Oorlog, en gerugte van oorlog noggal in geweerwinkels

Enige iets pas hier/ discuss anything here
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Oorlog, en gerugte van oorlog noggal in geweerwinkels

Post by James Wilson »

More manne

Ek wil nou lankal al bietjie hoor wat se oorlogstories hoor julle in ''party'' geweerwinkels? O aarde my ore tuit as ek van die antwoorde in sommige geweerwinkels hoor. Te wonderlik is dat die stories hulle self gou begin herhaal en niemand bevraagteken dit nie. Die beste is die jonger verkoopsmanne wat met vreeslike toewyding stories herhaal. Hulle is baie opgewonde maar het nie n idee hoekom nie.

Ek vra onlangs in n winkel waarom S365 skielik amper verdubbel in prys? Die antwoord is omdat die Duitser(Rheinmetal) bang is ons gee dit vir Isreal. Sien,(gaan die verduideliking voort) die Duitsers en die Jode hou eintlik nie van mekaar, onthou ek dannie vir Her Hitler nie. Ek het weer gedog in my dommigheid dat dit is liewer ons regering wat nie van Isreal hou nie. Die Duitsers het onlangs onder kritiek deurgeloop vir wapens wat hulle vir Isreal voorsien het. Maar die heersende politieke ontleding in party geweerwinkels dra n ander opinie.

Twee jaar terug sukkel ek skielik om 243/6mm 87grn V-Max te kry. Ek vra toe wat sou die rede wees? Nou sien nou,nou kry ek n lesing, die Amerikaners is baie verdag oor ons regering(ek ook noggal) om rede dit, word meeste Amerikaanse uitvoere nou gestop na ons toe, want die regering gaan dit vir Putin gee. O, ok nou wonder ek maar net van wanner af skiet die Russe met 6mm v-max? Ek het noggal in my Army dae n kursus gedoen met die naam Anti-SA wapentuig, wat maar niks anders is as Russies en Chinese platforms nie. Ek kan nie onthou van 6mm in daai opset nie, laat staan nog die behoefte van varminters soos v-max. Nou ander dag kom ek in dieselfde winkel en dit is net 6mm vmax waar jy kyk. Ek vat een pakkie in my hand en vra dieselfde verkoopsman, as ons dan nou weer v-max kry is die oorlog dan verby? Nee se hy, juis die rede hoekom ons nie nou primers kry nie is reeds omdat die oorlog nou op sy ergte is. Ek skud maar net my kop en koop die vmax.

Vriend van my se pa soek n spesifieke 303 pakkie patrone wat mooi werk in die ou raakskietter, dit is S&B 180grn. Ek vra toe bietjie rond maar was nie dadelik suksesvol nie. Tog een verkoopsman het darrem dit nodig gevind om my te herhinder dat daar tans baie Islam ekstremistiese(hy het n ander beskrywing gebruik, ek het dit net bietjie skoongemaak) bedrywigheid in Mozabiek is. Ek se toe maar, ek weet so bietjie daarvan maar wat het dit te doen met 303 ammo? Ja, gaan die gesk les voort, hou maar in gedagte dat die Islam en die Jode kan mekaar glo nie verdra nie. Uit blote morbiede nuuskierigheid vra ek toe maar verder,wat het S&B wat in Oos-Europa sit, dan nou met dit te doen hier in Suidelike-Afrika? Nee se hy,hy weet nou eintlik self nie, maar ek moet net in gedagte hou dat Mosambiek en Isreal is nader aan mekaar as wat ons dalk dink.

Ek het nog stories maar party grens aan die absurde. Ek smile maar net as dit hoor, maar wonder moet van die manne net nou en dan hulle stories soortvan bevestig nie. Ek het vroer vinnig in n stryer beland met sulke stoires want ek het gevoel n man se intiligense en algemene kennis word nou liederlik onderskat. Ek het egter met die tyd agtergekom hierdie mense glo vas aan wat hulle jou nou vertel het. Gewoonlik word daar dan ook vluisterend na n baie betroubare bron verwys. Gewoonlik is dit sy oom se buurman se kleinseun wat by PMP of Somchem werk. Nou ja hoe kan jy teen sulke bronne stry?

Rukkie terug besef ek, ek sal na my S321 voorraad moet kyk vir die AR-15. Ek stap by n Ko-operasie in en vra die jongman vir so n paar blikke S321. Nee sy hy (bitter verontwaardig)waarvan praat ek dan nou? Daardie goed is so skaars soos hoendertanne, ek sal dit nerens in die land kry. Dit kon ek nie verstaan nie, want ek weet op daardie staduim het ek baie aanlyn advertensies gesien wat wys S321 is beskikbaar. Ek vra toe maar waarom nou skielik, sal ek dit nerens kry nie?. Maar, het ek dan nie geweet dat S321 word in militere kalibers gebruik, en op die oomblik vat Amerika alles vir homself. Ek ry baie moedeloos daar weg en stop by n ander geweerwinkel, af in die straat wat vir my n pakkie bestel het. Ek vra toe vir die ouer man agter die toonbank, wat is sy gevoel oor die skaarste van S321? Nou se die oom, hy verstaan nie watse skaarste nie, hoeveel blikke wil ek he?

Nou ja ek het lanklaas deelgeneem en hierdie is sommer bietjie tong in die kies. By verre die meeste geweerwinkels en verkoopsmanne dra jou op hande en voorsien ons van pragtige raad.

Laat weet maar as julle ook bietjie moes kopkrap oor antwoorde met oorlogte en voorraad
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 485
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: Oorlog, en gerugte van oorlog noggal in geweerwinkels

Post by saswart »

James, ek stem saam, maar ek hoor amper meer sulke stories by die wolf-oompies (omdat hulle altyd so antwoord "whoo hoo meneer kom ek vertel jou") wat langs die toonbank staan en die eintlike kenners is as die verkoopsmanne... Deesdae is die storie dat al die primers in die Ukraine oorlog gebruik word en/of iewers gestoor word vir China/VSA

Ek het ook al gehoor by geweer winkels dat ons sportskuts wat oorsee in kompetisies wil gaan deelneem verban word "omrede die SA manne moontlik oor hul land se politieke oortuigings, die sniper kennis sal deel met lande soos Irak / Iran /Rusland of self vir hulle sal veg".
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Oorlog, en gerugte van oorlog noggal in geweerwinkels

Post by Capt. Yoda »

As die boere dam net met Vmaxe en 6mms kon skiet daai tyd

Die primer ding is vir my nogals baie interesant, ons sukkel nou so met primers weens die Rusland/Ukraine oorlog maar toe Amerika, Canada, UK en Aus die sandkinders in hul grotte fooktop gesiet het het ek R80 n pakkie match primers betaal en die media gaan my nie vertel die Amerikaners en hul maats het daai jare minder skote per dag geskiet as Ukrane nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1879
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Oorlog, en gerugte van oorlog noggal in geweerwinkels

Post by Ratel »

Ja James dis k&k irriterend as mens winkel toe gaan en dan agter die toonbank en voor die toonbank sulke stront moet aanluister. Ek wonder of die ouens besef hoe maak hulle hulle name gat. By ons plaaslike geweer winkel nou die dag vra die een jong knaap (wie presies is soos wat jy beskryf en slim soos 'n boom vol uile is) vir my of hy my kan help. Se ek hom nee laat iemand anders my help want jy praat te veel k&k. Wat my moerig maak is as jy herlaai komponente koop en die jong verkoopsman reken jy moet eerder daai koop want dis beter en dan vra ek maar verduidelik bietjie hoekom se jy so en die antwoord wat jy kry is "nee ek hoor maar die mense praat so".
Ek onthou nog die nuwe wapen eienaar wat bitter ongelukkig was in die wapen winkel. Ek vra hom toe wat is fout.Se hy vir my hy het 'n handwapen gekoop en vir sport skiet gemotiveer en die verkoopsman reken hom hy moet net onthou hy mag die pistool nie vir selfverdediging gebruik nie. Vat ek hom na die eienaar van die winkel toe en se hy moet sy verkoopsmanne bemagtig met kennis want hulle praat stront met sy kliente. Die positiewe deel is dat die nuwe wapen eienaar darem met 'n sug van verligting daar uitgestap het.
Maak 'n verskil
B Five
Full Member
Full Member
Posts: 211
Joined: Mon Jan 22, 2018 7:34 am

Re: Oorlog, en gerugte van oorlog noggal in geweerwinkels

Post by B Five »

Nou my vraag,……..weet een van julle manne wat die regte rede is vir die LR primer skaarste?
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3961
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Oorlog, en gerugte van oorlog noggal in geweerwinkels

Post by tau »

B Five wrote: Tue Aug 13, 2024 3:34 pm Nou my vraag,……..weet een van julle manne wat die regte rede is vir die LR primer skaarste?
LR staan vir Longrange nie large rifle nie en al die manne skiet deesdae vêr want die bokke is ongelukkig oor die aard verwarming. So nou staan hulle verder uitmekaar uit om die aarde koeler te hou.


Online winkels het die lewe soveel beter gemaak. Ek mis vir Oom Hendrik moer baie hy het mens uit duur goed uitgepraat in 3 pakkies cheap goed, jy het gewen en hy :)
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Re: Oorlog, en gerugte van oorlog noggal in geweerwinkels

Post by HeinM »

Mense praat net stront as jy genoeg tyd het om te luister daarna.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Oorlog, en gerugte van oorlog noggal in geweerwinkels

Post by Capt. Yoda »

As julle lekker wil lag staan saam jou pel langs die counter naby die salesman en praat bq van LR jag so dat hy kan hoor

My beste was nog toe ek vir my pistole self wou laai en bq vra oor koele toe se die knaap by die groot winkel my ek moet net onthou as ek iemand met my homebrew ammo skiet kan hul my dagvaar en dan het ek nie die backing van ouens soos Winchester nie. Liewe genade
Last edited by Capt. Yoda on Tue Aug 13, 2024 4:47 pm, edited 1 time in total.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Oorlog, en gerugte van oorlog noggal in geweerwinkels

Post by Frederik »

Ek dink meeste van die oorlog stront kom direk van die invoerders af en die reps wat die winkels besoek as hulle rede moet soek hoekom dit duur is en hoekom die skaars is.

Persoonlik dink ek as jy vervarrdiger is van enige komponente smile jy nou breed al die pad bank toe.
Eers was dit tekort aan masker onthou julle COVID en te kort aan die en dat die valsmark het net die geweer mark getref en begin misbruik.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Oorlog, en gerugte van oorlog noggal in geweerwinkels

Post by Capt. Yoda »

B Five wrote: Tue Aug 13, 2024 3:34 pm Nou my vraag,……..weet een van julle manne wat die regte rede is vir die LR primer skaarste?
Ek dink dit het wel te doen met die Rusland goed want al die EU lande koop nou stock op want hulle is bang hul word betrek in die ding en hul het al die jare hulle ammo levels baie laag gehou. Daar is maar net 2 of 3 ouens wat regtig primers maak in die wereld.

Soos Johna se online winkels is fantasties
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
B Five
Full Member
Full Member
Posts: 211
Joined: Mon Jan 22, 2018 7:34 am

Re: Oorlog, en gerugte van oorlog noggal in geweerwinkels

Post by B Five »

Al hierdie redes van hoekom alles so duur raak, laat my dink aan die voerkrale.
Hulle het tienduisend redes hoekom hulle ons uit ons kallers spyker, en hulle kan blykbaar skaars oorleef, maar hulle verdriebbul hulle stand getalle…..?
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 959
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Oorlog, en gerugte van oorlog noggal in geweerwinkels

Post by OosKaapJagter »

Dit is beter om jou mond te hou sodat ander dink jy is onnosel, eerder as om dit oop te maak en alle twyfel uit die weg te ruim.

Daar word ongelukkig baie strooi gepraat in geweerwinkels. Dit is nie net winkel assistente nie, maar baie keer ook kliënte wat twak kwytraak. Dit is dikwels nie die moeite werd om iemand wat so beterweterig is te probeer oortuig hy is verkeerd nie.

Mark Twain het dit goed gestel: "Never argue with an idiot. They will drag you down to their level and beat you with experience."
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Oorlog, en gerugte van oorlog noggal in geweerwinkels

Post by Riaan Kriel »

OosKaapJagter wrote: Tue Aug 13, 2024 6:47 pm Dit is beter om jou mond te hou sodat ander dink jy is onnosel, eerder as om dit oop te maak en alle twyfel uit die weg te ruim.

Daar word ongelukkig baie strooi gepraat in geweerwinkels. Dit is nie net winkel assistente nie, maar baie keer ook kliënte wat twak kwytraak. Dit is dikwels nie die moeite werd om iemand wat so beterweterig is te probeer oortuig hy is verkeerd nie.

Mark Twain het dit goed gestel: "Never argue with an idiot. They will drag you down to their level and beat you with experience."
Groot waarhede wat jy hier bo noem... Het 'n slag iemand probeer help met 'n teleskoopkeuse en is toe daarvan beskuldig dat ek absoluut niks weet omdat ek nie in die wapenhandel bedryf is nie.... netso ook toe ek vir iemand vertel om versigtig te wees vir "conspiracy theories" hoor ek dat ek nie weet wat in die nuus aangaan en dat ek te verblind is om die logiese afleidings te maak na waarheen dinge oppad is nie ::)

Stem ook saam met soos hier bo genoem dat aanlynwinkels voordelig is.. jy kan die goed bestel wat jy wil hê sonder tientalle redenasies dat 'n ander produk eintlik beter vir jou doel sal wees en meesal is die pryse by aanlyn winkels ook beter. So dit is 'n wen-wen situasie.. vir my gemoed en vir my budget ++>:

Ten opsigte van oorlogspraatjies:
Alvorens die vorige amerikaase verkiesing toe Trump teen Biden verloor het was daar gerugte in die wapenwinkels van 'n burgeroorlog in amerika en dit is gegee as rede van hoekom daar so min koeëls en ander wapenverwante items ingevoer word... Die amerikaners hou alles terug..

Die volgende rede was dat die SA regering is bang vir 'n burgeroorlog by ons en wil geen invoerpermitte goedkeur vir kruit, slagdoppies, koeël en ammunisie nie ...

Toe die oorlog tussen Rusland en Oekraïne uitbreek was dit die rede vir die tekorte want al Lapua en ander vervaardigers se produkte gaan eerder vir ammunisie vir die oorlog as vir ons min sportskuts hier aan die onderpunt van afrika....

Gelukkig skiet ek aansienlik minder die jaar en was minder in die winkels so ek het nog geen stories moes aanhoor oor wat se invloed die Israel oorlog en die dreigende 3de wereldoorlog het op die beskikbaarheid en pryse van herlaai- en skietgoed nie ;) ;D
Last edited by Riaan Kriel on Wed Aug 14, 2024 11:41 am, edited 1 time in total.
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: Oorlog, en gerugte van oorlog noggal in geweerwinkels

Post by toxicsox »

Would have been nice if there were members on this forum who works for the agents that can give us the facts.
In the last two weeks at different gun shops I was told that:

SAHARA has filed a lawsuit against FORMALITO for distributing CCI primers only to S&O and in turn SAHARA will no longer be receiving any FORMALITO products.
There are no hunting brass currently being manufactured as all manufacturers are only focussing on military ammo.
Rheinmetall is focused on export to Russia only and is being investigated as it was their products being loaded onto the Lady R….
My favourite though is that every time I’m in the shop I can hear the salesman saying to someone : “ We are expecting a delivery the end of the month. The ship is in the harbour.”
User avatar
Cobus Wessels
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am

Re: Oorlog, en gerugte van oorlog noggal in geweerwinkels

Post by Cobus Wessels »

Enigste "feit" is dat ons almal Piet Skiet se You Tube videos moet gaan "like". Hy verkondig dat slegs nuwe Hornady kalibers enige waarde het en dat geen ware vriend 'n kaliber soos 30-06 vir iemand sal aanbeveel nie. As hy lank genoeg, hard genoeg poef praat sal ons weer begin komponente vir grootmens kalibers in Suid-Afrika begin kry terwyl die gel in die hare "langafstand jagters" mekaar vertrap vir goed wat al 50jaar en langer bestaan (sonder Hornady se advertensie masjien).
Primers begin land darem al....

Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk


User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Oorlog, en gerugte van oorlog noggal in geweerwinkels

Post by Capt. Yoda »

Ek zip eder my lat in my jean vas voor ek na sy stem luister
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Oorlog, en gerugte van oorlog noggal in geweerwinkels

Post by jdpretorius »

Capt. Yoda wrote:Ek zip eder my lat in my jean vas voor ek na sy stem luister
ImageImageImageImage.....ja, ook glad nie n fan nie.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3961
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Oorlog, en gerugte van oorlog noggal in geweerwinkels

Post by tau »

toxicsox wrote: Wed Aug 14, 2024 9:22 am My favourite though is that every time I’m in the shop I can hear the salesman saying to someone : “ We are expecting a delivery the end of the month. The ship is in the harbour.”
So I do container transport as 60% of my business. The shipping line gives you between 2-6 free day to remove the container from the port so that must be why we are paying so much for shooting supplies as the importing agents leave them in the port for months I assume and then get massive fines from the shipping lines :)

So when a supplier of truck or trailer spares gives me this answer I ask them they should use me as I get containers out the harbour daily. :laugh: :laugh:
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Cobus Wessels
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am

Re: Oorlog, en gerugte van oorlog noggal in geweerwinkels

Post by Cobus Wessels »

Capt. Yoda wrote:Ek zip eder my lat in my jean vas voor ek na sy stem luister
Dit is nou 'n skreeusnaakse (dog pynlike) opmerking

Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk

User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Oorlog, en gerugte van oorlog noggal in geweerwinkels

Post by Lategan1 »

tau wrote: Fri Aug 16, 2024 10:58 am
toxicsox wrote: Wed Aug 14, 2024 9:22 am My favourite though is that every time I’m in the shop I can hear the salesman saying to someone : “ We are expecting a delivery the end of the month. The ship is in the harbour.”
So I do container transport as 60% of my business. The shipping line gives you between 2-6 free day to remove the container from the port so that must be why we are paying so much for shooting supplies as the importing agents leave them in the port for months I assume and then get massive fines from the shipping lines :)

So when a supplier of truck or trailer spares gives me this answer I ask them they should use me as I get containers out the harbour daily. :laugh: :laugh:
Dodelik! :)

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Oorlog, en gerugte van oorlog noggal in geweerwinkels

Post by Apie »

Capt. Yoda wrote:Ek zip eder my lat in my jean vas voor ek na sy stem luister
Amen!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Oorlog, en gerugte van oorlog noggal in geweerwinkels

Post by Pappabeer »

En daai selfde recce agter die toonbank het vir julle vertel hoekom julle nie die Covid jovo moes kry nie, want Biil Gates gaan die wêreld se DNA daarmee verander…
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Oorlog, en gerugte van oorlog noggal in geweerwinkels

Post by Lategan1 »

Pappabeer wrote: Fri Aug 16, 2024 2:24 pm En daai selfde recce agter die toonbank het vir julle vertel hoekom julle nie die Covid jovo moes kry nie, want Biil Gates gaan die wêreld se DNA daarmee verander…
Dit, is 90% dieselfde mense, stem.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Oorlog, en gerugte van oorlog noggal in geweerwinkels

Post by Cobus(Cobb) »

Net voor anderdag se stemmery, is ek ook vertel hoe daar "n paar minute voor my" n klomp mede burgers, kom opstack het met ammo....Na die stemdag gaan die bloed loop. Ek word toe ook sommer aangeraai om kos ook op te gaar. ;D ;D

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Rawstorne
Full Member
Full Member
Posts: 122
Joined: Mon Oct 10, 2022 6:26 pm

Re: Oorlog, en gerugte van oorlog noggal in geweerwinkels

Post by Rawstorne »

Ek hou van hierdie draad.
Dit doen my maag spiere goed!

Ek hou daarvan wanneer iemand iets slim van die Recces sê en my seun is by.

Hy kyk gewoonlik vir my met 'n trek in die een mondhoek en dan gooi hy die slimkop met 'n vraag waarvan die antwoord direk uit een van die Recce boeke kom.
Post Reply