Druppels op die dak
Posted: Sun Apr 07, 2024 7:51 pm
Ek sit hier alleen in my huisie op die plaas . Dit is stil, amper doodstil. Behalwe vir die druppels op die dak.
Openview se sein word weg gereen. Nou sit ek hier en my my gedagtes hardloop die plek vol..
Ek dink aan die soya bone wat ek môre wou begin stroop, wat nou dalk gaan oopskiet sodra die son weer skyn. Ek dink aan die mielies wat nou asemskep met die reen, want die son het hulle verskroei voor die reen. Die sonneblom wat elke dag die son met hulle koppe volg tot hulle nie meer kan nie want die vog is uit hulle uit gedrein voor al die sade vol was.
Ek dink en dink en dink. Maar weet julle regtig wat dink ek ?
Ek en die mense vir wie ek werk is so geseend. Alles het nie dood gebrand nie. Daar is nog oeste. Die melkbeeste en vleisbees en skaap en ons het almal nog kos om te eet, water om te drink en nog soveel om voor dankbaar te wees. Dankbaar wees!!
Ek as n eenvoudige mensie, met drome met vrese met n verlange na ........ !
Ek is so geseen.. in hierdie pragtige land van ons is daar n klomp plaas mense wat hulle werke hulle menswees hulle grond ens ens verloor het en ek besef hoe geseend is ek..
Druppels op die dak..
Druppels op die dak bid ek vanaand toe vir al ons mensies wat dit so seer nodig het. Mag druppels opdie dak weer vir ons mense hoop en vrede en gelukkigheid bring !
Mag God julle almal seen met lewensgewende vog !!!