Produkte invoer van Amerika - my ervaring
Posted: Fri May 10, 2024 2:22 pm
Toe ek laasjaar my CZ457 gekry het wou ek graag 'n KRG Bravo chassis op hom sit oor ek klaar twee Howa's in die chassis het,
Ek kon niemand kry in SA wat belangstel om dit vir my in te voer nie toe begin ek die proses om dit self te doen.
'n Experiment om te sien hoe moeilik dit is en wat dit my gaan kos.
Ek het net KRG produkte ingevoer, waaroor ek nou spyt is, moes bietjie verder gedink het.
Seker daar is nog 'n paar goedjies wat ek kon ingebring het terwyl ek die kans gehad het soos 'n TLR-7 pistool lig of so, maar die was 'n experiment en ek het aan die begin geen sekerheid gehad die goed gaan ooit by my uitkom nie.
Ek het gewerk deur Mike van www.reloadinginternational.com, maak jouself reg, hy is ma traag met die emails.
Ek het chassis en 'n paar accessories bestel, invoice gekry van reloading international en betaal met Kredietkaart.
Mike wag toe vir 'n ander bestelling wat Suid Afrika toe moet kom om gefinaliseer te word en ek wag toe ma saam.
My goedjies is toe uiteindelik saam met die ander bestelling gepos. Dit het so amper 5 maande geneem van betaling om by my uit te kom.
Ek was baie gelukkig dat die ander bestelling vir 'n maatskappy/persoon is wat dit gereeld doen en hulle het alles verder hanteer.
Ek het nou 'n invoice gekry van die maatskappy vir die shipping, customs, vat, en klomp ander fooie wat ek niks van weet nie, asook courier tot by my huis.
As ek die totale bedrag vat wat ek uit my sak betaal het, die twee invoices, en ek deel dit deur die dollar bedrag van die items wat ek gekoop het soos hulle gelys is op die website, het dit my R33.76 / dollar gekos vir die item en alles wat daarme saamgaan om dit tot by my huis te kry.
Dit kan iemand dalk help as jy ooit iets sien op 'n USA website en wonder wat dit sal kos om dit in te voer.
KRG Bravo chassis vir CZ457 kos my dan $399.99 x R33.76 = R13503 vir Chassis in my hand.
Nie 'n bargain nie, maar hy gaan darm anders lyk as die ander CZ's op die skietbaan met sy Amerikaanse jas aan.
Nou kan ek die kostes en tyd verbonde in ag neem as ek ooit weer 'n jeuk kry vir iets uit Amerika.