Wat vang die Kallers

User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Wat vang die Kallers

Post by BLOK »

Boer bel my vanmore ek moet kom help iets het nou die laaste maand al 6 van sy kallers gevang. Was toe gou daar en fotos geneem.

Nou die boer het al voorheen probleme met luiperds gehad en natuurbewaring het hulle toe verwyder. Ook het hulle al n bruin wolf (hayina) tussen die kallers geskiet so paar jaar terug. En glo vir my die area is ook vrot van die jakkalse. Die plase is maar klein so tussen 100 en 200ha so dit maak roep baie moeilik.

Op die fotos sal julle sien dat omtrent al die ingewande weg is twee of drie derms wat rondle om die kalf, ribbes se punte is ook almal af gevreet en bytmerke is aan die agterkant net om die anus. Ons het die nek en kop afgeslag en daar is geen bytmerke net die een oor se punte wat gekou is.

Nou wil ek graag weet wat sou die kalf gevang het ek weet jakkalse het virseker saam geeet maar of dit hulle is wat oorspronklik gevang het weet ek nie. Omdat ek net een oop kol in die kampie (80x100m) het waar ek kan roep wil ek seker maak dat ek vir die regte sondebok kom inroep.

[img width=360 height=480]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... -00002.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... -00004.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... -00005.jpg[/img]
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Wat vang die Kallers

Post by Gerhard »

Jakkals...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Wat vang die Kallers

Post by BLOK »

Gerhard

Ek het dit ook so, maar omdat daar al soveel ander skuldiges was wonder ek maar. Een van die werkers het ook gese hy het laaste tyd al weer n groot spoor op die plaas gesien wat my maar net weer laat wonder het.

As jy kyk hoeveel hulle geeet het wat sal jy se hoeveel jakkalse dink jy kon dit wees 4+ reken ek.
Last edited by BLOK on Mon Feb 27, 2012 10:11 am, edited 1 time in total.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Wat vang die Kallers

Post by Raven »

Blok,

Vat 'n masjiengeweer saam, daar is baie jakke  ;)

Gebruik die een oopkol tot die beste van jou vermo?ns. Lig vinnig in die rondte elke 35 sekondes, moenie rondwaal met die lig nie - min area lig vinnig en effektief, nie te skerp lig nie, gebruik dimmer.
'n lekker springbok of kalf klankie redelik hard lok hulle bietjie makliker uit in beboste area- lees minder skietafstand.

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Wat vang die Kallers

Post by Gerhard »

Ek het 9 op een staan plek op 150HA plaas geskiet amper tussend die beste so begin van die maand.

Verskil is net ek skiet nie deur n jakkals nie so ek is nie gestress oor die beeste wat 200m weg staan nie.

Met jou kaliber het jy dalk n probleem.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Wat vang die Kallers

Post by Smirre »

Gerhard
Met wat skiet jy nie deur 'n jakkaks nie?

Smirre
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Wat vang die Kallers

Post by Gerhard »

222 Rem en 36gr Barnes Varmint Grenades wat so teen 3600fps draf
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Wat vang die Kallers

Post by Smirre »

Eina!!!!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Wat vang die Kallers

Post by Gerhard »

Het Saterdag aand 3 geskiet met 40gr VMax maar al drie was voor in die bors.

Daar ook nie uitgangs wonde gehad nie.

Sal sien op n plank dwars skoot wat die 40gr VMax'e doen.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Wat vang die Kallers

Post by cassie_calvinia »

gerhard
hier was laasweek mense wat oor boer goeters gepraat het.
hulhet gese die jakkalse daar by julle begin soos pakhonde saam werk. weet nie of dit so is, maar volgens daardie foto lyk dit defnitief so. en dis 'n helse probleem
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Wat vang die Kallers

Post by BLOK »

Cassie

Ek glo dit wat jy se. Op n ander plaas ook hier by Potch bel n boer vir PJ so maand terug jakkalse vang sy skape al helder oor dag op n 35ha plot ons moet kom help. Skiet toe die eerste aand n weeks aand en ons kan nie langer as 3ure bly nie 9jakkalse. En as dit nie vir die tyd was wat ons ingehaal het nie kon ons maklik nog nege skiet as ons die oe kyk wat nog nie ingekom het nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Wat vang die Kallers

Post by Gerhard »

Nee wat.

Daar was dan nou die dag n video clip op waar n jakkals teef n groot springbok ram plat maak...

n kalf sal nie n groot uitdaaging dan wees nie.

Onthou die jonges loop nou saam rond nog en dit is baie keer wat die mense die indruk gee hulle jag in n pak...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Wat vang die Kallers

Post by cassie_calvinia »

dit maak sin. Maar, 9 jakkalse op 'n staanplek? dit maak dan nie sin
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Wat vang die Kallers

Post by Gerhard »

cassie_calvinia wrote: dit maak sin. Maar, 9 jakkalse op 'n staanplek? dit maak dan nie sin
Maklik.

Ek het hulle dan al paar keer so geskiet...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Wat vang die Kallers

Post by BLOK »

Gerhard

Ek glo dat een jakkals n kalf kan vang, maar ek dink tog daar sal gevalle wees waar meer as een jakkals saam sal werk om te vang.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
PJS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 403
Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am

Re: Wat vang die Kallers

Post by PJS »

cassie_calvinia wrote: dit maak sin. Maar, 9 jakkalse op 'n staanplek? dit maak dan nie sin
Cassie
Jy is reg dit het vir my ook nie sin gemaak nie. Ek sal kyk of ek netnou n foto kan opsit van daardie aand. Was ook meestal jonges met een groot reun by, as ek reg onthou!
Groete,
PJ
Jag is 'n voorreg. Geniet en waardeer elke geleentheid.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Wat vang die Kallers

Post by tafjak »

Blok

Gaan rook die jakkalse, lyk vir my of hulle die alleen sondaars is.

Sorg dat die "dienste" deur jou gelewer dienooreenkomstig vergoed word!

Voorspoed.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Wat vang die Kallers

Post by BLOK »

Taf

Altyd jy weet mos ons sit baie in so iets moet ons mos uitkry.  Jy stem dus ook saam dat dit net jakkals is. Soos ek gese het hier was al voorheen ander probleem boggers gewees en n man wil tog net eers seker maak.

Sal julle laat weet hoe dit gedraai het.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
PJS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 403
Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am

Re: Wat vang die Kallers

Post by PJS »

Cassie

Hiers daai foto. Ek sien dit was 8 nie nege nie skuus  :police:
Groete,
PJ
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jag is 'n voorreg. Geniet en waardeer elke geleentheid.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Wat vang die Kallers

Post by cassie_calvinia »

ja nee manne, ek stry nie oor die 8 of 9 nie. hoe is hul die tyd van jaar nog so bymekaar? pa,ma, 6 kleintjies, helper. maar, sal die kleintjies nog so by die ouers loop. hier by my sien ek al baie alleen kleintjies. dalk is daar so baie jakkalse dat hul gebiede net bitter klein raak? dalk maak dit dat hul dalk langer bymekaar bly? kyk, so jong kalf is al vrek sterk! gerhard, verstaan jy my punt? hoekom is hul nog so laat so bymekaar? of, vorm hul dalk pakke? met die ontploffing kan snaakse goed gebeur. ek vra maar net... Weet hier by my in die berg is daar 2 groepe wat seker in 30ha loop. daar maar min en sleg staanplek. sal maar vrydag aand sien watse planne toor oom taffie daar uit!
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Wat vang die Kallers

Post by Gerhard »

Cassie,

Dit gebeur baie hier as jy die eerste keer op n plaas kom waar daar nog nie geroep en of geskiet is op die jakkalse nie dat jy met die eerste roep sessie n redelike klomp om dop.

Die wereld hier in die Transvaal lyk bietjie anderste as daar in jou geweste.

Die jakkals populasie ontplof wat veroorsaak dat kern en loop gebiede baie kleiner raak oor die jare...

Gee vir ou Taffie n lekke uit daaging en dan sien jy hoe toor hy met Slingervel en daai Datsun.  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Wat vang die Kallers

Post by cassie_calvinia »

Gerhard wrote:

Gee vir ou Taffie n lekke uit daaging en dan sien jy hoe toor hy met Slingervel en daai Datsun.  ;D
dis die plan mater... ;D
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Wat vang die Kallers

Post by BLOK »

Cassie

Daai groep van 8 wat ons geskiet het sal jy nie glo nie was almal reun jakkalse en nie almal was so jonk nie, ek dink hier is dit n geval van daar is so baie dat slegs by die gate self kern gebied is die res is moontlik free for all. Soos ek jou gese het as ons die aand langer aangehou het kon oms die score maklik verdubbel het. Al die jakkalse is ook op n enkele staanplek geskiet.

Ek dink die populasies hier het so baie geword en met die dat die plase so klein is en jy nie die buurman se jakkals skiet nie het ons jag maar n baie klein impak op die vermindering.

Ek weet nie ek wonder maar net.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Wat vang die Kallers

Post by cassie_calvinia »

dit maak sin blok
laas jaar(presies11mnde terug) het ons op 'n plek 7 reen jakkalse in 35ha geskiet. hul was tussen 2-4 jaar.
ons kan tot die punt kom dat ons nog nie besig is om te wen nie...
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5145
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Wat vang die Kallers

Post by Pvdw »

Lees nou so week of wat terug 'n artikel oor jakke. Daar word genoem dat 'n jak +/-800g vleis/kos per dag eet. Nou as ek daai kaller so kyk is daar 'n hele klompie killos weg gevreet. Dalk het die bure kom saam eet?? In so geval is Gerhard se 9 op een plek glad nie snaaks nie.

Peet
Work to live, don"t live to work
Post Reply