Dagsê,
ek betaal kontant vir 'n motivering vir bg.
Maak jou prys!
7.9 x 57mm JS / 8mm Mauser motivering
- PRIVATE RYAN
- Hero Member

- Posts: 534
- Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: 7.9 x 57mm JS / 8mm Mauser motivering
Ek wil comrades verminder
1ste een was te reguit
In skyngevegte natuurlik
R1500
1ste een was te reguit
In skyngevegte natuurlik
R1500
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 959
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: 7.9 x 57mm JS / 8mm Mauser motivering
Dit is nie nodig om dinge onnodig ingewikkeld te maak nie. Gee bloot 'n praktiese rede waarom jy die geweer kan gebruik en waarom jy dit nodig het.
Vir 'n geleentheidsjagter gebruik jy dit mos om enigiets van rooibokke tot elande te jag. Jy kan heel vindingryk wees oor waarom jou bestaande gewere nie heeltemal aan jou behoeftes voldoen nie. Al is dit 'n militêre surplus geweer is wou jou mos nog altyd oopvisier gaan jag en al jou ander gewere is toegerus met teleskope (net 'n voorbeeld).
As dit vir toegewyde jagters- of sportstatus is, is dit nog makliker. Jy kan aan enige aktiwiteit dink waaraan jou jagters- of sportorganisasie deelneem, waarin jy die geweer kan gebruik en hoekom die geweer net reg is daarvoor.
Jy skryf dan bloot 'n kort motivering waarin jy bogenoemde uitlig. Die spesifieke kaliber kan dalk vir jou van sentimentele waarde wees, of jy het dalk baie doppe en herlaaitoerusting vir die kaliber of enigiets soos daardie om jou aansoek in te kleur. Plaas net die klem daarop dat dit 'n erkende jagkaliber is; die huidige administrasie hou nie noodwendig van iets wat van militêre afkoms is nie.
Indien jy van mening is dat jou motivering dalk min om die lyf het, gaan na Google en druk enige artikel uit wat handel oor die kaliber en die jagaanwending daarvan en heg dit aan.
Jagtersreg-JRM hier op die forum doen motiverings as jy nie self daarvoor kans sien nie.