Toe ek laasjaar my CZ457 gekry het wou ek graag 'n KRG Bravo chassis op hom sit oor ek klaar twee Howa's in die chassis het,
Ek kon niemand kry in SA wat belangstel om dit vir my in te voer nie toe begin ek die proses om dit self te doen.
'n Experiment om te sien hoe moeilik dit is en wat dit my gaan kos.
Ek het net KRG produkte ingevoer, waaroor ek nou spyt is, moes bietjie verder gedink het.
Seker daar is nog 'n paar goedjies wat ek kon ingebring het terwyl ek die kans gehad het soos 'n TLR-7 pistool lig of so, maar die was 'n experiment en ek het aan die begin geen sekerheid gehad die goed gaan ooit by my uitkom nie.
Ek het gewerk deur Mike van www.reloadinginternational.com, maak jouself reg, hy is ma traag met die emails.
Ek het chassis en 'n paar accessories bestel, invoice gekry van reloading international en betaal met Kredietkaart.
Mike wag toe vir 'n ander bestelling wat Suid Afrika toe moet kom om gefinaliseer te word en ek wag toe ma saam.
My goedjies is toe uiteindelik saam met die ander bestelling gepos. Dit het so amper 5 maande geneem van betaling om by my uit te kom.
Ek was baie gelukkig dat die ander bestelling vir 'n maatskappy/persoon is wat dit gereeld doen en hulle het alles verder hanteer.
Ek het nou 'n invoice gekry van die maatskappy vir die shipping, customs, vat, en klomp ander fooie wat ek niks van weet nie, asook courier tot by my huis.
As ek die totale bedrag vat wat ek uit my sak betaal het, die twee invoices, en ek deel dit deur die dollar bedrag van die items wat ek gekoop het soos hulle gelys is op die website, het dit my R33.76 / dollar gekos vir die item en alles wat daarme saamgaan om dit tot by my huis te kry.
Dit kan iemand dalk help as jy ooit iets sien op 'n USA website en wonder wat dit sal kos om dit in te voer.
KRG Bravo chassis vir CZ457 kos my dan $399.99 x R33.76 = R13503 vir Chassis in my hand.
Nie 'n bargain nie, maar hy gaan darm anders lyk as die ander CZ's op die skietbaan met sy Amerikaanse jas aan.
Nou kan ek die kostes en tyd verbonde in ag neem as ek ooit weer 'n jeuk kry vir iets uit Amerika.
Produkte invoer van Amerika - my ervaring
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8009
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Produkte invoer van Amerika - my ervaring
Ek n onlangs n paar klein partjies ingevoer wat my R35.80/$ uitgewerk het.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1384
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Produkte invoer van Amerika - my ervaring
Dankie vir die inligting! Is goed om te weet
-
Zuku
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm
Re: Produkte invoer van Amerika - my ervaring
Vrae om te vra.
Sluit die prys verkoops balasting in of uit.
Hoeveel is die koerier/posgeld betrokke.
Hoeveel is die transport versekering vir die item.
Hoeveel is doeane en invoer belasting.
Sluit die prys verkoops balasting in of uit.
Hoeveel is die koerier/posgeld betrokke.
Hoeveel is die transport versekering vir die item.
Hoeveel is doeane en invoer belasting.
Last edited by Zuku on Mon May 13, 2024 1:53 pm, edited 1 time in total.
- Dumbluck
- Hero Member

- Posts: 563
- Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm
Re: Produkte invoer van Amerika - my ervaring
Elke transaksie sal bietjie anders wees.Zuku wrote: Sat May 11, 2024 12:41 pm Vra om te vra.
Sluit die prys verkoops balasting in of uit.
Hoeveel is die koerier/posgeld betrokke.
Hoeveel is die transport versekering vir die item.
Hoeveel is doeane en invoer belasting.
My en Arnold se transaksies het nou gewys dat at as hy op daai Amerikaanse website $100 kos, gaan hy jou so rondom R3500 kos tot op jou voorstoep.
-
JF123
- Sr. Member

- Posts: 457
- Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm
Re: Produkte invoer van Amerika - my ervaring
'n Groot gedeelte van die kostes is gewoonlik vervoer. Dit is nie onmoontlik dat vervoer meer as die prys van die produk kan wees nie.
Bygesê, met al die kostes by mag dit nog steeds goedkoper wees as om by 'n Suid Afrikaanse winkel te kry...
Bygesê, met al die kostes by mag dit nog steeds goedkoper wees as om by 'n Suid Afrikaanse winkel te kry...
