Page 1 of 1

Primer pocket skoon maak vraag?

Posted: Wed Jul 05, 2023 5:34 am
by Chris (vdB)
Goeie more Almal

Wil asseblief graag julle opinies hoor. Ek gebruik my K@M primer pocket uniformer sommer om my primer pockets ook skoon te maak, nadat ek hulle deur die wet tumbler gesit het. So basies uniform ek die pocket na elke skiet. Sover werk dit nog mooi, die doppe is nou al 2 keer ge uniform. Ek is net bang ek karing te veel, en die pockets begin raak los met die tyd. Is ek verniet bekommerd?

Dankie en n' mooi dag vir Almal

Re: Primer pocket skoon maak vraag?

Posted: Wed Jul 05, 2023 6:36 am
by Geno
Uniform die primer pockets een keer. Dis genoeg

Re: Primer pocket skoon maak vraag?

Posted: Wed Jul 05, 2023 6:44 am
by Chris (vdB)
100% Geno, dankie. Dan gaan ek stop met dit.

Re: Primer pocket skoon maak vraag?

Posted: Wed Jul 05, 2023 9:22 am
by JF123
Jy wil nie die wand van die gat beskadig nie. Die maak dan klein kanaaltjie wat dan lekplek veroorsaak. Die gasse wat daar uitkom brand dan gaaitjies in die slotkop se oppervlak.

Re: Primer pocket skoon maak vraag?

Posted: Wed Jul 05, 2023 10:50 am
by Capt. Yoda
Ek gebruik my uniformer elke keer vir die laaste 8 + jaar om die pockets skoon te maak

Re: Primer pocket skoon maak vraag?

Posted: Wed Jul 05, 2023 10:57 am
by Arnold
Ek maak nie meer primer pockets skoon nie.

Re: Primer pocket skoon maak vraag?

Posted: Wed Jul 05, 2023 11:59 am
by Wouter Roets
Arnold wrote: Wed Jul 05, 2023 10:57 am Ek maak nie meer primer pockets skoon nie.

Jy is nou n regte ou vuilgat!

Re: Primer pocket skoon maak vraag?

Posted: Wed Jul 05, 2023 12:09 pm
by Arnold
Wouter Roets wrote: Wed Jul 05, 2023 11:59 am
Arnold wrote: Wed Jul 05, 2023 10:57 am Ek maak nie meer primer pockets skoon nie.

Jy is nou n regte ou vuilgat!
:laugh:

Waarmee ek wel sukkel is om 223 doppe se nekke skoon te kry in 'n gewone dry tumbler :(

Re: Primer pocket skoon maak vraag?

Posted: Wed Jul 05, 2023 3:10 pm
by Chris (vdB)
Capt. Yoda wrote: Wed Jul 05, 2023 10:50 am Ek gebruik my uniformer elke keer vir die laaste 8 + jaar om die pockets skoon te maak
Cappie, Geno het my oortuig, maar net vir interessantheid watse uniformer gebruik jy?

Re: Primer pocket skoon maak vraag?

Posted: Wed Jul 05, 2023 8:51 pm
by JF123
Arnold wrote: Wed Jul 05, 2023 12:09 pm
Wouter Roets wrote: Wed Jul 05, 2023 11:59 am
Arnold wrote: Wed Jul 05, 2023 10:57 am Ek maak nie meer primer pockets skoon nie.

Jy is nou n regte ou vuilgat!
:laugh:

Waarmee ek wel sukkel is om 223 doppe se nekke skoon te kry in 'n gewone dry tumbler :(
Volgende gaan jy sĂȘ jy maak nie die doppies skoon aan die binnekant nie...

Re: Primer pocket skoon maak vraag?

Posted: Thu Jul 06, 2023 8:07 am
by Capt. Yoda
Chris (vdB) wrote: Wed Jul 05, 2023 3:10 pm
Capt. Yoda wrote: Wed Jul 05, 2023 10:50 am Ek gebruik my uniformer elke keer vir die laaste 8 + jaar om die pockets skoon te maak
Cappie, Geno het my oortuig, maar net vir interessantheid watse uniformer gebruik jy?
K&M en 21st Century

Re: Primer pocket skoon maak vraag?

Posted: Thu Jul 06, 2023 8:36 am
by Chris (vdB)
Het al baie gelees die manne se Lapua doppe kan mens maar net laai, maar ek het onlangs weer gesien met n' nuwe boks 22-250 Lapua doppe, daar is maar baie verskille tussen die doppe. Na so 100 doppe is die handskoen stukkend en die velle af soos wat daai cutter vas gryp in sommige doppe.