Pyne met Advertensies!!!!!!!
Posted: Mon Jun 03, 2024 12:39 pm
Hiermee 'n beroep op jul samewerking :- (anders gestel - kermgat is alweer doenig)
1. Vir nuwe lede - lees asseblief die reëls.
2. Kies asb die regte onderwerp om jou boodskap in te plaas. Gesoek,advertensies en ruilhoekie is bymekaar. Ek het die afgelope 2 weke verskeie "Gesoek" moes skuif vanaf "Advertensies".
3. Ons lees nie al die plasings nie, so as die item verkoop is of verwyder moet word, wysig jou opskrif en voeg by met hoofletters "VERKOOP" of "VERWYDER". Ons sal dit dan na die argief verskuif of andersins uitvee. Los die oorspronklike opskrif sodat iemand dit later kan gaan soek vir verwysing.
4. Help ons asb. met bg. - my gekruide taalgebruik wil ek verminder en julle minder krampe op strategiese plekke toewens.
5. Vir julle wat Crapatalk gebruik. Maak seker jou plasing het nie miskien wel deurgegaan nie. Sewe plasings dui op desperaatheid om die item te smous en mors ons tyd om uit te vee.