Ek sit hier alleen in my huisie op die plaas . Dit is stil, amper doodstil. Behalwe vir die druppels op die dak.
Openview se sein word weg gereen. Nou sit ek hier en my my gedagtes hardloop die plek vol..
Ek dink aan die soya bone wat ek môre wou begin stroop, wat nou dalk gaan oopskiet sodra die son weer skyn. Ek dink aan die mielies wat nou asemskep met die reen, want die son het hulle verskroei voor die reen. Die sonneblom wat elke dag die son met hulle koppe volg tot hulle nie meer kan nie want die vog is uit hulle uit gedrein voor al die sade vol was.
Ek dink en dink en dink. Maar weet julle regtig wat dink ek ?
Ek en die mense vir wie ek werk is so geseend. Alles het nie dood gebrand nie. Daar is nog oeste. Die melkbeeste en vleisbees en skaap en ons het almal nog kos om te eet, water om te drink en nog soveel om voor dankbaar te wees. Dankbaar wees!!
Ek as n eenvoudige mensie, met drome met vrese met n verlange na ........ !
Ek is so geseen.. in hierdie pragtige land van ons is daar n klomp plaas mense wat hulle werke hulle menswees hulle grond ens ens verloor het en ek besef hoe geseend is ek..
Druppels op die dak..
Druppels op die dak bid ek vanaand toe vir al ons mensies wat dit so seer nodig het. Mag druppels opdie dak weer vir ons mense hoop en vrede en gelukkigheid bring !
Mag God julle almal seen met lewensgewende vog !!!
Druppels op die dak
-
Maartin
- Jr. Member

- Posts: 87
- Joined: Thu Oct 01, 2015 5:40 pm
Re: Druppels op die dak
Voel amper of hierdie vir my geskryf is.
As ons op on knieë bly is daar altyd iets om voor dankbaar te wees. Mag die druppels val waar dit nodig is en aanhou hoop skep.
Sent from my SM-S911B using Tapatalk
As ons op on knieë bly is daar altyd iets om voor dankbaar te wees. Mag die druppels val waar dit nodig is en aanhou hoop skep.
Sent from my SM-S911B using Tapatalk
Everything seems impossible, until it is done.
-
Stanman
- Newbie

- Posts: 15
- Joined: Thu Mar 07, 2024 3:35 pm
Re: Druppels op die dak
Maartin ek is so dankbaar dat hierdie skrywe vir jou n ou ietsie beteken.mag die druppels van seen op ons almal val !!
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3627
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Druppels op die dak
Amen!!
Dankie Stanman. Welkom terug.
Dankie Stanman. Welkom terug.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
-
Stanman
- Newbie

- Posts: 15
- Joined: Thu Mar 07, 2024 3:35 pm
Re: Druppels op die dak
Dankie fanta..
Sent from my itel L6006F using Tapatalk
Sent from my itel L6006F using Tapatalk
- Rawstorne
- Full Member

- Posts: 122
- Joined: Mon Oct 10, 2022 6:26 pm
Re: Druppels op die dak
Baie dankie Stanman
Kosbaar...
Jy is reg, ons is só geseënd...
Daardie druppels het vanmôre vroeg ook hier op die dak geval. Ons is só geseënd.
Kosbaar...
Jy is reg, ons is só geseënd...
Daardie druppels het vanmôre vroeg ook hier op die dak geval. Ons is só geseënd.
- Dries Skiet
- Hero Member

- Posts: 1094
- Joined: Mon Oct 01, 2012 10:01 am
Re: Druppels op die dak
Dankie vir die mooi woorde Stanman. Lekker om te sien jy is terug by ons vuurtjie.
Dries van Lingen.
Genoeg gewere, maar ek soek nog.
Genoeg gewere, maar ek soek nog.
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2108
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Druppels op die dak
Baie dankie Stanman.
Mooi woorde,ons is beslis geseen.
Groete
Mooi woorde,ons is beslis geseen.
Groete
-
partner
- Hero Member

- Posts: 989
- Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Re: Druppels op die dak
Pragtige woorde. En bitter mooi geskryf. Baie dankies Stanman.
