Page 1 of 1

260 vir koedoe?

Posted: Sun Mar 16, 2025 6:34 pm
by Carel Kolesky
Naand manne!Wat is die gevoel rakende 260Rem met 129gr Hornady Interbonds vir lyfskote op Oos-Kaap koedoes?

Re: 260 vir koedoe?

Posted: Sun Mar 16, 2025 6:48 pm
by Nico Harris
Sal baie goed werk. Ek al n klomp kudu bulle in natal geskiet tot op 400m met my 6.5 creed met 143gr eldx- en het perfek gewerk elke keur!

Re: 260 vir koedoe?

Posted: Sun Mar 16, 2025 6:54 pm
by Carel Kolesky
Dankie-dink jy nie die 129 is te lig nie.Het al een in die hardloop geskiet,maar swak skootplasing(kambene) het dit in 7 skoot sirkus laat verander

Re: 260 vir koedoe?

Posted: Sun Mar 16, 2025 6:57 pm
by Glocked
As jy daai Interbond op die regte plek sit, groot bene vermy, sal hy verseker werk ja

Re: 260 vir koedoe?

Posted: Sun Mar 16, 2025 8:41 pm
by Nico Harris
Carel Kolesky wrote: Sun Mar 16, 2025 6:54 pm Dankie-dink jy nie die 129 is te lig nie.Het al een in die hardloop geskiet,maar swak skootplasing(kambene) het dit in 7 skoot sirkus laat verander
Nee wat ek glo nie 14grein gaan n verskil maak nie.

Re: 260 vir koedoe?

Posted: Sun Mar 16, 2025 9:07 pm
by Jaco v Zyl
Ons skiet ook oos kaap,gewoonlik van bakkie af,het n skietbank,maar met daardie op en af skiet en feit dat jy baie kere sommer oor die tralies moet skiet links en regs is die skietposiesie nie altyd baie stabiel nie en gewoonlik moet dinge vinnig gebeur, en gewoonlik nie baie naby nie.Ek skiet self n 6.5 x55 en het hom al baie suksesvol gebruik..maar…
My persoonlike opinie is dat n 6.5 te lig is, in die algemeen.Ek stry glad nie met Nico nie, hy skiet baie en goed en meeste op sy eie voorstoep,hy ken die set-up, ek weet hy kan dit reg kry.Maar vir meeste situasies dink ek is n groter kaliber meer gepas.As jy genoeg tyd het en seker is jy kan n baie goeie skoot aftrek is dit natuurlik heeltemal haalbaar.(het self vir my n groeter kaliber aangeskaf)

Re: 260 vir koedoe?

Posted: Sun Mar 16, 2025 9:54 pm
by Carel Kolesky
Het n 300H&H wat dodelik is met 180gr Swift Siroccos en n 308 wat goed werk met 165gr Accubonds en selfs Game Kings.Wou net die 260 ook n kans gee,maar wil nie volgende jaar hoor’ons is ongelukkig reeds vol bespreek ‘ nie!

Re: 260 vir koedoe?

Posted: Sun Mar 16, 2025 10:27 pm
by win270
Ek dink die .308 is steeds jou getroue kaliber in hierdie geval.

Re: 260 vir koedoe?

Posted: Mon Mar 17, 2025 8:55 am
by Carel Kolesky
Glo ook maar n groter gat is beter!

Re: 260 vir koedoe?

Posted: Tue Mar 18, 2025 12:16 pm
by Drenalinjunkie
Nico Harris wrote: Sun Mar 16, 2025 6:48 pm Sal baie goed werk. Ek al n klomp kudu bulle in natal geskiet tot op 400m met my 6.5 creed met 143gr eldx- en het perfek gewerk elke keur!
Nico ken van koedoes jag!

Ek het laasjaar op een jag trip alles met my 6.5x55AI geskiet. Skiet n 156gr Berger teen 2930fps. Twee zebras, waterbok bul, twee blesbokke, een bosbok ram, een vaalie, een Nyala bul en een Rietbok ram. Nie een bok het gekla dat die gat nie groot genoeg is nie ;D

Ek het ook al elande met die 6.5 geskiet maar dit was kopskote. Met die regte skoot plasing sal enige koedoe bul bakkie ry met die 260!

Re: 260 vir koedoe?

Posted: Tue Mar 18, 2025 12:25 pm
by Thunderhead
Jy twyfel al klaar. Gebruik die groter gun.
Carel Kolesky wrote: Mon Mar 17, 2025 8:55 am Glo ook maar n groter gat is beter!