Beroep as PH of in wildbedryf

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2347
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Beroep as PH of in wildbedryf

Post by henried »

My seun oorweeg ‘n beroep soos bo aangedui.

Tans doen hy ‘n gap jaar program by “Target Life” in Pta, en meeste naweke werk hy by S&O Lynwood, se visvang afdeling.

Hy was nog nooit ‘n man vir skoolbanke nie, maar ek is maar ‘n konserwatiewe ou, daarom sal ek graag wil hê hy moet studeer.

Hier onder is plekke wat aanbeveel is. By die NK PH skool was twee van ons vriende se seuns, en hulle het dit baie geniet. Een gaan dit sy beroep maak, die ander een het dit meer as ‘n gap jaar gedoen.

• Kobus Schoeman – Limpopo
• Noord-Kaap boeroepsjag skool
• Game ways

Ek is verbaas dat dit nogals duur is, van die plekke kos per jaar soveel soos my oudste seun in total tot sy 4 de jaar op Univ gekos het.
Ek sal graag wil hoor wat die algemen opinie is vir die beroeps rigtings.
Is daar ander plekke wat julle kan aanbeveel?
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: Beroep as PH of in wildbedryf

Post by Thunderhead »

Die wild en jag bedry is vol mense wat jong manne misbruik hul verskooning is " its a way of life".
As dit my seun was so ek laat hy eers n trade doen en kwalifiseer. Mechanic, electrician fitter en turner ect. Op n plaas, concession ect is daar altyd iets wat breek. Iemand wat goed kan reg maak is baie meer aantreklik vir n outfitter, eienaar as n jeep jockey met sonbrille en te styf broekies.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Beroep as PH of in wildbedryf

Post by Capt. Yoda »

Daar is moontlik meer PHe in Gauteng as wat daar wildsplase in Afrika is, ek sou ook se hy moet eers n trade doen om hom te ondersky van al die ander en dan ook moontlik vir iets om op terug te val. Mens hoor maar van min jongmanne wat dit regtig maak in die bedryf, ongelukkig
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2347
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Beroep as PH of in wildbedryf

Post by henried »

Baie dankie, wardeer.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: Beroep as PH of in wildbedryf

Post by BeesBreet »

Ek stem 100% saam met Thunderhead.
Iemand met n ambag sal nooit hoef honger te ly nie, en is gesog reg oor die wereld.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Vissie
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm

Re: Beroep as PH of in wildbedryf

Post by Vissie »

Dis moeilik om ‘n PH in ‘n ander land te wees. Bowendien, is dit nie ‘n goed betalende werk nie. My familielid wat natuurbewaring geleer het, het sy pa se geld en sy eie kosbare tyd gemors. Toe hy agterkom hy gaan eintlik net ‘n kelner in ‘n safari pakkie wees, is dit nou eers beroepsverandering. Hy is nou behind the curve.

Wat hy van hou is minder belangrik as sy toekomstige vermoë om na sy gesin te kan omsien. Laat hy ‘n tegniese vaardigheid bemeester en dan die vryheid kan geniet om enige plek in die wêreld ‘n regverdige loon kan verdien.

Laat hy eerder iets doen wat hom ‘n mededingende voordeel sal gee in die toekoms.
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 671
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Re: Beroep as PH of in wildbedryf

Post by Nico de Jager »

More, as julle op n ambag besluit, doen jouself die guns en kyk na Soltech.
Groete
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2347
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Beroep as PH of in wildbedryf

Post by henried »

Wardeer.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 1000
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Beroep as PH of in wildbedryf

Post by Toyrsi »

Ek stem saam met almal wat al kommentaar geplaas het.
Seuns van ons groepie is ongelukkig nie in aanvraag nie.
Ambag is altyd n goeie kuise. Jy kan vir iemand of vir jouself werk.
As hy besluit om by n plaas te werk het hy ook aantrek oor hy n ambag het.

Soltech is n baie goeie keuse. Hy kort n minimum van N2 wat darem nie te moeilik is nie.
Sterkte met die besluit
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Beroep as PH of in wildbedryf

Post by Capt. Yoda »

As hy enige iets met sy hande kan doen sal hy altyd n werk in Amerika he, daar is n ongelooflike aanvraag tans na ons mense daar wat fiesiese werk kan doen. As hy n ambag geloop het kan hy altyd n jaar of so gaan PH maar ek ken n paar ouens wat dit gedoen het en dis nie net soos in die youtube Videos nie, is harde ondankbare werk meeste van die dae.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2347
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Beroep as PH of in wildbedryf

Post by henried »

Baie dankie julle.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
Post Reply