Inligting by verkope, ruil en ander transaksies

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Inligting by verkope, ruil en ander transaksies

Post by tripodmvr »

Ek sien die volgende:-

1. Daar word items adverteer en dan word daar nie genoem waar die verkoper bly nie. Dit is belangrike inligting. Sit jou dorp se naam in jou profiel en dan kan 'n voornemende koper dit sien en is die vrae onnodig.
2. 'n Voornemende koper vra waar die verkoper bly al verskyn sy tuisdorp in die profiel boksie aan die regterkant van die advertensie. Let op in die klas asseblief.
3. Met "predictive text" word baie van ons skrywes gewysig of jy maak 'n tikfout. Proeflees jou boodskap om die regte inligting te verseker.
4. Nuwe lede moet die reëls vir advertensies nagaan om geldigheid te verseker.
5. Kies jou kategorie oordeelkundig - as jy iets soek, is daar 'n spesifieke onderwerp daarvoor. Moet dit nie onder teleskope, gewere of ander plek plaas nie. Jy benadeel jou kanse om gehelp te word. Gee duidelike opskrifte en gebruik Engels terme as dit moeilik is om dit in Afrikaans te verwoord.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 726
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

Re: Inligting by verkope, ruil en ander transaksies

Post by obasch »

Haelgeweer verkopers, meld die looplengte en watse chokes saam met die geweer kom.
Post Reply