Page 1 of 1
Generator kopel in DB board van huis
Posted: Sun Feb 18, 2024 9:22 pm
by SmitH
Naand. Hoop hier is iemand wat my kan help met die regte inligting. Ek wil my 5kva diesel gen met Switch over box in my huis se DB in koppel , maar dit is glo onwettig om n gen wat vov is so in te koppel. Wat se die slim manne
Groete SmitH
Re: Generator kopel in DB board van huis
Posted: Mon Feb 19, 2024 4:49 am
by ruaanb
My swaer in PTA het so setup by sy huis wat automaties inskop. Deur ‘n elektrisiën gedoen. Sertifikaat en als vir versekering doeleindes gekry ook.
Re: Generator kopel in DB board van huis
Posted: Mon Feb 19, 2024 10:46 am
by Langeraat
Dit is inderdaad teen regulasie om 'n V-0-V generator aan die DB te koppel maar nie alle generators is standaard V-0-V nie. Dit kan jy bevestig deur 'n weerstand toets op die alternator windings te doen met 'n multimeter. As dit nie V-0-V uit toets nie dan kan hy gebruik word met die korrekte installasie metodes, Neutraal/Aard verbinding, ens. 'n Kundige elektrisien sal jou kan uitsorteer. As jy meer inligting wil he laat weet maar per PM dan probeer ek help.