Page 1 of 2

Watter 6.5

Posted: Mon Oct 07, 2024 9:08 am
by shanenel
More slmal.Watter 6.5 sal julle aanbeveel vir jag en gong skiet.Sal in die Kalahari en Karoo gebruik word.
Kyk na die Howa 6.5x55 of 6.5 Prc.

Mooi dag

Re: Watter 6.5

Posted: Mon Oct 07, 2024 9:10 am
by shanenel
Ek kyk ook na die 6.5x55 Ackley maar die set lyk om n probleem te wees.

Re: Watter 6.5

Posted: Mon Oct 07, 2024 9:22 am
by Arnold
Kyk bietjie na hierdie draad viewtopic.php?p=881282#p881282

Die 6.5x55 AI doen baie goed, so hy sou definitief 'n opsie in my boek wees.

Re: Watter 6.5

Posted: Mon Oct 07, 2024 9:29 am
by Toyrsi
6.5x55 Ack is n baie lekker kaliber. Dies is baie skaars en duur maar Nezar Eng kan vir jou maak.

Re: Watter 6.5

Posted: Mon Oct 07, 2024 9:51 am
by Capt. Yoda
6.5x55AI se DIEs is skaars maar sy doppe is darem weer 30% + goedkoper as 6.5PRC.

Re: Watter 6.5

Posted: Mon Oct 07, 2024 10:30 am
by Arnold
Capt. Yoda wrote: Mon Oct 07, 2024 9:51 am 6.5x55AI se DIEs is skaars maar sy doppe is darem weer 30% + goedkoper as 6.5PRC.
6.5-284 -> geen fireforming, doppe is redelik geprys en dies is beskikbaar :police:

Re: Watter 6.5

Posted: Mon Oct 07, 2024 10:55 am
by shanenel
Dankie vir die bydraes sover.
Ek kyk spesifiek na die 6.5x55 en 6.5 prc want hulle is die enigste 6.5, behalwe die creedmoor wat Howa tans doen.
Ek skiet n 280 ackley ook so ek is redelik uitgesort met die swaarder punte en n 22x47 lapua wat ek tot 90 greiners skiet ek soek iets tussen in vir 120-140 grein punte.

Re: Watter 6.5

Posted: Mon Oct 07, 2024 8:26 pm
by Glocked
My PRC doen presies wat ek graag wou hê hy moet. Maar ja die x55AI sal ook 'n goeie keuse wees, en loopleeftyd seker heelwat beter. Maar as ek dit weer moes doen, sal ek weer PRC gaan.

Re: Watter 6.5

Posted: Mon Oct 07, 2024 8:32 pm
by Andre308
Ek sou die PRC bo die x55 sweed/ x55Ackley neem.

Jy kan met n korter loop steeds spoed maak en dit met H1000 kruit wat baie skoon en koel brand. Die x55 kort n vol dop RL26 en n langer loop om werklik lekker te perform.

Groete
Andre

Re: Watter 6.5

Posted: Tue Oct 08, 2024 7:45 am
by Henna308
Ek gebruik my 6.5x55 met 22 duim loop as my 'vlakte' geweer. Ek skiet 120gr monometaal koeëls teen so rapsie meer as 2900 vt/s, volgens die slim rekenaarprogramme is ek nog onder maks druk met die kombinasie. Ek het nou nog nie 'n gemsbok anderkant 300m geskiet met die kombinasie nie maar al die ander goed sover het hy baie mooi op gewerk (koedoes en wildebeeste tussen 200m en 300m).

Ek het goeie resultate met beide N550 en N560 gekry met die 120gr monometaal koeëls. Jy sal redelik maklik 123gr 'match' punte geskiet kry teen daardie snelhede, en hulle werk lekker vir gonge teen daai spoed.

Re: Watter 6.5

Posted: Tue Oct 08, 2024 8:13 am
by Capt. Yoda
Ek gebruik N540 met 140gr koele

Re: Watter 6.5

Posted: Tue Oct 08, 2024 9:53 am
by Wouter Roets
Capt. Yoda wrote: Tue Oct 08, 2024 8:13 am Ek gebruik N540 met 140gr koele
Op watse rondte is dit Cappie?

Re: Watter 6.5

Posted: Tue Oct 08, 2024 10:21 am
by Capt. Yoda
Askies, 6.5x55 Swede Wout

Re: Watter 6.5

Posted: Tue Oct 08, 2024 11:13 am
by jdpretorius
Nou is ek net neskurig oor ek ook hou van die x55....as ek dit reg het is SAAMI max druk taamlik laag, en raai dalk nou, by 51k Psi.
Skiet julle die nuwe ketties op hoër druk ?

Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: Watter 6.5

Posted: Tue Oct 08, 2024 11:35 am
by Capt. Yoda
jdpretorius wrote: Tue Oct 08, 2024 11:13 am Nou is ek net neskurig oor ek ook hou van die x55....as ek dit reg het is SAAMI max druk taamlik laag, en raai dalk nou, by 51k Psi.
Skiet julle die nuwe ketties op hoër druk ?

Sent from my SM-A536E using Tapatalk
55k in n moderne askie sonder te veel warries maar ek dink dit is elk geval sammi se max druk as ek nou vinnig dink aan GRT, kan seker hom nog druk na 60k psi toe as jy nou regtig wou die Creeds hardloop oor die 60k psi en dis nie asof n Howa 6.5S aksie swakker as n Howa 6.5Creed aksie is nie

Re: Watter 6.5

Posted: Tue Oct 08, 2024 12:45 pm
by Arnold
Aangesien jy spesifiek na Howa verwys vir gong skiet en langer afstande jag, sou ek na die 6.5 PRC kyk wat mens in 'n dikloop kry.

Re: Watter 6.5

Posted: Tue Oct 08, 2024 12:47 pm
by jdpretorius

Capt. Yoda wrote:
jdpretorius wrote: Tue Oct 08, 2024 11:13 am Nou is ek net neskurig oor ek ook hou van die x55....as ek dit reg het is SAAMI max druk taamlik laag, en raai dalk nou, by 51k Psi.
Skiet julle die nuwe ketties op hoër druk ?

Sent from my SM-A536E using Tapatalk
55k in n moderne askie sonder te veel warries maar ek dink dit is elk geval sammi se max druk as ek nou vinnig dink aan GRT, kan seker hom nog druk na 60k psi toe as jy nou regtig wou die Creeds hardloop oor die 60k psi en dis nie asof n Howa 6.5S aksie swakker as n Howa 6.5Creed aksie is nie
Ja, my gadagte ook, dat naby 60k psi nog lekker kan werk.
So nou....hoekom wil n ou dan n CM skiet as jy beter spoed uit die x55 kan kry....dalk mis ek iets ?

Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: Watter 6.5

Posted: Tue Oct 08, 2024 1:11 pm
by Capt. Yoda
jdpretorius wrote: Tue Oct 08, 2024 12:47 pm
Capt. Yoda wrote:
jdpretorius wrote: Tue Oct 08, 2024 11:13 am Nou is ek net neskurig oor ek ook hou van die x55....as ek dit reg het is SAAMI max druk taamlik laag, en raai dalk nou, by 51k Psi.
Skiet julle die nuwe ketties op hoër druk ?

Sent from my SM-A536E using Tapatalk
55k in n moderne askie sonder te veel warries maar ek dink dit is elk geval sammi se max druk as ek nou vinnig dink aan GRT, kan seker hom nog druk na 60k psi toe as jy nou regtig wou die Creeds hardloop oor die 60k psi en dis nie asof n Howa 6.5S aksie swakker as n Howa 6.5Creed aksie is nie
Ja, my gadagte ook, dat naby 60k psi nog lekker kan werk.
So nou....hoekom wil n ou dan n CM skiet as jy beter spoed uit die x55 kan kry....dalk mis ek iets ?

Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Kan seker selle vra hoekom wil mens n x55 skiet as jy n 6.5x284 kan skiet

Re: Watter 6.5

Posted: Tue Oct 08, 2024 4:15 pm
by jdpretorius
Capt. Yoda wrote:
jdpretorius wrote: Tue Oct 08, 2024 12:47 pm
Capt. Yoda wrote: 55k in n moderne askie sonder te veel warries maar ek dink dit is elk geval sammi se max druk as ek nou vinnig dink aan GRT, kan seker hom nog druk na 60k psi toe as jy nou regtig wou die Creeds hardloop oor die 60k psi en dis nie asof n Howa 6.5S aksie swakker as n Howa 6.5Creed aksie is nie
Ja, my gadagte ook, dat naby 60k psi nog lekker kan werk.
So nou....hoekom wil n ou dan n CM skiet as jy beter spoed uit die x55 kan kry....dalk mis ek iets ?

Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Kan seker selle vra hoekom wil mens n x55 skiet as jy n 6.5x284 kan skiet
Net my persepsie....maar dit klink of loop lewe op die 6.5x284 dalk aan die korter kant kan wees.

As n ou bietjie speed soek gan jy sekerlik iewers in boet.

Die is nou bietjie highjack.....op n kol het ek sterk oorweeg om my 270win te smous (oor ek net met hom jag) en toe begin soek vir iets wat in die selfde klas boks, maar dalk makliker is om te kry in n swaarder loop, en n meer moderne koeël ontwerp.
Die 6.5 PRC lyk nie sleg nie,....maar ek't mos klaar al die herlaai goed om die 270win mooi te laat loop en eers die gejeuk gelos.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: Watter 6.5

Posted: Tue Oct 08, 2024 5:08 pm
by Capt. Yoda
Alles hang seker maar af van wat jy wil doen. As jy regtig n swaar .264 koel vinnig wil skiet kyk ma na die 284 of PRC maar dan gaan jy in boed op loop lewe, vir n jag gun pla dit my nie as ek 1200 skote met n kruit soos N560 kry wat my lekker spoed gee is dit seker 8 plus jaar se jag so is what it is.

Ek skiet al baie jare kompeteurend en ek kan jou se as jy n 6.5Creed oop ketels skiet kyk jy maar na 1200- 1400 akurate long range skote (ekt al gesien wat op 900 heel 11.1.11) so dan kan jy maar net sowel n 156gr teen 2950fps uit n lang loop x284 of prc skiet, obviously vir jag is dit n heel ander saak maar as jy strings van 10 skote+ agter mekaar skiet eet dit n loop. As jy n x55 teen 53k psi skiet gaan jou loop en doppe baie langer hou as wanne jy n Creed teen 63k psi skiet, natuurlik kan jy die creed ok teen laer revs hardloop dans dit meer appels met appels. Daar is geen black magic hier nie maak nou nie saak wat Hornady op n podcast se nie.

Wat ek wel weet is dat enige 6.5 of dit nou n Creed, 260 of x55 met n goeie 140gr koel teen 2600fps enige groot wild biltong bok in SA vrek skiet.

As jy spoed soek koop n 6mm O0

Laaste 4 jaar jag ek saam n pel wat in sy Sako 25-06 glo, standaard van die rak af. Ek dink ekt een bok gesien wat n 2de 120gr Norma fabrieks koel moes vaten hyt al bokke ver met daai scopie en roer geskiet, gaan maar oor die ou agter die sneller ook soms

Re: Watter 6.5

Posted: Tue Oct 08, 2024 5:54 pm
by jdpretorius
Cappie ek stem heelhartig saam.


....net gou n kop smokkel, en dit is hier waar ek my geheuk bietjie gelos het....met n 270w skiet n ou n 140gr, met n al skaflike BC van 0.46 of 0.50, op n lekker kruit soos H4831SC, en idle teen n baie matige +/-53k psi, vir so 2900 fps.
Die manne wat eerder een van ons ministers oop bek sal soen voor hy n 270w skiet, weet nie wat hulle mis nie ....ou indiaan storie die, van n ou sonder n snipe gun
Highjack af....

Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: Watter 6.5

Posted: Tue Oct 08, 2024 6:01 pm
by Armand Steenkamp
Ek kan maar net my ondervinding deel. Die 6.5x55AI is vir my loshande die beste, mits jy die roer gaan bou en n lekker lang loop gaan opsit. Tenminste 26duim. Ek skiet in my roer 142gr Matchking teen 2940fps en dit is nog heel konserwatief en met nie heeltemal die regte kruit nie.

As jy nie gaan bou nie dan krap die dinge dalk effe deurmekaar. Dan sou ek se gaan maar eerder vir die Dukloop Howa 6.5PRC

Groetnis

Re: Watter 6.5

Posted: Tue Oct 08, 2024 7:43 pm
by shanenel
Dankie vir al die terugvoer.Ek het reeds n 28 duim bartlein wat wag vir n kamer.Dink ek gaan die 6.5x55AI roete gaan.Klink my n die set vanaf Nezaar engineering is nie te moeilik bekombaar nie.
Dankie manne.Sal laat weet hoe hy maak.

Re: Watter 6.5

Posted: Wed Oct 09, 2024 7:28 am
by Toyrsi
Daar is baie 6.5 kalibers maar nie een van hulle is so mooi soos n 6.5x55 Ack nieImage


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Watter 6.5

Posted: Wed Oct 09, 2024 8:00 am
by Wouter Roets
Johan

Die 6.5x55 Sweed, alhoewel hy n 25 grade skouer het, het die ontwerp heelwat body taper en dit veroorsaak redelike boltthrust teen hoer druk. Ek weet van n paar manne wat gesukkel het om hulle slotte oop te kry teen drukvlakke van 60 000psi. So dis die ontwerp van die dop eerder as die dopkonstruksie of die geweer aksie wat die beperkende faktor met hom is. Die Ackley weergawe spreek natuurlik hierdie probleem aan.

Groetnis
Wouter