Page 1 of 1

The Courier Guy

Posted: Wed Dec 18, 2024 10:29 am
by Predator
Ek gebruik nou al n aantal jaar die dienste van the Courier Guy om pakkies te stuur oor die hele land.

Ek stuur amper daagliks n hele aantal pakkies van verkillende groottes en hoeveelhede plaaslik (Pretoria/ Johannesburg) asook heelwat ander plekke in die land

Die diens was nog altyd puik, pryse was nog altyd baie redelik , hulle het n baie wye netwerk van depots oor die land wat dit baie maklik gemaak in veral landelikke gebiede.

Van verlede maand het hul pryse so verhoog, veral met groter en swaarder pakkies. By navraag is ek meegedeel dat hulle oorgeneem is deur n buitelandse firma en dat hulle die pryse so opwaarts aangepas het

Verlede week n kwotasie gekry om 5 stock 6 bokse(60cmx45cmx30cm) 20kg elk van Selby na Pretoria te vervoer vir R 1550 - dis R 310/ boks waar dit voorheen onder R 100/boks was, om net te vergelyk.

Ek het intussen n paar ander koeriers - oa RAM Couriers probeer. Hul pryse was wel laer, maar jy wag n dag of 2 om die pakkie op n oornag diens te laat optel en dan nog n dag of wat vir aflewering.

Enige raad mbt n betoubare billik geprysde koerier sal waardeer word.

Groetnis

Re: The Courier Guy

Posted: Wed Dec 18, 2024 10:46 am
by J le Roux
Probeer gerus EPX couriers.

Re: The Courier Guy

Posted: Wed Dec 18, 2024 1:43 pm
by TFDADD
Dagsê Berkeley,

Ek het paar jare gelede gereeld van Aramex gebruik gemaak (in- en uitvoere ook) en hulle dienste was baie goed en redelik geprys destyds - weet nie hoe vergelyk hulle pryse met ander koeriers deesdae nie.
Hulle het ook takke wat wyd verspreid is in Suid Afrika.
Wat veral baie gehelp het by hulle was hulle goeie "parcel track & trace" fasiliteit wat op hulle webwerf beskikbaar is - baie akkuraat om ligging van 'n pakkie versend vas te stel.

Deesdae maak Postnet ook van Aramex gebruik en Postnet, wat pakkies versend betref, se diens is werklik baie goed.

Besoek hulle webwerf en vind uit wat hulle jou kan bied - Aramex
Vir besigheid soos wat jy bedryf sal ek aanbeveel dat jy direk met Aramex skakel ipv deur instansies soos Postnet byvoorbeeld.

Dan is daar ook 'n baie goeie en groot koerier groep plaaslik beskikbaar wat werklik oral in RSA dienste lewer, naamlik DSV.
Dit is 'n Deense maatskappy wat wêreld wyd bedrywig is - in- en uitvoer veral - en in Pretoria waar jy is, het hulle groot takke met pryse wat baie mededingend was destyds.
Deur hierdie koppeling te volg kan jy 'n besigheidskwotasie by DSV aanvra - Quote Request - spaar jou dalk tyd om net vinnig 'n idee van hulle kostes te vorm.

Kontak die manne en kyk hoe vergelyk hulle met ander koerier dienste.

Groete,
Koos.

Re: The Courier Guy

Posted: Wed Dec 18, 2024 6:37 pm
by Ds J
Dit is jammer om te hoor.

Op Stella (ons het net 'n polisiestasie en twee drankwinkels ;) ;) ) was Pudo (Courier Guy se stasie-diens) baie betroubaar, bekostigbaar en boonop nog vinniger as die meeste ander.

Re: The Courier Guy

Posted: Wed Dec 18, 2024 10:45 pm
by Fanta300
Pudo na Pudo vir daai grootte 20 Kg is R119.
So verstaan nie.

Re: The Courier Guy

Posted: Thu Dec 19, 2024 9:04 am
by avo
Ek gebruik ook courier guy elke dag en presies soos bo genoem, pryse is deur die dak. Ek maak in nuwe jaar gebruik van DSV.

Re: The Courier Guy

Posted: Thu Dec 19, 2024 2:12 pm
by Predator
Baie dankie vir die paar voorstelle - ek waardeer. Ek sal hulle so van n punt af op die proef begin stel in die nuwe jaar. Een bohoort te werk. Ek sal verslag doen oor die vordering. Mooi en geseende dag vir almal.

Re: The Courier Guy

Posted: Fri Dec 20, 2024 7:08 am
by JPS
Selfde ondervind