nie altyd maklik nie. En net soos met facebook-opinies sien elke kliënt SY waarheid net vanuit SY oogpunt. Ek is taamlik ontnugter deur ons ou volkie gedurende die twee jaar wat ek vir Whylo gewerk het. Almal wou ewe skielik my vriend wees, almal wou ewe skielik ambassadeurs vir Swarovski of Vortex wees, maar eintlik wou hulle net goedkoper scopes by my probeer kry. Daar was talle sulke mense. En snaaks genoeg, as hulle nie hulle sin kon kry nie, dan was hulle baie gou om te kritiseer. Daarvan het ek talle gevalle gehad.
Ek sal vir Andrew Whysall en sy span tot die dood toe verdedig want soos Geno gesê het, Andrew is die grootste gentleman in die SA skietbedryf. Selfs met die beste waarborge in die wêreld kan jy nie net links en regs produkte uitdeel wanneer elke Jan Rap en sy maat begin kla of eise stel nie. Om teleskope te vervang, om hulle oorsee te stuur vir reparasies, omruilings, ensovoorts kos geld. Dit moet van iewers verhaal word en die vervaardiger wat oorsee sit, dek nie altyd daardie kostes nie. Dis 'n eenvoudige ekonomiese beginsel wat almal behoort te verstaan. Soms duik daar probleme op, dis te verstane. Maar ek glo Whylo/Vortex in Suid-Afrika is een van die maatskappye met die beste naverkope-diens.

Koos nou dat ek jou post gelees het besef ek hoe gelukkig ek is dat ek per toeval 2x scopes 2de hands gekoop het en dit wel in Whylo se waarborg raamwerk geval het.
Ek sou ook geen probleem gehad het om selfs vir elke item 'n fooi te bataal as ek moes nie. Ek is net te dankbaar dat ek 40k se glas deur die oorspronklikke agente gediens en herstel kon kry. Ek glo ek het nou weer gemoedsrus waarmee ek vele wild kan jag.
Ek sou ook geen probleem gehad het om selfs vir elke item 'n fooi te bataal as ek moes nie. Ek is net te dankbaar dat ek 40k se glas deur die oorspronklikke agente gediens en herstel kon kry. Ek glo ek het nou weer gemoedsrus waarmee ek vele wild kan jag.
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: WHYLO/Vortex na verkope diens.
Ek dink waar mense verward/ongelukkig kan raak is waar n vervaardiger n no questions ask replacement warranty het en die agent klomp red tape/loops het waardeur jy moet spring voor die vervaardiger se belofte eerbiedig word. Moet my nie skiet ek ken geen van die instansies se warranties en fynskrif ek dink net dis die idee wat die bree publiek dalk mag he verkeerd of reg.
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: WHYLO/Vortex na verkope diens.
@Koos
Hierdie is jammerlik, veralgemening, baie uitsonderings, maar verbruikersgedrag skok mens elke dag.
Mmmm… “Volkie” of “groupies” en onheil heeltemal te na aanmekaar.
Die mooi beskrywing en moeisame uitkyk is seker opportunistiese individue. Mens sien hulle op ‘n myl @3000fps!
Beste.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: WHYLO/Vortex na verkope diens.
Ek het nog net uitstekende diens by Andrew en sy span gekry. Dit hang ook baie van jou houding af. Ek neem gereeld n vintage Swarovski wat ek tweedehands gekoop het om te pas by n geweer wat bv in die laat 40’s of 50’s gemaak is. Partykeer kort ek n turret cap met n mooi crisp embleem op, partykeer raad oor kondisie, soms n rubber stelring of oogstuk.
Ek offer altyd om alle omkoste te betaal en is beleef met, Brad, Andrew, my ou maat Big John Matthee by Huntex, en elke keer word ek verniet gehelp.
Ek is bitter lief vir my Zeiss teleskope, en my ou betroubare Leica Geovid. Die plan is egter om hulle almal stuk stuk met Swarovski ewekniëe te vervang. Die uitsondering sal 2 vintage Zeizz Diavaris en n Diatal wees, en dan n 10x25 Leica Ultravid.
Met my wat in Empangeni woon is Whylo net oor n uur se ry, en hulle diens is ongeëwenaar in Suid Afrika.

.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: WHYLO/Vortex na verkope diens.
Produkte wat deur Whyllo ingevoer word, het n Whyllo plakker op die boks. Hulle kan ook reeksnommers nagaan om te sien of die produk deur hulle ingebring is of nie.Pvdw wrote:Watse sticker is dit wat jy van praat?Supacow wrote: Fri Jan 30, 2026 11:38 am Met of sonder die sticker?
Klink my sonder n sticker doen hul niks.
Goed om iets positief te hoor.
Vortex het 'n lewenslange waarborg op hulle produkte, wat deur Vortex onderskryf word.
Volgens gesprekke met John Matthee(Kaapse Whyllo verteenwoordiger) sal Whyllo, as offisiele plaaslike agente, sal met enige Vortex eis help. Hulle vra wel 'n fooi om dit te doen vir paralel-ingevoerde produkte. As ek so produk gehad het, kan ek dit op my eie onloste en risiko direk vir Vortex stuur, maar sal veel eerder Whyllo se prys betaal.
Sal graag die negatiewe stories ook wil hoor, maar ek het nog net besonderse diens by Whyllo gekry.
Sent from my SM-S921B using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: WHYLO/Vortex na verkope diens.
Sommer net terloops, ek het vir Big John Matthee klas gegee op Daniëlskuil van standerd 5 tot matriek. Solid man daardie baie tyd vir hom.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: WHYLO/Vortex na verkope diens.
Lekker om almal se positiewe ervaringe hier te lees. Doen mens goed. Laat die skelm kansvatters nie mens se lewe versuur nie.
Net so aanvaar ek dat daar gevalle is waar ander dalk ongelukkig minder goeie ervaringe kon gehad het.
Beste.
Net so aanvaar ek dat daar gevalle is waar ander dalk ongelukkig minder goeie ervaringe kon gehad het.
Beste.
Last edited by Lategan1 on Mon Feb 02, 2026 7:08 am, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: WHYLO/Vortex na verkope diens.
Hy het my vertel van n matriek teen onderwysers rugby wedstryd wat julle teen mekaar gespeel het.Koos Barnard wrote: Sun Feb 01, 2026 1:30 pm Sommer net terloops, ek het vir Big John Matthee klas gegee op Daniëlskuil van standerd 5 tot matriek. Solid man daardie baie tyd vir hom.
Ja ek het 6 jaar as mediese student by Stellenbosh S&O gewerk, en ek het geen goeie woord oor meeste van die katte met die dik sterte (en pense) daar nie. Hendrik en John het egter uitgestaan as manne wat my altyd gehelp het en hulle kennis gedeel het.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
LouisR
- Sr. Member

- Posts: 276
- Joined: Sun Feb 12, 2012 12:40 pm
Re: WHYLO/Vortex na verkope diens.
Whyllo het my Vortex Diamondback waarvan kruishaar geskuif het kosteloos opgradeer na die een wat parallax kan verstel, net goeie diens en kommunikasie ontvang van hulle, en dit was een wat ingebring is van Kanada af deur familielid. Geen stories of verskonings, net goeie diens.
-
Pinkes
- Hero Member

- Posts: 1226
- Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am
Re: WHYLO/Vortex na verkope diens.
Ja die beste diens wat ek nog ontvang het! Andrew, what a nice guy.
- Nico de Jager
- Hero Member

- Posts: 671
- Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
Re: WHYLO/Vortex na verkope diens.
Pappabeer na aanleiding van "en pense"....
So 15 jaar gelede vra Oakdale Landbouskool my om n veld/jagkursus vir die graad 9's saam te stel en aan te bied.
Bietjie teorie, dan n dag skietbaan toe met 100 seuns en genoeg. 22's en dan vat ons die seuns wat nog nooit n bok geskiet het nie, om n springbok te skiet op n voorsitjag. Daar word die hele jagproses van skiet tot in die pot gedoen.
Eerste jaar en ons soek n borg.
Safari borg ons uit ons skoene uit. John Matthee en Nel Fourie kom met n bussie vol goed daar aan. Ammo, boeke, geweerolie en nog wat.
Kursus is n groot sukses en die nodige bedankingsbriewe word gestuur.
Ek gaan Kaap toe en besluit ek wil darem self by Safari aan gaan en ook dankie sê.
Ek vra daar met wie ek kan praat en hulle roep daar n pens..... ek weet ek is nou lelik....... ek stel myself voor, en bedank hom en Safari vir die baie ruim borgskap. Toe ek klaar gepraat het, draai hy om en loop. Nie n enkele woord gesê nie, nie hello, koebaai of voetsek nie. Ek kon my oë nie glo nie.

Last edited by Nico de Jager on Tue Feb 10, 2026 9:40 am, edited 1 time in total.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: WHYLO/Vortex na verkope diens.
Nico, jy moes hom sommer 'n skop onder die gat gegee het!
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: WHYLO/Vortex na verkope diens.
Weet presies van wie jy praat, Nico. Self ‘n voorval gehad. Hulle het hom later verwyder van kontak met “kopende mense”.
Beste.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 