Hiermee 'n beroep op jul samewerking :- (anders gestel - kermgat is alweer doenig)
1. Vir nuwe lede - lees asseblief die reëls.
2. Kies asb die regte onderwerp om jou boodskap in te plaas. Gesoek,advertensies en ruilhoekie is bymekaar. Ek het die afgelope 2 weke verskeie "Gesoek" moes skuif vanaf "Advertensies".
3. Ons lees nie al die plasings nie, so as die item verkoop is of verwyder moet word, wysig jou opskrif en voeg by met hoofletters "VERKOOP" of "VERWYDER". Ons sal dit dan na die argief verskuif of andersins uitvee. Los die oorspronklike opskrif sodat iemand dit later kan gaan soek vir verwysing.
4. Help ons asb. met bg. - my gekruide taalgebruik wil ek verminder en julle minder krampe op strategiese plekke toewens.
5. Vir julle wat Crapatalk gebruik. Maak seker jou plasing het nie miskien wel deurgegaan nie. Sewe plasings dui op desperaatheid om die item te smous en mors ons tyd om uit te vee.
Pyne met Advertensies!!!!!!!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Pyne met Advertensies!!!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Pyne met Advertensies
Selfs na my betoog reeds een duplikaat plasing, wysiging van oorspronklike opskrif en SOLD in die plasing self gekry. Moontlik sal die advies RTFM meer gepas wees om aandag te trek.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2961
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Pyne met Advertensies
Elkeen moet na sy boodskap plasing uitgaan en net weer ingaan om sy eie plasing/s te lees. Dit is dadelik sigbaar wanneer dubbele/trippel gebeur. Dit gebeur met meeste van ons, korrigeer ten minste dit self.
Die dubbele plasings gebeur ongelukkig maklik. Die 7 keer van anderdag vat egter die koek!
Moet nou nie dat ons geagte moderators begin voel soos Dawie hier neffens geplaas het onder “soek ‘n vrou” nie!!
“Dit moet baie erg wees om ongelukkig getroud te wees...
Ek is gelukkig getroud en dit is klaar hel.”
Beste.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Pyne met Advertensies
Sal maar my badwater moet drink!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Pyne met Advertensies
Die veelvoudige plasings gebeur deur Tapatalk. Ek kry al ewig n fout antwoord en dan is die post wel daar.
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm