Goeie naand Ettiene
22 Hornet ammunisie. Soms koop ek. Soms herlaai ek.
Koop wanneer daar voorraad is. Ammunisie en komponente.
Herlaai wanneer daar tyd is.
Herlaai is meer akkuraat. Maar, Sellior & Bellot 45gr fabrieksammunisie gee heel aanvaarbare resultate.
Ek is nie seker wat S&B 22 Hornet ammunisie tans voor verkoop nie? Ek het vanjaar nog teen R350 gekry. Werk dus op tussen R15 en R25 per rondte.
Afhangend van die koste van kompenente, kan jy sekerlik vir tussen R5 en R9 herlaai. Met bestaande doppe.
(Ek het gaan kyk, ek laai nog teen R3-10 per rondte. S265, CCI400 en Sierra Varminter teen goeie pryse gekoop)
Doppe is moeilik om in die hande te kry.
Sako en S&B werk vir my. Koop patrone, skiet hulle uit en herlaai met die doppe.
Slagdoppies, teen 'n billike prys, is tans nog skaars en jy sal moontlik nie kieskeurige kan wees nie.
CCI400 het nog altyd goed gewerk.
Ek gaan Murom Competition Small Rifle probeer. Dit werk goed vir my 223 en ek het voorraad.
Ek sien Fiochi word geadverteer vir ongeveer R1-70 per slagdoppie.
Kruit is beskikbaar. Ek sien gereeld advertensies vir Hodgdon Lil'Gun.
Indien jy dalk nog S265 het, het dit vir my goed gewerk.
Ja, die Hornet gebruik min kruit. Jy kry ongeveer 770 rondtes uit 'n blik 500g S265 en om en by 580 rondtes uit 'n 454g blik Hodgdon Lil'Gun.
R820 / 580 = R1-40 vir 12gr.
Sierra se 45gr .224 Varminter sagte punt of Spitzer was maar nog altyd my keuse. Omdat dit al was wat ek op 'n stadium kon kry

en die kort koeëls pas in my Winchester Model 43 geweer se magasyn. Ek het al van springbok, tot blesbok, rooibokke en njala suksesvol met dit geskiet.
Ek sê nie jy moet nie, ook nie dat dit 'n goeie idee is nie. Maar, dit kan gedoen word. Hou jou skote onder 120m. Kopskote as jy kan.
Ek sien aanlyn vir R6-20 elk.
Jy kan Hornady se VMax probeer. Daar is manne wat reken dat dit vir hulle goed werk.
Nou-ja, lyk vir my met duimsuig kan jy tans werk op so R9 om te herlaai, met bestaande doppe.
Sterkte!