Page 1 of 1
Swart miertjies - help asb!!!
Posted: Sun Feb 25, 2024 8:06 pm
by Ds J
Goeienaand Jaracal, help asb !!!
Daar is n groot nes swart miertjies onder ons huis, en hulle moet nou groet.
Ons het vir sewe jaar al die alternatiewe metodes soos boraks, babapoeier ens probeer. Die situasie is nou so dat die miere ons hele kombuis vol is - skottelgoedwasser, koskas, rakke, stoof - selfs die yskas het al deurgeloop. Ons eetkamer is ook nie meer veilig nie.
Ons bly te ver om n professionele gifspuiter te kry. Ek wil ook nie iets hê wat bolangs gespuit word nie. Verkieslik iets wat die hele nes laat trek, of hom van binne uitroei.
Enige voorstelle? By voorbaat dank!
Re: Swart miertjies - help asb!!!
Posted: Sun Feb 25, 2024 8:33 pm
by Gideon@1
Re: Swart miertjies - help asb!!!
Posted: Sun Feb 25, 2024 9:46 pm
by Pieter 300wm
My ouers het self baie gesukkel toe kry hulle die raad van paraffin en petrol om die helfte. Gooi dit in hulle gate. Die miere vat glo die pad.
Re: Swart miertjies - help asb!!!
Posted: Sun Feb 25, 2024 10:32 pm
by Zuku
Ds J wrote: Sun Feb 25, 2024 8:06 pm Daar is n groot nes swart miertjies onder ons huis, en hulle moet nou groet.
Offer hulle n T shirt en KFC om n vergadering by buurman se huis te gaan hou.
Swembad chloor. Gooi so n koppie vol rondom nes. Hou molle weg vir jare. Dink sal werk vir miere ook.
Andersins gebruik die Tuisgemaakte Kokkerot gif. Hou kokkerote, miere spinnekoppe en alles weg,
Bestanddele
250 g boorsuur-*poeier (boric acid)
200 g vars uie, sonder water verpulp en versap
20 g styselpoeier
25 g (5 t) poeiermelk
20 g koekmeel
30 g suiker
Meng alles saam in ’n plastiekbak. Sprei ‘n ou koerant in die motorhuis of op jou stoep oop en gooi die nat mengsel vroeg in die aand daarop uit. Laat dit deur die nag staan. Maak die volgende oggend vingernaelgrootte balletjies van die pasta wat jy op die koerant aantref. Plaas die balletjies oral waar jy al kokkerotte gesien het, maar veral by die skottelgoedwasbak, by rioolopeninge en in jou kruidenierskaste. Drie tot sewe dae later is daar geen kokkerot in jou huis oor nie. Wenk: Deel hierdie resep met jou bure. Só maak jy ‘n groter area kokkerotvry.
Belangrik om te weet
Boorsuur (Boric Acid) en Boraks (Borax) is nie dieselfde ding nie.
Boraks is Na2B4O7-10H2O en Boorsuur is H3BO3.
Boraks kan as plaasvervanger vir boorsuur in die resep gebruik word, maar is nie 100 % so doeltreffend soos boorsuur nie.
Boraks is geheel en al taboe vir menslike gebruik. Daar word beweer dat die inname van 56 g boraks ’n volwassene se dood kan veroorsaak. Hou die balletjies wat as kokkerot-dehidreermiddel gestrooi word, buite bereik van kinders.
Re: Swart miertjies - help asb!!!
Posted: Sun Feb 25, 2024 10:34 pm
by Zuku
Ds J wrote: Sun Feb 25, 2024 8:06 pm Daar is n groot nes swart miertjies onder ons huis, en hulle moet nou groet.
Offer hulle n T shirt en KFC om n vergadering by buurman se huis te gaan hou.
Swembad chloor. Gooi so n koppie vol rondom nes. Hou molle weg vir jare. Dink sal werk vir miere ook.
Andersins gebruik die Tuisgemaakte Kokkerot gif.Dit werk vir my. Hou so 8 tot 10 jaar voordat ek weer n batch hoef te maak. Hou kokkerote, miere spinnekoppe en alles weg,
Bestanddele
250 g boorsuur-*poeier (boric acid)
200 g vars uie, sonder water verpulp en versap
20 g styselpoeier
25 g (5 t) poeiermelk
20 g koekmeel
30 g suiker
Meng alles saam in ’n plastiekbak. Sprei ‘n ou koerant in die motorhuis of op jou stoep oop en gooi die nat mengsel vroeg in die aand daarop uit. Laat dit deur die nag staan. Maak die volgende oggend vingernaelgrootte balletjies van die pasta wat jy op die koerant aantref. Plaas die balletjies oral waar jy al kokkerotte gesien het, maar veral by die skottelgoedwasbak, by rioolopeninge en in jou kruidenierskaste. Drie tot sewe dae later is daar geen kokkerot in jou huis oor nie. Wenk: Deel hierdie resep met jou bure. Só maak jy ‘n groter area kokkerotvry.
Belangrik om te weet
Boorsuur (Boric Acid) en Boraks (Borax) is nie dieselfde ding nie.
Boraks is Na2B4O7-10H2O en Boorsuur is H3BO3.
Boraks kan as plaasvervanger vir boorsuur in die resep gebruik word, maar is nie 100 % so doeltreffend soos boorsuur nie.
Boraks is geheel en al taboe vir menslike gebruik. Daar word beweer dat die inname van 56 g boraks ’n volwassene se dood kan veroorsaak. Hou die balletjies wat as kokkerot-dehidreermiddel gestrooi word, buite bereik van kinders.
Re: Swart miertjies - help asb!!!
Posted: Mon Feb 26, 2024 6:10 am
by Ds J
Baue dankie, ek sal plan maak!
Re: Swart miertjies - help asb!!!
Posted: Mon Feb 26, 2024 7:13 am
by JF123
Re: Swart miertjies - help asb!!!
Posted: Mon Feb 26, 2024 8:08 am
by Ratel
Daai groen bait stations wat mens in builders of PNP koop het vir daai swart miere baie goed gewerk by my. Die miere vat die bait in die gate in waar dit begin werk op die hele nes. Efekcto Antrap.
Re: Swart miertjies - help asb!!!
Posted: Mon Feb 26, 2024 8:17 am
by Hansieslim
Ratel wrote: Mon Feb 26, 2024 8:08 am
Daai groen bait stations wat mens in builders of PNP koop het vir daai swart miere baie goed gewerk by my. Die miere vat die bait in die gate in waar dit begin werk op die hele nes. Efekcto Antrap.
Ek stem saam. Hierdie goed werk regtig goed, is min moeite en bekostigbaar. Ons het 'n pakkie van 2 gekoop en vir 6 maande geen probleem gehad nie en toe hulle weer hulle gesiggies wys, toe koop my vrou weer so 'n dubbelpakkie. Dis nou amper 3 jaar met GEEN probleme nie.
Re: Swart miertjies - help asb!!!
Posted: Mon Feb 26, 2024 11:07 am
by Eduard Venter
Ek spuit nou en dan Sipermetrien al om die huis waar die mure en grond bymekaarkom. Dan is die miere weg vir 'n ruk. Binne die huis gooi ek maar 'n gif (maxforce) wat hulle in die gate indra en die nes doodmaak.
Bogenoemde werk goed by my
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Re: Swart miertjies - help asb!!!
Posted: Mon Feb 26, 2024 2:00 pm
by Capt. Yoda
Eduard Venter wrote: Mon Feb 26, 2024 11:07 am
Ek spuit nou en dan Sipermetrien al om die huis waar die mure en grond bymekaarkom. Dan is die miere weg vir 'n ruk. Binne die huis gooi ek maar 'n gif (maxforce) wat hulle in die gate indra en die nes doodmaak.
Bogenoemde werk goed by my
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Ek het nou die laaste tyd Fendona so orals in my huis begin spuit. Vloere, ceilings, mure, gordyen the works, alles vrek wat teen n muur kom sit.
Re: Swart miertjies - help asb!!!
Posted: Tue Feb 27, 2024 7:57 am
by JF123
Die gif wat vir miere soos kos ruik is die ding. Hulle dra dit dan nes toe en voer vir die res van die kolonie. Einde van die probleem. Dit is hoekom "Nip-It" en ander soortgelyke gif so goed werk.
Al die ander goed werk net lokaal en die miere leer gou om ander roetes te gebruik. Sodoende raak die kolonie onder jou plaveisel, motorhuis en fondasie net groter en groter.
Re: Swart miertjies - help asb!!!
Posted: Tue Feb 27, 2024 8:37 am
by Lourens Potgieter
Capt. Yoda wrote: Mon Feb 26, 2024 2:00 pm
Ek het nou die laaste tyd Fendona so orals in my huis begin spuit. Vloere, ceilings, mure, gordyen the works, alles vrek wat teen n muur kom sit.
Waar kry jy nog Fendona?
Re: Swart miertjies - help asb!!!
Posted: Tue Feb 27, 2024 10:03 am
by Capt. Yoda
Deeg (Lourens) wrote: Tue Feb 27, 2024 8:37 am
Capt. Yoda wrote: Mon Feb 26, 2024 2:00 pm
Ek het nou die laaste tyd Fendona so orals in my huis begin spuit. Vloere, ceilings, mure, gordyen the works, alles vrek wat teen n muur kom sit.
Waar kry jy nog Fendona?
Ek koop maar by Makro of Builders
Re: Swart miertjies - help asb!!!
Posted: Tue Feb 27, 2024 10:14 am
by HeinM
Re: Swart miertjies - help asb!!!
Posted: Fri Mar 01, 2024 9:08 am
by Stephan86
Die het baie goed vir ons ook al gewerk, soos genoem hul dra die pellets in die nes in.
Re: Swart miertjies - help asb!!!
Posted: Fri Mar 01, 2024 9:37 am
by jankraay
Kry vir jou n produk met die aktiewe bestanddeel Imidacloprid.
Meng 1ml/10lt water in n gieter.
Drench dan jou buite mure waar jou muur en die grond bymekaar kom reg rondom jou huis.
Hulle sal vir n hele paar maande weg wees.
Re: Swart miertjies - help asb!!!
Posted: Fri Apr 05, 2024 2:20 pm
by TFDADD
Hierdie gif is dodelik vir alle tipes miere en ook klomp ander insekte - ongelukkig duur, rofweg R 250.00 + vir 100ml toe ek so jaar terug gekoop het.
Dit is genoeg om gemiddelde grootte huis te bespuit waar miere voorkom.
Gebruik volgens aanwysings.
Beskikbaar by Afgri en seker ook NWK en andere.
Protek se Alphathrin.
Re: Swart miertjies - help asb!!!
Posted: Fri Apr 05, 2024 11:24 pm
by Ds J
Vinnige terugvoer: ons het Nip-It by die koöperasie gekry. Dit is korrels wat hulle in die neste indra en tot nou toe het ons rus en vrede.