22LR Match reamer

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
Henna308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am

22LR Match reamer

Post by Henna308 »

Goeie more almal

Het iemand dalk so reamer?

Groete
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: 22LR Match reamer

Post by Alwin »

Onthou dat die meeste "match" kamers op grendelaksie .22 gewere korter is as "normale" kamers, sodat die koeël liggies in die groewe in graveer as jy die grendel sluit.

Ek weet nie of die kamerdiameter ook kleiner is nie, maar glo nie daar is baie ruimte vir 'n kleiner diameter nie, want dan gaan die groewe (eintlik lande) nie skoon uitgesny word nie.

Al wat nog kan verskil naas die lengte, is die hoek waar die groewe begin.

Ek dink dus jy kan 'n standaard ruimer gebruik en net nie so diep in die loop indruk as jy die kamer sny nie. Toets met jou gunsteling patrone en as hulle nie kan in pas met 'n bietjie weerstand nie, dan sny jy 'n klein bietjie dieper en probeer weer.
Post Reply