Dagjag Bambi en sy maats

Post Reply
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2330
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Dagjag Bambi en sy maats

Post by JAGTERSREG-JRM »

Dagse

Gister so op die maandag n "vinnige" dagjag bygewoon nie te ver van Pretoia af nie. Was maar n vlakte jag maar moet se dit het glad nie te sleg afgegaan nie. Hierdie bokkies was die eerste vir die jaar en seker die eerste keer in 20 jaar dat ek so laat afskop. My doel die jaar is om so bietjie te fokus op dit wat ek al wou jag en nie by uitgekom het nie. So gebeur dit maar soos gewoonlik en fokus was om net 1 dier te jag en met drie huistoe gegaan. Die hoofdoel was Bambi se pa net so om ietsie in die vrieskas te sit aangesien daar nou n paar jagte opmekaar le.

Vroeg oggend het ek besef dat die spesie helemal anders jag as jou algemene vlakte wild en dat hulle lekker skelm is (dit het my egter nie gestuit nie). Ek het my rug gereeld op bokke (ander spesies) gedraai om te verhoed dat ek weer vir myself n vet rekeningtjie opbou. Die strategie het mooi gewerk tot n Rietbok so 270m voor os in die grasse verskyn (die oudjie was al jare op my lysie) en die 7mm het geblaf die oomblik toe ek agter hom insak.....sukses en n ou Ram het skaars 2 tree later stert oor kop neergeval. Wat n prag dier en het elke oomblik ingeneem.

So verloop die gesoek na Bambi se pa maar kon net hier en daar n afhoring raakloop of n jong dier. Die ou bliksems het so vinnig soos hulle verskyn het weer verdwyn. Laat die middag laat n werker weet hulle sien een le en ons moet kom kyk. Letterlik 2 duim van sy takke steek bo die gras uit maar met die blote oog kan jy dit nie eers sien nie. Ek le aan en wag vir beweging maar niks gebeur nie. Na n fluit of drie sien ek da is wel beweging, bitter min ma kan darm bevestig dis nie n stok nie. Volgende oomblik begin die man opstaan maar my kruishaar suig in sy kroontjie vas en amper skiet ek my skedel kas toe maar gelukkig in milisekondes besef ek dit en sak 2 duim..... Voor hy op sy voete kom blaf die 7 liter en die bok val net daar waar hy gele het. Hier het ek myself bietjie verloor en het elke deel van hom bewonder....n takbok my eerste en het werklik baie geeerd gevoel om na n volle dag se gesoek so n mooi ram te kon raakloop. Verseker een vir die boeke en kan nie wag om weer so te maak nie.

Het so vir oulaas so terwyl die manne slag nog so n ou ietsie gesoek en op die bul van n blesbok afgekom....Die oudjie het ook di geblaf van die 7mm Rem gehoor en in sy spore geval net kort van 320 meter..... nou is daar n nuwe vleisie in die vrieskas en wag nou vir die volgende geleentheid.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1491
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Dagjag Bambi en sy maats

Post by Eduard Venter »

Netjies Kobus daai is 3 pragtige bokke!

Sent from my SM-A127F using Tapatalk

User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2330
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Dagjag Bambi en sy maats

Post by JAGTERSREG-JRM »

Eduard Venter wrote: Tue Jun 13, 2023 6:13 pm Netjies Kobus daai is 3 pragtige bokke!

Sent from my SM-A127F using Tapatalk
Baie dankie, was lus vir ietsie anders en kan dit vir enigeen aanbeveel
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 1000
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Dagjag Bambi en sy maats

Post by Toyrsi »

Baie geluk. Mooi bokke
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1491
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Dagjag Bambi en sy maats

Post by Eduard Venter »

Kobus, wat slag so 'n takbok uit omtrent? Ek gaan einde van die maand op 'n jag en moet besluit tussen 'n paar springbokkies, 'n blesbok, of 'n takbok. Van die 3 het ek nog net springbokke gejag en is mal oor die vleis. Ek het nog nooit self 'n bles geskiet nie, net kliënte gevat daarvoor. 'n Takbok krap aan my maar is bietjie aan die duur kant aangesien ek baie geld op my bakkie moes spandeer die laaste 2 weke.

Wat sou jy sê haha

Sent from my SM-A127F using Tapatalk

User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2330
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Dagjag Bambi en sy maats

Post by JAGTERSREG-JRM »

Eduard Venter wrote: Wed Jun 14, 2023 11:19 am Kobus, wat slag so 'n takbok uit omtrent? Ek gaan einde van die maand op 'n jag en moet besluit tussen 'n paar springbokkies, 'n blesbok, of 'n takbok. Van die 3 het ek nog net springbokke gejag en is mal oor die vleis. Ek het nog nooit self 'n bles geskiet nie, net kliënte gevat daarvoor. 'n Takbok krap aan my maar is bietjie aan die duur kant aangesien ek baie geld op my bakkie moes spandeer die laaste 2 weke.

Wat sou jy sê haha

Sent from my SM-A127F using Tapatalk
Dagse

Ek kan nou nie praat uit ervaring nie, maar net uit die een wat ek geskiet het. Volgens die boer het die manne al hard gewerk en het al bietjie begin kondisie verloor. Die 3 bokke in vergelyking was as volg:

Rietbok 45kg
Blesbok 47kg
Takbok 45kg

Ek het werklik gedink Rietbok is aansienlik kleiner en het geraai die Takbok is maar n Rooibok. Die 3 het bitter naby mekaar uitgeslag en het nog bietjie vet aan die binne stringe gehad.

As ek moet kies tussen Blesbok en Takbok skiet ek maklik weer n Takbok, meer van n uitdaging en n hele ander jag as n Blesbok.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1491
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Dagjag Bambi en sy maats

Post by Eduard Venter »

Dankie daai is goeie terugvoer. Ek dink ek moet maar kyk of ek 'n oom takbok kan raakloop.

Sent from my SM-A127F using Tapatalk

User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Dagjag Bambi en sy maats

Post by Capt. Yoda »

Lekker Kobus, 47kg blessie is n groot bok
Ek sal ok ma n takbok skiet as ek tussen daai 2 se vleis moet kies
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2330
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Dagjag Bambi en sy maats

Post by JAGTERSREG-JRM »

Capt. Oblivious wrote: Wed Jun 14, 2023 4:26 pm Lekker Kobus, 47kg blessie is n groot bok
Ek sal ok ma n takbok skiet as ek tussen daai 2 se vleis moet kies
Ons het baie blessies geskiet op skool en dit was gewoonlik eerste wild in die vrieskas (oupa n plaas gehad in Utrech). Blesbok se biltong en droeewors kan gaan maar is nou glad nie vir my tafelvleis nie. Sal sien hoe loop die Rietbok en Takbok want ken dit glad nie
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
wynis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am

Re: Dagjag Bambi en sy maats

Post by wynis »

Lekker jag stories! Jy maak my mond nou water vir my jag in Pearston se wêreld laat Julie.

Ek probeer die blaf van jou geweer indink met daai mooi silencer op, klink dalk na ‘n hees Jack Russel


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2330
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Dagjag Bambi en sy maats

Post by JAGTERSREG-JRM »

wynis wrote: Wed Jun 14, 2023 4:44 pm Lekker jag stories! Jy maak my mond nou water vir my jag in Pearston se wêreld laat Julie.

Ek probeer die blaf van jou geweer indink met daai mooi silencer op, klink dalk na ‘n hees Jack Russel Image


Sent from my iPhone using Tapatalk
Hahaha lekker gelag, in die stilte raas hy ma nog bietjie maar ek waardeur my Winchester 7 liter se blaf meer (n ou vriend) . Sommige plekke soek ma n stilmaker en moet se die Ruger 7 liter skop ma soos n 243
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Dagjag Bambi en sy maats

Post by DWB »

Lekker Kobus!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Dagjag Bambi en sy maats

Post by ruaanb »

Takbok sal jy dink jy eet skaap. Kyk maar die vet wat uitkom as jy gaar maak.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Dagjag Bambi en sy maats

Post by sako 30-06 »

Eduard Venter wrote: Wed Jun 14, 2023 11:44 am Dankie daai is goeie terugvoer. Ek dink ek moet maar kyk of ek 'n oom takbok kan raakloop.

Sent from my SM-A127F using Tapatalk
Eduard wees maar versigtig om nou n takbob ram te skiet vir vleis, beste tyd is Feb tot April.
Hier van Mei maand af begin hulle baklei onder mekaar, so hulle verloor baie van hulle vet en die vleis is maar vol hormone.
Dis wel nou van toepassing hier in die Vrystaat, maar persoonlik sou ek nie nou n ram geskiet het vir vleis nie, maar eerder n ooi.
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2330
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Dagjag Bambi en sy maats

Post by JAGTERSREG-JRM »

Moet se my takbok vleis loop mooi!!Kan nie se dit is wildsvleis nie. Sondag die bene vleise en nek gevat en n pot gebou…
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Post Reply