CCI200 / CCI450
Posted: Mon May 22, 2023 11:25 am
Hi Almal,
Ek het n 308W waarin ek tot onlangs nog net Lapua Palma doppe, S335, CCI450 en 2156 SMK Palma koeëls geskiet het. Intussen het ek gewone Lapua doppe gekoop en begin herlaai met 155gr Nosler Custom Competition koeëls en CCI200 slagdoppe. Uit nuuskierigheid het ek n kontrole gemaak met Lapua Palma doppe en CCI450 en dieselfde lading en geskiet. Die Lapua dop het soos verwag vinniger geskiet en redelik groepeer(15vps vinniger). Dis maar min, ek het n groter verskil na enige kant toe verwag. Die standaard afwyking vd Palma doppe was ook beter en die groepering met die Palma doppe ook. Wat my egter die meeste pla is dat die geweer se spoed laag bly en die dopspasie al kleiner word en ek is nog ver van die spoed (2950+vps) wat ek wil hê om op 900m te kan skiet. Of miskien moet ek net beter leer windlees!
Die geweer is n 308W, X-Max aksie, Krieger
1-13T31" loop en Warrior kolf. 6-20x50 Leupold Varmint Target teleskoop. Twintig grade rail en Burris signature monterings.
Ek heg n foto van al die herlaai data ens aan. Julle is welkom om kommentaar te lewer en aanbevelings te maak. Indien addisionele inligting benodig word vra my.
Ek wil graag weet of die Palma dop veronderstel is om beter te presteer.
Watter slagdop word aanbeveel vir die langer afstande? CCI200 of CCI450.
Hoeveel meer S335 kan ek laai? Kan die QL kenners bietjie hier help asb. Ek gooi gewoonlik kruit in totdat ek binne my eie gedagtes naby genoeg is aan die spoed wat ek graag wil hê, alhoewel n ou my al n keer gehelp het met die QL besigheid vir n 303Br.
Watter een is die belangrikste, groepering of standaard afwyking. Huidiglik op 200m geskiet en as ek tevrede is sal ek 300m toe gaan. Ladder ens het ek al probeer maar ek is nog nie daar nie.
Sien aangeheg vir data.
Daar is soveel vrae maar kom ons sorteer eers die een uit.
Groete.
Ferdi Bam