Page 1 of 1

Uitwis van 'n misdaad rekord

Posted: Thu Nov 28, 2024 9:09 am
by Jean Marais
Hallo almal

Ek het 'n baie goeie vriend met wie daar in 2000 'n slgte ding gebeur het. Hulle bly op 'n plaas, en daar is by hom ingebreek en toe word sy pistool gesteel, wat ongelukkig nie in 'n kluis was nie. Die misdaad is rapporteer by SAPD.

Sowat 6 maande later, daag die SAPD by die plaas op, en vra vir sy vuurwapen, wat hy toe sê gesteel is. Na 'n klompie gesprekke, en 'n besoek by die polisiestasie, moes hy 'n boete betaal, en toe gee hulle sy pistool vir hom terug. Omdat hy nalatig was, het hy egter nou 'n misdaadrekord, en kan hy nie 'n polisieklaring kry vir sekuriteitswerk wat hy tans mee besig is nie.

Hoe kan sy misdaadrekord reggestel word?

Re: Uitwis van 'n misdaad rekord

Posted: Thu Nov 28, 2024 10:49 am
by Ds J
Sover ek weet sal hy deur 'n prokureur moet werk.

Re: Uitwis van 'n misdaad rekord

Posted: Thu Nov 28, 2024 11:05 am
by sako 30-06
Jean Marais wrote: Thu Nov 28, 2024 9:09 am Hallo almal

Ek het 'n baie goeie vriend met wie daar in 2000 'n slgte ding gebeur het. Hulle bly op 'n plaas, en daar is by hom ingebreek en toe word sy pistool gesteel, wat ongelukkig nie in 'n kluis was nie. Die misdaad is rapporteer by SAPD.

Sowat 6 maande later, daag die SAPD by die plaas op, en vra vir sy vuurwapen, wat hy toe sê gesteel is. Na 'n klompie gesprekke, en 'n besoek by die polisiestasie, moes hy 'n boete betaal, en toe gee hulle sy pistool vir hom terug. Omdat hy nalatig was, het hy egter nou 'n misdaadrekord, en kan hy nie 'n polisieklaring kry vir sekuriteitswerk wat hy tans mee besig is nie.

Hoe kan sy misdaadrekord reggestel word?
Ek weet nie of jy vriend al hierna gekyk het nie, maar dit lyk eintlik heel eenvoudig om te doen, indien hy aan die nodige vereiste voldoen.
Nie nodig vir n prokureur nie.
Sien hieronder.

https://www.gov.za/faq/justice-and-crim ... nal-record
https://www.justice.gov.za/expungements.html

Re: Uitwis van 'n misdaad rekord

Posted: Thu Nov 28, 2024 12:16 pm
by Jean Marais
Baie dankie. Ek sal die inligting so aan hom deurgee.