Dagjag Bambi en sy maats
Posted: Tue Jun 13, 2023 4:52 pm
Dagse
Gister so op die maandag n "vinnige" dagjag bygewoon nie te ver van Pretoia af nie. Was maar n vlakte jag maar moet se dit het glad nie te sleg afgegaan nie. Hierdie bokkies was die eerste vir die jaar en seker die eerste keer in 20 jaar dat ek so laat afskop. My doel die jaar is om so bietjie te fokus op dit wat ek al wou jag en nie by uitgekom het nie. So gebeur dit maar soos gewoonlik en fokus was om net 1 dier te jag en met drie huistoe gegaan. Die hoofdoel was Bambi se pa net so om ietsie in die vrieskas te sit aangesien daar nou n paar jagte opmekaar le.
Vroeg oggend het ek besef dat die spesie helemal anders jag as jou algemene vlakte wild en dat hulle lekker skelm is (dit het my egter nie gestuit nie). Ek het my rug gereeld op bokke (ander spesies) gedraai om te verhoed dat ek weer vir myself n vet rekeningtjie opbou. Die strategie het mooi gewerk tot n Rietbok so 270m voor os in die grasse verskyn (die oudjie was al jare op my lysie) en die 7mm het geblaf die oomblik toe ek agter hom insak.....sukses en n ou Ram het skaars 2 tree later stert oor kop neergeval. Wat n prag dier en het elke oomblik ingeneem.
So verloop die gesoek na Bambi se pa maar kon net hier en daar n afhoring raakloop of n jong dier. Die ou bliksems het so vinnig soos hulle verskyn het weer verdwyn. Laat die middag laat n werker weet hulle sien een le en ons moet kom kyk. Letterlik 2 duim van sy takke steek bo die gras uit maar met die blote oog kan jy dit nie eers sien nie. Ek le aan en wag vir beweging maar niks gebeur nie. Na n fluit of drie sien ek da is wel beweging, bitter min ma kan darm bevestig dis nie n stok nie. Volgende oomblik begin die man opstaan maar my kruishaar suig in sy kroontjie vas en amper skiet ek my skedel kas toe maar gelukkig in milisekondes besef ek dit en sak 2 duim..... Voor hy op sy voete kom blaf die 7 liter en die bok val net daar waar hy gele het. Hier het ek myself bietjie verloor en het elke deel van hom bewonder....n takbok my eerste en het werklik baie geeerd gevoel om na n volle dag se gesoek so n mooi ram te kon raakloop. Verseker een vir die boeke en kan nie wag om weer so te maak nie.
Het so vir oulaas so terwyl die manne slag nog so n ou ietsie gesoek en op die bul van n blesbok afgekom....Die oudjie het ook di geblaf van die 7mm Rem gehoor en in sy spore geval net kort van 320 meter..... nou is daar n nuwe vleisie in die vrieskas en wag nou vir die volgende geleentheid.