Teoretiese vraag: hoe registreer 'n mens n ongelisensieerde vuurwapen? (Dit sal makliker wees met 'n swartkruitgeweer).
Gestel 'n persoon kry 'n ongelisensieerde vuurwapen in die hande, bv 'n ou swartkruitgeweer op n solder of 'n pistool in 'n waenhuis wat werklik nie WR-nommers het nie, of nêrens op die stelsel wys nie?
Is daar enige wettige manier om so 'n vuurwapen op die stelsel te kry?
Ek is bekommerd dat n pragtige ou roer ( viewtopic.php?t=92062 of viewtopic.php?t=90417 ) êrens uitkruip en dan vernietig moet word omdat die stelsel en die wet so sê.
Die gerug sê dat daar in die vroeë 2000's 'n oorspronklike ratslotgeweer (een van drie in die wêreld?) blykbaar so opgesmelt is deur die SAP.
Lisensie vir n ongelisensieerde vuurwapen?
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2157
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 959
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Lisensie vir n ongelisensieerde vuurwapen?
Moenie die wapen "ontdek" totdat daar weer 'n amnestie aangekondig word nie. Tydens sulke amnestie periodes is daar gewoonlik voorsiening vir prosedures om wettig aansoek te doen vir 'n lisensie vir so wapen.
Artikel 120(2)(a) van die Vuurwapenwet 60 van 2000 stel dit duidelik dat enigiemand wat bewus is van die bestaan van 'n vuurwapen of ammunisie wat nie in die wettige besit van 'n persoon is nie en wat versuim om dit onverwyld aan 'n polisie beampte te rapporteer, is skuldig aan 'n misdryf.
Artikel 120(2)(a) van die Vuurwapenwet 60 van 2000 stel dit duidelik dat enigiemand wat bewus is van die bestaan van 'n vuurwapen of ammunisie wat nie in die wettige besit van 'n persoon is nie en wat versuim om dit onverwyld aan 'n polisie beampte te rapporteer, is skuldig aan 'n misdryf.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2157
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Lisensie vir n ongelisensieerde vuurwapen?
OosKaapJagter wrote: Mon Dec 16, 2024 5:29 pm Moenie die wapen "ontdek" totdat daar weer 'n amnestie aangekondig word nie..
Die gesprekke oor die Paradox en die Cape Gun het my gedagtes aan die gang gesit.