Page 1 of 1

Blink na Matte

Posted: Fri Jul 14, 2023 12:38 pm
by J le Roux
Ek vra namens 'n vriend.

Kan hierdie ATA Arms haelgeweer se blink afwerking matte gemaak word?

Wat kan gedoen moet word en woe neveel jul aan om dit te doen?

Groete
Johan
IMG-20230714-WA0003.jpg

Re: Blink na Matte

Posted: Fri Jul 14, 2023 2:27 pm
by Toxxyc
Jy kan dit self doen met staalwol, of selfs 'n microfiber lappie en 'n growwerige polishing compound (so 600~800 grit sal mooi werk). Selfs 'n stukkie 800-grit skuurpapier sal hom mooi satin laat vertoon.

Wat my sal pla is hoe roesbestand die afwerking gaan wees as jy hom dowwer maak.

Re: Blink na Matte

Posted: Fri Jul 14, 2023 3:53 pm
by Ds J
"Sandblast" gee die egaligste afwerking.

Re: Blink na Matte

Posted: Fri Jul 14, 2023 4:00 pm
by Witpietskiet
Kyk ook na "bead blast" of Cerakote

Re: Blink na Matte

Posted: Fri Jul 14, 2023 4:49 pm
by Capt. Yoda
My Pa het n mooi se ding, julle is met 11.1.11 besig. Skiet die roer net so, hy sal met tyd/vat dof word

Re: Blink na Matte

Posted: Fri Jul 14, 2023 5:13 pm
by tripodmvr
Kyk of sout of asyn nie die blink dowwer maak nie.

Re: Blink na Matte

Posted: Mon Jul 17, 2023 8:34 am
by Toxxyc
Capt. Yoda wrote: Fri Jul 14, 2023 4:49 pm hy sal met tyd/vat dof word
Nes 'n vrou, maar tog sit hulle ook makeup aan.

Re: Blink na Matte

Posted: Mon Jul 17, 2023 7:39 pm
by Maroelas
Toxxyc wrote: Mon Jul 17, 2023 8:34 am
Capt. Yoda wrote: Fri Jul 14, 2023 4:49 pm hy sal met tyd/vat dof word
Nes 'n vrou, maar tog sit hulle ook makeup aan.
As jou vrou hierdie lees, is jy diep in die dinges :laugh: :laugh: :laugh:

Re: Blink na Matte

Posted: Tue Jul 18, 2023 6:34 am
by Toxxyc
Nee ek vat mooi aan my vrou :D

Blink na Matte

Posted: Tue Jul 18, 2023 7:28 am
by Rawstorne
'n Hessianlap werk blykbaar om die blink van 'n sinkplaat te verwyder.

Dit kan dalk vir jou applikasie ook werk, aangesien jy net 'n dowwe voorkoms verlang.

Die Amerikaners verwys na hessian as burlap.

Ek is nie seker of dit net die ligte skuur aksie is wat die blink verwyder nie? Daar kan ook 'n chemiese rede wees. Ek het die teorie nooit getoets nie, aangesien die Estetiese komitee se plan verander het nadat ek die navorsing gedoen het.

Ek sou in elk geval nie die nuwe ligte kleur hessian, wat vir versiering aangewend word, gebruik nie. Dit word moontlik van ander plante gemaak (of word gebleik) as die donker hessian wat byvoorbeeld gebruik word vir koffieboonsakke of sakke vir aartappelmoere.

Die raad hier bo bly geldig. Gebruik die haelgeweer net baie. Tyd en gebruik sal dit moontlik ook dof maak. Dit sal moontlik die werk van die suur op jou hande wees. Jou vrou mag dalk jaloers op die haelgeweer raak, wanneer jy daagliks aan dit vat.

Aan die anderkant, sal jou vrou nie bleik met gereƫlde tas van jou hande nie. Die teenoorgestelde sal gebeur, sy sal blink.
Gee dus ewe veel aandag aan altwee.

Re: Blink na Matte

Posted: Tue Jul 18, 2023 9:17 am
by J le Roux
Dankie almal

Ek het die voorstelle deurgegee en sal terugvoering gee indien my vriend iets gaan probeer.