Ek laai nog nie self nie, so ek sal maar die standaard grein van ongeveer 300gr skiet...
Ek gaan Warne Detachable mounts opsit en ek kyk huidiglik na 'n 3-9X40, of iets in die omgewing. As ek naby werk moet doen (5-25m) sal ek die roer oopvisier skiet. Maar andersins sal ek darem tot so 200-250m wil kan skiet, veral as mens bietjie vlaktes toe beweeg...
Ek hou nog al die jare baie van Leupold, maar is daar dalk ander alternatiewe met opsigte van vergroting en fabrikaat wat julle sal voorstel?
My budget is so R3000-R5000...
Dankie byvoorbaat!!!


