Watter Canopy?
- Theunis Visser
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Wed Apr 22, 2020 10:40 am
Watter Canopy?
Naand manne
Ek is in die mark vir ‘n nuwe canopy, maar is effe oorweldig met alle opsies. Enige voorstelle/advies sal waardeer word.
Ek het ‘n fibreglass canopy op gehad, maar ons grondpaaie het sy tol geeis. Ek ry hoofsaaklik grondpaaie, so dit sal ook my keuse beinvloed.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek is in die mark vir ‘n nuwe canopy, maar is effe oorweldig met alle opsies. Enige voorstelle/advies sal waardeer word.
Ek het ‘n fibreglass canopy op gehad, maar ons grondpaaie het sy tol geeis. Ek ry hoofsaaklik grondpaaie, so dit sal ook my keuse beinvloed.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
Boesmanland skaapboer.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2148
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Watter Canopy?
Hier in ons wêreld (Molopo / voor-Kalahari) is die aluminiumkapies baie gewild. Bushmaster, Alucab, Big Country ens werk almal. Stofdigting is en bly 'n probleem. Díe met die luggate (air intakes) het blykbaar minder probleme.
Hou oë oop vir 'n tweedehandse een - nuut was te duur vir ons.
Hou oë oop vir 'n tweedehandse een - nuut was te duur vir ons.
-
desert fox
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Wed Dec 09, 2015 10:12 am
Re: Watter Canopy?
Kyk na https://rlddesign.co.za. Nie goodkoop nie, maar ek was bitter beindruk met die "Hunter" reeks. Kappie vir die dorp, en vinnig omkep in n jag stoel/ "game viewer" vir die plaas. Natuurlik is daar baie ekstras om van te kies...
.22 Voere
.260 Rem Savage LRH
.375 Ruger
Glock 19 Gen 4
12 Br CZ
"Hou die doppe in die lug!"
.260 Rem Savage LRH
.375 Ruger
Glock 19 Gen 4
12 Br CZ
"Hou die doppe in die lug!"
- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 1000
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: Watter Canopy?
Ek het vir Canopeak gegaan. Dis die kappy met die grootste sydeur opening. Die meeste se deure is so klein jy kan niks deur hulle in of uitpak nie.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8001
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Watter Canopy?
Hou ook ingedagte wie se fitment centre die naaste aan jou is dat wanneer daar probleme is jy dit maklik uitgesorteer kan kry.
- prohunt
- Hero Member

- Posts: 837
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Re: Watter Canopy?
Kyk maar net waarvan die kappie gemaak word. RLD se kappies word geadverteer as "stainless steel". Dit word egter van CR12 (nywerheidsgraad vlekvrye staal) vervaardig. Indien die "powder coating" proses nie baie goed gedoen is nie of skrape kry gaan jy roesprobleme kry. Ek het amper so een gekoop maar toe gelukkig een gesien waar die proses skeef geloop het en dadelik gekanselleer. Ek het toe maar uiteindelik op die Rhinocab besluit.desert fox wrote: Mon Oct 28, 2024 6:26 am Kyk na https://rlddesign.co.za. Nie goodkoop nie, maar ek was bitter beindruk met die "Hunter" reeks. Kappie vir die dorp, en vinnig omkep in n jag stoel/ "game viewer" vir die plaas. Natuurlik is daar baie ekstras om van te kies...
- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 551
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: Watter Canopy?
Ek is onlangs blootgestel aan Bossenberg en is baie beindruk met hul produkte. https://www.bossenberg.co.za/
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
-
Andre308
- Hero Member

- Posts: 903
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: Watter Canopy?
Ek het die Smartcab canopies op my voertuie. Die Canopeak en die Smartcab lyk 99% die selfde. Dit is vir my die mooiste ontwerp tans en die groot agter ruit met die groot kant deure maak hulle baie bruikbaar.Toyrsi wrote: Mon Oct 28, 2024 7:06 am Ek het vir Canopeak gegaan. Dis die kappy met die grootste sydeur opening. Die meeste se deure is so klein jy kan niks deur hulle in of uitpak nie.
Groete
Andre
- Theunis Visser
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Wed Apr 22, 2020 10:40 am
Re: Watter Canopy?
Naand almal
Dankie vir alle terugvoering en raad. Ek waardeer baie. Ek het al na ‘n paar van bogenoemde gaan kyk en kwotasies aangevra.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
Dankie vir alle terugvoering en raad. Ek waardeer baie. Ek het al na ‘n paar van bogenoemde gaan kyk en kwotasies aangevra.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
Boesmanland skaapboer.
-
WernerG
- Newbie

- Posts: 5
- Joined: Wed Jan 31, 2024 10:01 pm
Re: Watter Canopy?
Ek het n Bushtech canopy op my bakkie gesit en is nog nie n dag spyt nie. Baie ekstras wat mens kan aanlas as jy sou wou. Ek het ekstra insulasie gevat - dit help dat canopy nie so warm raak nie en maak nogal n verskil as mens n yskas agter in het. Kan ook n dust-kit laat insit. Myne laat bitter min stof in, so het nie nodig vir dit nie.
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
-
Glocked
- Sr. Member

- Posts: 386
- Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm
Re: Watter Canopy?
Ek is baie gelukkig met my Rhinoman canopy. Hulle het wel baie duur geword, maar hy werk soos hy moet. Bushtec en RLD doen ook baie goed.
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Watter Canopy?
Bushtech
Ek het self al klomp gehad deur die jare maar die een bly baas.
Rhinoman
Ground Zero
RLD
Bushtech se kwaliteit is net die beste.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek het self al klomp gehad deur die jare maar die een bly baas.
Rhinoman
Ground Zero
RLD
Bushtech se kwaliteit is net die beste.
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Watter Canopy?
Rhinoman, ek het nou my derde een, hulle is tops.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13570
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Watter Canopy?
Alu-Cab?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 698
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Re: Watter Canopy?
Kaptein het my nou voorgespring oor AluCab.
Ons is regtig bederf in terme van die verskeidenheid kappies wat beskikbaar is op die mark.
Ek het in April deur dieselfde proses gegaan toe ek opsoek was na 'n kappie. My kort lys het op di ou einde bestaan uit:
AluCab, Bushtech, Ground zero, Gomad
Hulle het almal min of meer dieselfde vorm waarvan ek gehou het. Alucab en Bushtech het 'n vol lengte skarnier op die deure. Kan nie GZ se spesifikasie onthou nie. Die skarnier keer dat water van die deur af in die kappie loop as jy dit in die reën oopmaak. Ek het gedink dis 'n verkoops foeffie tot ek die eerste bui reën in die kaap trotseer. Dit werk soos 'n bom!
Al 4 die kappies kom van die fabriek af met spore op die dak om 'n tent, ens te monteer. Dis lekker want jy hoef nie gate te boor nie. Ook het Alucab, Bushteck en GZ spore aan die binnekant van die dak om goed aan vas te maak (tafel, sonpaneel, ens). Kan nie daai detail van Gomad onthou nie. Alucab het nog spore aan die onderkant ook wat soos 'n cargo rail werk.
Alucab en Gomad word in die Kaap gemaak, so vir my is dit naby vir enige naverkope diens.
Op die ou einde het ek met Alucab gegaan, en 6 maande in die pad af baie tevrede.
Kappie seël goed, en sluit stewig toe. Sal weer dardie roete gaan as ek 'n keuse het. Ook die feit dat die hele kappie van aluminium is, omseil die roes probleem.
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: Watter Canopy?
Snaaks genoeg het ek ook begin kyk vir een op my Cruiser.
Weet ook nie watse ene om te vat nie maar heir is pryse wat ek sover die week gekry het.
Ramkappie met roofrack R 32500.00
Treehuas met roofrack R 31400.00
RLD met roofrack R 37951.00
Rhino met roofrack R 44 000.00
Smartcap met roofrack R 54 424.00
Canopeak met roofrack R 33 500.00
Weet ook nie watse ene om te vat nie maar heir is pryse wat ek sover die week gekry het.
Ramkappie met roofrack R 32500.00
Treehuas met roofrack R 31400.00
RLD met roofrack R 37951.00
Rhino met roofrack R 44 000.00
Smartcap met roofrack R 54 424.00
Canopeak met roofrack R 33 500.00
-
DeVilliers
- Full Member

- Posts: 144
- Joined: Mon Aug 28, 2017 9:01 am
Re: Watter Canopy?
Nog n +1 vir n Rhino-Man. Baie nice canopy. myne het n vent in die voorste venster vir stof, maar dit is nie 100% nie.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8001
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Watter Canopy?
Ek het so RLD design canopy en sal hom nie aanbeveel nie.
Ek het baie probleme gehad met n canopy wat lek. Dit was op die einde uitsorteer. Nou na 2.5 jaar sien ek die verf op die dak begin fade.
Sal sien hoe hulle die saak hanteer.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Ek het baie probleme gehad met n canopy wat lek. Dit was op die einde uitsorteer. Nou na 2.5 jaar sien ek die verf op die dak begin fade.
Sal sien hoe hulle die saak hanteer.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
-
Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: Watter Canopy?
Ek stem saam, ek het probleme met roes soos vroeër hier verduidelik.Arnold wrote: Sun Nov 03, 2024 9:46 pm Ek het so RLD design canopy en sal hom nie aanbeveel nie.
Ek het baie probleme gehad met n canopy wat lek. Dit was op die einde uitsorteer. Nou na 2.5 jaar sien ek die verf op die dak begin fade.
Sal sien hoe hulle die saak hanteer.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: Watter Canopy?
Baie dankie Arnold. Daai was my tweede opsie.Arnold wrote: Sun Nov 03, 2024 9:46 pm Ek het so RLD design canopy en sal hom nie aanbeveel nie.
Ek het baie probleme gehad met n canopy wat lek. Dit was op die einde uitsorteer. Nou na 2.5 jaar sien ek die verf op die dak begin fade.
Sal sien hoe hulle die saak hanteer.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
-
Yogi
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Wed Feb 08, 2012 8:59 am
Re: Watter Canopy?
Jy kan ook gerus kyk na Wild se canopies. https://www.wildacc.co.za/
Baie goeie waarde vir geld sou ek sê, amper 30% goedkoper as meeste van die kompetisie toe ek gekoop het.
Baie goeie waarde vir geld sou ek sê, amper 30% goedkoper as meeste van die kompetisie toe ek gekoop het.
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: Watter Canopy?
Bushtech R 39675.00
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2595
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Watter Canopy?
Alu-cab, hulle is baas.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8001
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Watter Canopy?
RLD trek hulle skouers op, bly maar so vêr weg as moontlik!!!Arnold wrote: Sun Nov 03, 2024 9:46 pm Ek het so RLD design canopy en sal hom nie aanbeveel nie.
Ek het baie probleme gehad met n canopy wat lek. Dit was op die einde uitsorteer. Nou na 2.5 jaar sien ek die verf op die dak begin fade.
Sal sien hoe hulle die saak hanteer.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Watter Canopy?
Buy Once
Cry once
Bushtech
https://bushtech.co.za/product/aluminiu ... 8kQAvD_BwE
Sent from my iPhone using Tapatalk
Cry once
Bushtech
https://bushtech.co.za/product/aluminiu ... 8kQAvD_BwE
Sent from my iPhone using Tapatalk