Toyota (diefstal)
- Gideon Burger
- Full Member

- Posts: 101
- Joined: Tue May 30, 2017 4:44 pm
Toyota (diefstal)
Middag Lede
Vetrou dit gaan goed.
N vriend van my se Hilux bakkie is so maand of wat terug gesteel. Ons weet goed dat dit n baie gesogte voretuig is onder die manne met die lang vingers.
Hyt het besluit om sy tyd te vat en elke bakkie op die mark gaan toets om te kyk wat is die beste na sy smaak. Hy het toe die besluit geneem om maar weer n Hilux te koop. Bo en behalwe die vereiste van n tracker het hy ook GHOST en n grearboks lock laat insit. Die bakkie het net 25 ure in sy besit gehou voordat hulle hom weer gesteel het. Die keer met n Hyundai i10 weg gesleep en 2 blokke verder is die tracker van lyn af en die GHOST en gearboks lock het net mooi niks gehelp nie.(kameras het gewys wat hoe hy daar weg is)
My vraag is dan die volgende, Wat gaan gedoen moet word om te keer dat jy jou Hilux bakkie kan parkeer en hom weer daar vind waar jy hom gelos het. Moet die meer media aandag kry? Moet Toyota dan nou in n negatiewe lig geplaas word sowel as GHOST en Tracker? Hoekom koop mens nog Toyota as niks hulle gaan keer om hom te steel nie. Hoe erinstig is Toyota of dan enige ander fabrikaat om te verseker dat jou voertuig veilig is?
Ek weet dat my droom van eendag n Hilux besit nou maar vir eers eenkant toe gegooi moet word.
Groete,
Gideon Burger

-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2598
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Toyota (diefstal)
Ek het vir my gearlock ingesit, so pen wat deur die gearboks gaan, as hy gesluit is is hy veronderstel om nêrens te gaan nie….
Sien daar is nou ook gearlock sagteware wat met bluetooth werk,
Ja weet nie wat die antwoord is nie..

- Hano243
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm
Re: Toyota (diefstal)
Ek gebruik van die op my voertuie, glo nie dit gaan werk as hulle rerig jou voertuig soek nie maar ek dink die feit dat hulle hom kan sien help dalk om eerder een te vat sonder hom.
https://www.takealot.com/anti-theft-mul ... lsrc=aw.ds

Hano
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2208
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Toyota (diefstal)
As ek in die stad gebly het sou ek nie n Hilux ry nie. Selfs al sou hy onsteelbaar wees, wag die skurk net totdat jy persoonlik by die voertuig is, en dan is hy gesteel.
In die stad sou ek ernstig na n Isuzu kyk.

Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 844
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: Toyota (diefstal)
Ek sal graag wil weet hoe hulle verby die Ghost kan kom, behalwe as die standaard kode nie verander is nie of die Ghost dalk in Service Mode was.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13636
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Toyota (diefstal)
My Oupa het altyd gese as hulle hom wil vat gaan hulle hom vat en dit is ongelukkig maar so, ek kyk vandag op ons kameras hoe ons broers helder oor dag Saterdag n 100KVA se splinter nuwe battery in 7min hier by die werk in n Kia laai en weg ry. 2 dae se werk om daai banks te bou en te pak en 7min en hulle is weg...die batterye het blykbaar ook trackers in...Gideon Burger wrote: Mon Feb 26, 2024 12:50 pm Middag Lede
Vetrou dit gaan goed.
N vriend van my se Hilux bakkie is so maand of wat terug gesteel. Ons weet goed dat dit n baie gesogte voretuig is onder die manne met die lang vingers.
Hyt het besluit om sy tyd te vat en elke bakkie op die mark gaan toets om te kyk wat is die beste na sy smaak. Hy het toe die besluit geneem om maar weer n Hilux te koop. Bo en behalwe die vereiste van n tracker het hy ook GHOST en n grearboks lock laat insit. Die bakkie het net 25 ure in sy besit gehou voordat hulle hom weer gesteel het. Die keer met n Hyundai i10 weg gesleep en 2 blokke verder is die tracker van lyn af en die GHOST en gearboks lock het net mooi niks gehelp nie.(kameras het gewys wat hoe hy daar weg is)
My vraag is dan die volgende, Wat gaan gedoen moet word om te keer dat jy jou Hilux bakkie kan parkeer en hom weer daar vind waar jy hom gelos het. Moet die meer media aandag kry? Moet Toyota dan nou in n negatiewe lig geplaas word sowel as GHOST en Tracker? Hoekom koop mens nog Toyota as niks hulle gaan keer om hom te steel nie. Hoe erinstig is Toyota of dan enige ander fabrikaat om te verseker dat jou voertuig veilig is?
Ek weet dat my droom van eendag n Hilux besit nou maar vir eers eenkant toe gegooi moet word.
Groete,
Gideon Burger
Toyota weet seker jou maat gaan weer n Hilux koop as hulle sy eerste een gesteel het en die versekering betaal uit so ek kan nie dink dat hulle vreeslike baie gepla oor die saak is nie
Daar is tricks en sagteware om enige iets van n ou Defender tot n nuwe Bentley te steel al wat die skelem moet doen is om in die kar te kan kom waar hy n kabel kan in plug. Sodra daar sagteware of rekenaars betrokke is is enige iets moontlik met bq know how
Last edited by Capt. Yoda on Mon Feb 26, 2024 2:25 pm, edited 1 time in total.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1286
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Toyota (diefstal)
Daar is 'n relatief nuwe ding op die mark genaamd HaltLock.. Gaan kyk op FB na dit. Hulle het internasionale patente op die produk wat deur die groot motorvervaardigers goedgekeur is. Hulle reken dat die produk diefstal voorkom en dat sekere versekeringsmaatskappye nie eers meer 'n tracker vereis as die Haltlock geïnstalleer is nie. Weet hulle is tans net besig met Toyota's se installasies.
-
Vissie
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm
Re: Toyota (diefstal)
Ek stem ongelukkig saam Gideon en Ds J. Laat vaar die idee. Dat hulle hom steel is ‘n klein probleem. Wat te maak as jou vrou en kinders in hom ry en hulle wil hom dan vat?
Ons leef in ‘n oorlogsone. Beperk jou risiko.
Dis elkgeval hopeloos te min bakkie vir die geld. Die wêreld is mal!

- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Toyota (diefstal)
Nou die dag is 'n Hilux gesteel by die handelaar hier naby my. Daar is "booms" in beide rigtings om in en uit te ry. Hulle het eenvoudig die "boom" gekies wat nie tande in die grond het nie, deur hom gejaag en weggekom. Die arrogansie wat ter sprake is met hierdie tipe misdaad, is eenvoudig ongelooflik. En ons gewone manne en vroue betaal elke dag net meer en meer in 'n poging om dit hok te slaan.
- herman.bonsma
- Jr. Member

- Posts: 54
- Joined: Tue Dec 22, 2020 7:46 am
Re: Toyota (diefstal)
Gideon, ek ry ook ‘n Hilux met tracking, Ghost en ratslot, wel auto. Wil net graag verstaan hoe kon hulle die Hilux gesleep met ‘n Hyundai i10 - moes ‘n handrat Hilux gewees het? Auto is seker onmoontlik?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Jassie
- Hero Member

- Posts: 549
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Re: Toyota (diefstal)
Daar is net eenvoudig nie raad nie. Ek self het ook 'n Hilux-verdelingsrekening so ruk terug oopgemaak.
Jy kan insit wat jy wil. Hulle steel/hijack die voertuie dan net met jou daarbinne, vat dan jou selfoon af en jy kan nie kommunikeer nie. Hulle ry dan na 'n plek toe waar hulle die voertuig in jou teenwoordigheid en met jou insette vir hulleself "veilig" en ten volle funksioneel maak.
Daarna moet jy hoop dat hulle jou nie ook soos jou Tracker uithaal nie.
Die versekeringsbedryf se inkomste word bepaal as persentasie van premies. So hulle deel nie ons sentimente nie. Netso verkoop Toyota net nog weer 'n nuwe voertuig. So beide is eintlik deel van die probleem.
... en moenie Ford weglaat nie. Hulle is ook deel van die probleempakkie.
Al die goodies en goete wat jy installeer wat jou eintlik partymaal meer "sigbaar" maak, word iewers geadministreer deur mense wat ook nie in hulle spoor bly nie en heel waarskynlik detail inligting aan die stelers verskaf.
Mense is eintlik die kern van die probleem.

"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 844
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: Toyota (diefstal)
Nadat ek my Cruiser en 'n Hilux amper verloor het, is my voorstel die volgende:
Sit ten minste twee van die volgende items in jou kar:
1. 'n Ghost. Die Bluetooth eenheid kos omtrent R5300 en ek het my Hilux so terug gekry. (Sien die aangehegde foto wat Ghost van my bakkie geplaas het). Die ding is 'n pyn so baie ouens deaktiveer hom en dat word hulle voertuie gesteel. Verander ook sy generiese kode na jou eie.
2. 'n Haltlock. Kos omtrent R15000 en sluit die diff van die voertuig met 'n afstandbeheer.
3. 'n OBD slot. Dit sluit oor die diagnose prop binne in die voertuig, kos omtrent R6000. Ek het een ingevoer van Engeland af want dit is nie hier beskikbaar nie. Met elke diens moet mens die slot verwyder.
4. 'n Klein skelm knop. Laat hom insit by iemand wat jy vertrou en steek hom weg êrens in die voertuig.
Trackers en Apple Tags word ge"jam" of verwyder en dit is so algemeen dat diewe weet om dit te omseil. Diewe teiken winkelsentrums, skoolsport en parkeerareas sonder toegangsfooie meer. Stuurwielslotte se staal is te sag en jy kan self een met 'n stuk lap en ystersaaglem in omtrent 2 minute deursaag. Ek het dit self getoets.
My 2 sent.
Groete
Dawie

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Yogi
- Full Member

- Posts: 221
- Joined: Wed Feb 08, 2012 8:59 am
Re: Toyota (diefstal)
Het al persoonlik met mense gepraat wat in die bedryf was. Volgens die man vat jy nooit jou kar na 'n carwash toe in die eerste plek nie. Terwyl hulle was, sort ander man als uit en kom haal die kar net later.Tweedens, trackes beteken niks, jy kan vir R900 online produkte koop wat enige sein blok, van GPS,GSM, RF you name it. Al baie baklei met die versekerings manne oor dit. Dan is daar ook in party lande nog toerusting beskikbaar vir +-R4000. Die toestel het ek al self gesien hoe 'n standerd 8 laaitie sy ma se Audi en sy pa se X5 binne 3 minute oopsluit.
As jy jou bakkie wil hou, maak soos ons op skool gemaak het, sluit hom met n baie duk ketting om n paal vas.

OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 960
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Toyota (diefstal)
Ek het hierdie vir my seun se Toyota gemaak. Tydens sy 5 jaar se studies het sy vriende vir hom gelag, maar sy kar is nooit gesteel nie. Elektroniese toestelle kan omseil word deur diegene wat dit installeer, asook hulle maatjies. Stuurwielslotte se grootste swakheid is nie die slot nie, maar die stuurwiel met 'n dun metaalraam wat geknip kan word. By 'n skrootwerf is 'n stuurwiel goedkoper as wat die dief vir 'n kar sou betaal.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Jacquesb
- Hero Member

- Posts: 1241
- Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am
Re: Toyota (diefstal)
Ek dink ook so n pedaal kluis van Ooskaap Jagter sal redelik effektief wees.
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
-
Zuku
- Sr. Member

- Posts: 312
- Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 960
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Toyota (diefstal)
Daardie een gaan jou voete amputeer net so bokant die enkels as jy in 'n ongeluk kom.
-
Zuku
- Sr. Member

- Posts: 312
- Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm
-
Zuku
- Sr. Member

- Posts: 312
- Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm
Re: Toyota (diefstal)
Die deurplaat word weer gesluit aan die vloerplaat. so word gesluit in die oop en gesluit in die toe posisie. Daar is n ander beter een wat en nie nou kan opspoor nie. Gebruik dielfde slot as n geweer kluis.OosKaapJagter wrote: Sat Jul 13, 2024 9:18 am Daardie een gaan jou voete amputeer net so bokant die enkels as jy in 'n ongeluk kom.