‘n Stukkie waarheid….

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
Gideon@1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 427
Joined: Thu Jul 12, 2012 1:02 pm

‘n Stukkie waarheid….

Post by Gideon@1 »

Advies aan my seun.......

1: Hande in broeksakke kan nie gee of ontvang nie.
2: Staan op as jy iemand met die hand groet.
3: Bedank ñ veteraan, al verskil jy dalk van sy sienswyse, hy was daar, jy nie.
4: Wees soos ñ eend; kalm bo al trap jy verwoed water onder.
5: Musiek op die strand? Jy mis die punt.
6: Respekteer die braaier, dit is waar elke man ñ beurt kry om koning te wees.
7: Moenie die perfekte vrou najaag nie, wees net die perfekte man.
8: ñ Netjiese baadjie spreuk ñ 1000 woorde: hande wat harde werk wys spreuk boekdele.
9: Skryf gerus daardie kwaai en lelike kommentaar, lees dit en vee dit uit.
10: Jy is nie die eerste seun op aarde nie, maar elke nuwe ding is jou eerste, koester dit.
11: Skryf jou drome neer.
12: Begin die dag met ñ oefening en strek.
13: Flos. Elke. Dag.
14: Wees altyd mooi met jou ma. Sy is die moeder van my seun.
15: Lag. Lag uit jou hart uit, vir jouself, saam ander, maar nooit vir ander.
16: Wees die eerste om met die nuwe maatjie te gesels.
17: Vra daardie sexy meisie uit, hoekom nie?.
18: Leer jag, leer visvang, leer om te oorleef: Dit is waar jy God sal ontmoet en lief kry.
19: Gooi die vis terug. Vir jou seun.
20: Plant ñ boom.
21: Speel games met jou ma, sy sal jou nie laat wen nie.
22: Groet altyd eerste.
23: Moet nooit val vir groepsdruk nie.
24: Hou jou helde verantwoordelik vir hulle dade.
25: Vergewe my, jou pa, ek leer ook maar nog.

Laat dit juig🙏🏻🙏🏻
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: ‘n Stukkie waarheid….

Post by partner »

Dankies.
User avatar
Rawstorne
Full Member
Full Member
Posts: 122
Joined: Mon Oct 10, 2022 6:26 pm

Re: ‘n Stukkie waarheid….

Post by Rawstorne »

Dankie Gideon


Sent from my iPhone using Tapatalk
ghriesman
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Mon Jun 05, 2023 2:27 pm

Re: ‘n Stukkie waarheid….

Post by ghriesman »

Pragtig

Sent from my JSN-AL00a using Tapatalk

User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: ‘n Stukkie waarheid….

Post by Chevvy SS »

Waarheid.

Laat 'n dame eerste by 'n deur instap.
Dra enige iets wat swaar is vir haar, al is sy 'n kuiergas.
Staan op as sy instap by 'n vertrek, Dit is respek vir haar, ongeag wie dit is.
Sorg altyd dat sy die beste vleis kry as jy braai- kies dit vir haar en skep dit vir haar in.
Post Reply