Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Wat vir my interessant was, is die verskil in die hoeveelheid gasse en kruit wat uitkom by die skote met en sonder 'n knaldemper. Nou wonder ek, sal dit enigsins 'n verskil maak op die eksterne balistiek van die koeël? Geen "steuring" van gasse en kruit op die koeël, of gebeur soortgelyke "steurings" dan binnein die demper?
Ek weet dit is hare kloof, maar ons werk met mikrosekondes en klein invloede op die koeël.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Wat ook uitstaan is die hoeveelheid ongebrande kruit wat voor by die loop uitkom, die spoed verlies of te wel die druk verlies maak nou meer sin op korter lope. Ek wonder nou oor die kroon-vorm van verkilende lope (plat-target en verskilende grade hoeke) en hoe dit dalk die projektiel sal beinvloed met die verlaat slag? Dan ook die stert van die projektiel, plat of boat tail? Baie interessant.