Lisensie vir n ongelisensieerde vuurwapen?
Posted: Mon Dec 16, 2024 2:47 pm
Teoretiese vraag: hoe registreer 'n mens n ongelisensieerde vuurwapen? (Dit sal makliker wees met 'n swartkruitgeweer).
Gestel 'n persoon kry 'n ongelisensieerde vuurwapen in die hande, bv 'n ou swartkruitgeweer op n solder of 'n pistool in 'n waenhuis wat werklik nie WR-nommers het nie, of nêrens op die stelsel wys nie?
Is daar enige wettige manier om so 'n vuurwapen op die stelsel te kry?
Ek is bekommerd dat n pragtige ou roer ( viewtopic.php?t=92062 of viewtopic.php?t=90417 ) êrens uitkruip en dan vernietig moet word omdat die stelsel en die wet so sê.
Die gerug sê dat daar in die vroeë 2000's 'n oorspronklike ratslotgeweer (een van drie in die wêreld?) blykbaar so opgesmelt is deur die SAP.